As onwettige downloads die kanker is van die moderne musiekbedryf, dan is crowdfunding die kuur

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Hierdie ou se musiek is myle van botterig af! *Krieke in die nanag* Badumtish!*

Guy Buttery se nuwe album
Ek is ‘n moerse fan van die hele crowdfunding idee. Fans van musiek kry bietjie skin in the game en loop ‘n pad saam met kunstenaars terwyl hulle kuns optower. Dit is nou die tweede keer dat ek aan ‘n crowdfunded album projek deelneem en ek is alweer geensins spyt nie. Die eerste keer was met Crimson House se Come Alive CD verlede jaar, maar Guy Buttery het so ietwat verder gegaan en al die deelnemers deurlopend op hoogte gehou, wat befondsing en mylpale (soos die voltooiing van die album artwork en merchandise) aanbetref. Dit laat mens genuine deel voel van die hele proses. Guy het ook nadat die album voltooi is, maar voor die album offisieël uitgereik is (net ‘n paar dae terug actually), vir al die deelnemers ‘n free download kode gegee om op Bandcamp die album eerste te hore te kry. So ek luister al na die album van verlede jaar af! Lekker my VICP! As jy kan raai waarvoor die C staan kan jy ‘n ou potlood of ‘n kwas wen! Nee, ‘n paint brush, roomyskinders! Ha!
Guy ButteryWaar was ek nou weer? O ja, dis net ‘n hele ander ondervinding om eers te betaal, ‘n paar maande die projek dop te hou, bietjie te wag en die hele proses sy gang te laat gaan. Die “ek wil alles fokken nou hê” generasie het die tradisionele koopondervinding met hulle onmiddelike bevrediging en gemaksugtigheid onder hulle overpriced hipster sneakers vertrap. Crowdfunding was ongeken in die tagtigs en negentigs en maybe hel dit bietjie oor na die heel ander kant van die weegskaal toe. Sekere mense sal nie so lank wil wag vir ‘n produk nie. Maar dit gee jou definitief meer opsies wat formaat aanbetref. As onwettige downloads die kanker is van die moderne musiekbedryf, dan is crowdfunding die kuur. Dis veral ‘n befokte idee vir niche kunstenaars wat nie die backing het van die groter record companies nie. Hierdie spesifieke crowdfunding initiatief het baie meer formaatopsies gegee om van te kies. Jy kon die CD album befonds, jy kon outtakes wat nie die CD album gemaak het nie (Farm Demos) befonds. En Yup, you guessed it! Die album is ook op polichloriedvinielplaat uitgereik! Rolbees gaan weer horings uitdeel! Nog ‘n kuur vir onwettige downloads, sê ek! Nee, nie horings nie. VINYL! Ja fok, ek het geen keuse gehad as om Guy se handgenommerde special limited edition plaat te help befonds nie. Dit is voorwaar een van daai albums wat ons vinyl junkies met trots in ons versameling verwelkom! Die plate is mastered en gedruk in Duitsland en dit klink sehr gut! Daar is slegs vyfhonderd plate gedruk en die eerste twee-honderd-en-vyftig sluit ‘n antieke klein wildlife card versamelstukkie in. Elke versamelaar se kos. Ek dink ek het myne al klaar verloor. Masehare!

Die album artwork konsep is baie persoonlik. Guy het altyd ‘n houtboksie waarin hy souvenirs bêre as hy travel oor die wêreld heen en hy het die inhoud van die boksie saam met ‘n paar ander fokken weird goed – soos iemand anders se drivers licence, ‘n knipmes, ‘n kwas en ‘n paspoort – vertonend neergelë en dit is deur ‘n vriend van hom afgeneem. Die hele foto vou so om die album. Dis eenvoudig maar baie besonders.
Guy Buttery - Guy Buttery (2016)Hierdie is Guy Buttery se sesde solo album en is self-getiteld. Amper soos Led Zep se vierde album. Hy is al twee jaar lank besig daarmee en alhoewel dit klein begin het op ‘n plasie in Zululand, met verskeie musikante wat hulle talent en idees stelselmatig bygedra het, het dit ontpop in iets epies opgeneem in verskeie kontinente. Dit is myns insiens die beste werk wat hy nog opgelewer het. Met die hulp van kunstenaars soos Vusi Mahlasela, Gareth Gale, Nibs van der Spuy, Shane Cooper, Dan Patlansky, Piers Faciini, Qadasi, Derek Gripper, Chris Letcher en Grammy wenner Will Ackerman (van Windham Hill faam) is hierdie juweeltjie iets wat deel moet word van jou musiek versameling.

Dit was die afgelope tyd so moeilik om proudly South African te wees en meeste Suid-Afrikaners is op die oomblik redelik gatvol vir al die verdeeldheid in die land. Ek het van die eerste oomblik wat ek die album onder die naald gegooi het totaal en al ontsnap van al die kak. Dis ‘n global experience met wortels stewig geplant in tradisionele Afrika klanke. Soos wat die hoendervleis my oorval het, het Guy se opsomming van die album vir my sin gemaak: “For me the record speaks of a different South Africa. One that acknowledges tradition but is more interested in individualism and finding a new voice to tell that story – an international South Africa, if you like?”
Moet dit altyd net musikante en akteurs wees wat sin maak en mense nader aanmekaar bring? Maak geen fout nie – hierdie is nie ‘n politiese album nie. Maar wanneer verskillende mense oor die kleurgrens en van verskillende nasionaliteite saamwerk aan ‘n ongelooflike projek en iets spiritueel en beeldskoon spruit daaruit voort, dan gee dit almal hoop. Jy hoef dit nie te preach nie. Dit IS net hoopvol. Politics doesn’t even enter into it. Hoop is iets wat almal nou nodig het. As ek die album kan opsom in ‘n paar woorde is dit: “an African invitation to individuality, global oneness and natural beauty”.
Marabse, hierdie is nie party-musiek nie, tensy jy agtergrondmusiek benodig vir ‘n lekker zol ekskursie iewers op ‘n afgesonderde plek. Sulke goofbubble party. Dis musiek vir die van julle wat bietjie een wil word met die self, die natuur en die hele universe. Dis musiek wat jy moet voel. Jy kan dit nie net luister in die agtergrond nie. Jy moet dit betrek en deel maak van jou hele wese.
Dis nooit nodig om ‘n kunstenaar van Guy Buttery se kaliber musikaal te probeer analiseer nie. Jy gaan anyway nie fout vind nie so what’s the point? Dis ‘n uitgemaakte saak dat hy uitmaak van sy craft. Dit mag dalk nie in almal se smaak val nie. Sulke World Music is nie vir almal nie. Jy voel een oomblik of jy trappe in Tibet uitklim en die volgende oomblik staan jy op ‘n berg in Zululand en kyk in die verte in. What’s not to like? Dis net gepas om Guy Buttery se ongelooflike tegniese kitaar-tokkel-vermoëns uit te lig. Jirre, het jy al van hierdie instrumente gehoor? Umhupe mouth bow? Mbira? Acoustic guit? Ambient Zen? Sarangi? Cuatro? Dis fokken cool shit. Maak geen fout nie, Guy en kie is almal meesters van hulle instrumente! As jy van Zen African akoestiese vibes like dan gaan hierdie album ‘n next level experience wees!

Ek gee dit vier uit vyf horings! Schwing! Schwing! Schwing! Schwing!
4ster

RolbeesAs onwettige downloads die kanker is van die moderne musiekbedryf, dan is crowdfunding die kuur

Gooi Comment