Jack_Hammer_-_Handful_of_Rain_1024x1024

Die eerste Jack Hammer album in agt jaar!

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Jack Hammer- Handful of Rain
In Julie 2009 was ek by Jack Hammer se 25ste anniversary, daar by die ou Café Barcelona in die Jakarandastad. Dit was ‘n heeldag event met twee stages en die verskeie lede, wat oor dekades deel was van die band wat saam gejam het asof hulle almal deel was van die eerste line-up. Ja, selfs die nuwe generasie lede. ‘n Geskiedkundige geleentheid. Ek kan nie aan nog ‘n ander SA band dink wat so iets kan afpull nie. Kan jy glo dat Jack Hammer 32 jaar lank sal bestaan in Julie 2016? En tog as jy op die internet rondsnuffel… forget about it! Info oor die band is yl gesaai. Dit voel soos die koue oorlog all over again. Daar moet mos ‘n ryk geskiedenis wees met hordes staaltjies? Gedetaileerde onderhoude en volledige verduidelikings op Youtube oor al hulle albums? Wel, daar is bittermin. Maar moenie in ‘n depressie infok nie. As jy ‘n fan is van die unsung hero, Piet “die Don van Afrikaanse rock” Botha (aka die Don) en al sy mafioso rock konneksies – chill uit, daar is hulp oppad!

piet billyDie bose connections waarvan ek praat is, onder andere, die Billy Bob Thornton connection, die Dennis Broers connection, die Boland punk connection en deesdae boonop die Pretoria fokken Wolmers en die gewynde Stellenbosch VH connection (Meintjies en Botha). Die Watkykjy connection ontken enige verbintenis met dié gevaarlike rock rampokkers. “Don’t ask us, ask die Don”. Jirre, die Bothas neem oor! Volgens informasie in my besit is Jonathan Martin ‘n dubbelagent: 0069! Die Rolbees het sy informante. I know who zey are and wat zey are doing. Bloody agents. Hulle is besig met ondermynende bedrywighede. Die Don saam met ‘n paar sertifiseerbare fans, vriende,familie, ander musos en producers is besig om die gebrek aan informasie en geskiedkundige opvoeding reg te stel. I have it on good authority dat daar ‘n beweerde dokumentêr oppad is. Vir die vinyl junkies is daar ook ‘n beweerde vinyl oppad! Albei is long overdue as jy my vra. Jack Hammer fans kan nie meer die skaars LPs’ bekostig nie want die third force (genaamd hipsters) het alles opgekoop. Van wanneer af hou hipsters van real musiek? Maybe plak hulle dit net op hulle mure om cool te wees. Ek sidder as ek daaraan dink. So die Rolbees wag in spanning vir al hierdie ondergrondse aktiwiteite om die lig te sien.

Maar vandag gaan oor die nuwe Jack Hammer album. Handful of Rain. Die eerste Jack Hammer album in agt jaar. Fans wag al lank vir dié een. Met hierdie tipe musiek moet jy nie hype of totale vernuwing verwag nie. Dis net so goed jy verwag dat Neil Young rap in sy musiek inbring. Ah, ah yeah, Old mam take a look at my ass it looks a lot like yours ah, ah yeah. Uhhh, dit klink nie 10/4 nie. Nee, as jy ‘n fan is van brooding folk rock tunes, dan soek jy slegs na nuwe stories en nuwe gevoelens wat by jou ontwaak word as jy begryp wat die Don wil oordra. Die musiek self is altyd solid good old fashioned chilled out rock, folk en blues. Hier en daar kry jy ‘n country gevoel. There is nothing new about it. Of praat ek totale kak?
Jack_Hammer_-_Handful_of_Rain_1024x1024Kom ons kyk. Dit is ook nie nodig om te vergelyk tussen al die band se influences nie. Ok, miskien vir die van julle wat oud genoeg is. Hier is ‘n paar: J.J. Cale, Chris Rea, Eric Clapton, Mark Knopfler en Neil Young – selfs ‘n bietjie Roger Waters as jy mooi luister. Maar met die Don se musiek hoor jy die influences net as jy versigtig luister. Ek hoor normaalweg in my mind Jack Hammer as ek dit luister. En natuurlik Afrika vibes wat jou so nou en dan herinner dat die musikante op die album van Afrika af kom. Mmmm… ek luister die album nou weer terwyl ek skryf… en wag so ‘n bietjie. Ek dink ek praat semi-slap kattekak. Die Joostenberg Tabernacle Choir (ook van Wynland) wat backing vocals doen dra ‘n slightly ander gevoel oor as meeste traditional Jack Hammer tunes van ouds. Dis baie toned down vocals in die agtergrond met die Don se stem wat liggies gedemp word. Sulke kruis tussen Pink Floyd en JJ Cale backing vocals. En die colab met die Soweto String Quartet op Sweet Soul Music (wat al ‘n hele paar jaar op Youtube is) klink obviously bietjie anders as die gewone Jack Hammer rock sound.

So die album het niks hype in soos Miley Cyrus wat ‘n tiet ‘n minuut vir almal wys nie, maar daar is ‘n bietjie meer hip in van die tunes. En die hipsters wat nie Youtube gebruik nie want dis te modern kry nou almal horings. Nie horn sections nie, fok. Viole en Afrika-dromme word liggies vermeng met die bekende mondfluitjie, akoestiese kitaar en die Don se melankoliese stem wat ook meer prominent uitgebring is. Less is more. Hoe relevant is die cover van Four Jacks and a Jill se 1968 song genaamd Master Jack in vandag se dae? Ek skiem dit is selfs meer relevant nou as toe. Nee, jy hoef nie net die vervreemding en isolasie in die song te sien as landsburgers wat Australië toe wil vlug nie. Kyk net in jou buurt rond na al die hoë mure. Jis, en kyk hoe ontevrede is die mense in die townships nog steeds. Arm swart mense het net sekere vryhede gewen. In baie opsigte is hulle steeds onderdruk. Om nie eens te praat van rasse-indoktrinasie wat al die jare ‘n probleem gebly het nie. En dan wil die politicians al hulle leuens nog steeds aan ons almal verkoop. Hierdie keer aan alle Suid-Afrikaners. Dit alles wil jou steeds laat sing: “It’s a strange, strange world we live in Master Jack, thank you very much, but I don’t think I’m coming back”.

So actually is Handful of Rain ‘n album waarin daar bietjie vernuwing voorkom maar binne die tried and trusted tradisionele Jack Hammer paradigm. Chilled out tunes wat jou hartsnare tokkel en excellent songwriting wat jou laat dink. If it ain’t broke, why fix it? Just tamper with it a little. Die album is met tye baie haunting – nes die Vernon Swart painting op die album cover. Die album is opgeneem oor vyf dae by VH Studios in Stellenbosch met Peter Pearlson as producer en dit is die eerste keer dat die huidige line-up almal saam jol in een kamer terwyl hulle opneem – as opposed to layered sounds wat in sarsies opgeneem is. Vir ‘n band soos Jack Hammer, wat live op hulle beste is, was dit net die regte ding om te doen. Luister net na That’s How We Roll en jy sal verstaan wat ek sê. Dit klink of jy daar by die show is. Where is The Clown is ‘n kenmerkende tune van die Don. Claw hammer kitaar picking met alternating bass, chilled dromme en klavier by. Die lirieke gaan oor ‘n klein dogterjie wat saam met haar ouers sirkus toe gaan en vra waar die clown is. Jare gaan verby en sy soek steeds na hom. Sy breek weg van die status quo toe sy ouer word en spoor hom eventually op in die koue wye wereld. Alleen onder ‘n brug. Barely alive. Dis fokken briljante songwriting. Die title track is nog een van die songs wat vir my uitstaan. ‘n Song vir vagabond loner musikante. Nie die hartebreker musikante van ouds wat soos Robert Plant hartseer en venereal diseases aan hot groupies uitgedeel het asof dit soetkoekies is nie, maar dié musikante wat aan die receiving end daarvan is. Ok, die Don het probably net harsteer bedoel en nie VD nie, maar jy verstaan wat ek sê. Die stereotipe rol van musikante in verhoudings word omgeswaai. Ek weet nie of dit aspris gedoen is nie – maar dis briljant anyway. That’s How We Roll sluit aan by dieselfde tema.

My gunsteling song op die album is Deep Blue Sea. Dis ‘n JJ Cale meets ZZ Top tune met weereens kenmerkende Don lirieke. Die Don verstaan van broederskap en moeilike tye. Ek hoop nie die Don is reg as hy sê dis dalk die laaste Jackhammer album nie. Ek dink die fans soek nog meer! Die Watkykjy connection wil hiermee in die publiek ontken dat ons op enige wyse verbind is met die Don. Ons het nie eens vier duiwelshorings aan die Don en sy Jack Hammer mafioso toegeken nie. It wasn’t me, Madam Speaker. All jokes aside. Long live Piet Botha en Jack Hammer! Long live rock and roll!
4ster

Deel met jou tjommies!

    RolbeesDie eerste Jack Hammer album in agt jaar!

    Comments

    Gooi Comment