martin brothers

The Martin Brothers se kief DVD. En dan… kakkerige folk deur Noah and the Whale

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het so paar maande terug die Martin Brothers EP review en dié offering het my seriously impress. Beide musikante het verskeie ysters in die vuur en dis raar dat hulle saam record of selfs saam optree deesdae. Hierdie DVD/Blueray offering is in Augustus 2015 opgeneem in die Saronsberg teater in Tulbach net so kort na hulle die EP release is. Goeie fok, die twee broers het al weer die hoendervleis toets geslaag met die eerste opening lines van die eerste song op die DVD. Hulle cover old school folk en country artists, maar hulle maak ook hul eie original musiek wat die vaandel van folkin’ rock blues hoog waai in die 21ste eeu. Dis selfondersoekende musiek. Dis melankolies. Dis real. Dis donker. What’s not to like? Iewers in ‘n idiliese alternatiewe universe speel dié tipe musiek elke dag op die radio, op TV, in supermarkte en hipsters met koopkrag eet dit vir soetkoek op. En nie net in SA nie.
martin brothersOk, ok, reality bites. Jirre, dis ‘n wonderwerk dat sulke musiek nog in SA gemaak word. So volgende keer as jy daai ou folk plate onder die naald sit, nostalgies raak en met heimwee terug verlang na die late sixties of early seventies. Onthou, daar is actually ‘n hele paar musos wat nog hulle kreatiewe siele op die spel plaas vir die uitsluitlike doel om regte, egte musiek te maak. Die Martin brothers maak hulle veral skuldig daaraan. Goddank.

Van julle jonger marabse mag dalk verveeld raak met die acoustic vibes na ‘n ruk. Dis nogal dik country folk. I get that. Dit is nie meer die nineties nie, depro nostalgia is nie cool vir die millenium kids nie en die unplugged foefie is so dood soos Kurt Cobain. Selfs Neil Young en Bob Dylan het op die bandwagon geklim destyds. M-TV het daai cash cow faktap gemelk. Maar dis hoe ons jonger grungekoppies daai tipe musiek leer ken het, not so? As jy vir ‘n oomblik vergeet van al die showbiz trends en net op die musiek fokus dan is hierdie DVD/Blueray release ‘n asempie vars lug. En ek bedoel nie net uitsluitlik in die Suid-Afrikaanse konteks nie. Ek bedoel dis ‘n behoorlike dosis egtheid in ‘n see van siellose globale besoedeling wat die charts oorheers deesdae. Don’t get me wrong, ek luister ook na daai charty musiek partykeer. Maar maybe, net maybe kan ons die jeug weer terugwen. Iagine that.

Kort my idealisme al weer ‘n reality check? Wayde Flowerday het so maand of so terug ‘n kort artikel publiseer: The Death of the South African Festival as we know it, waarin hy ‘n paar slapende honde wakker gemaak het en ‘n klomp SA musos goed die poes in gemaak het. Dis hoogtyd dat iemand dit bietjie doen. In ware Suid-Afrikaanse tradisie het die soutie die volgende dag hatemail gekry. Ek was skoon jaloers. Een van sy argumente – waarmee ek saamgestem het – was sy opinie dat ‘n groot aantal SA musos “small club mentality” het. Jy kan nie net musiek maak vir kroegvlieë in raserige pubs en dink jou musiek gaan meer mense bereik as net die “die hard” fans nie. As dit jou ambisie is, is dit seker fine. And right there is where you’ll stay, brother or sister. Dis ‘n moerse challenge in SA though. Hoe kom hierdie befokte musiek uit by nuwe fans, byvoorbeeld ouer mense wat nie na elke show of festival toe wil of kan gaan nie? Hoe kom dit in die buiteland uit? Dis ‘n recurring theme wat my al redelik despondent het.

Dis frustrerend om niche artists te sien wat nie die wyer recognition kry as wat hulle verdien nie. Ek weet meeste SA musos se game plan is of om oorsee te fokof of om hier te bly en soveel live gigs te speel as wat hulle kan in kleiner clubs – en as hulle lucky is by groter festivals. iTunes verkope en CD sales is menigmaal net ‘n afterthought. En met die Rand wat so kak is kan jy in deficit ingaan op party sites as jou verkope nie goed doen nie. DVD? Blueray? Wie het die budget vir daai shit? Maar let’s face it, as bands soos die Martin Brothers nie iets doen om hulle sirkel bietjie groter te maak nie gaan hulle musiek net bly by “die hard” fans of at best ‘n paar verdwaalde hipsters se dwalende aandag prikkel. Wat my aanbetref is aanhoudende soortgelyke efforts soos hierdie DVD/Blueray in die toekoms uiters fokken belangrik. Hoe meer mense dit hoor (en sien) hoe beter.

So wat het my impress? Dié optrede is stripped down en ek hou van beide broers se skryfstyle en aanslagte. Jonathan het ‘n donkerder country styl terwyl Aidan Martin ‘n kruisstyl tussen Rory Gallagher vibes en Led Zep folk optower. As hulle hul solowerk saam perform is dit ‘n bose tog spirituele “staple” konkoksie. Hulle doen drie covers waarvan Nick Drake se Black Eyed Dog vir my die lekkerste is. Dit word op ‘n baie meer grunge-country wyse vertolk as die oorspronklike weergawe. Die title track van die Machete album is ‘n kronkelende tune. Donker en spookagtig. As Scars on My Guitar (wat hulle saam geskryf het) die beste voorbeeld is van die Martin brothers se musikale taal dan is die Martin Brothers EP is die woordeboek. No Kind Season is duidelik ‘n Aidan Martin tune – die pynvolle soeke na liefde en gemoedsrus. Till the Afternoon is ‘n bietjie meer country folk. Dis ‘n showman’s journey in die verlede in. Ou liefde, ou habits en selfondersoek. I and I is ‘n blues tune met ‘n free pass tot binne in Jonathan Martin se mind. Struggle, survival, twyfel, twis en die besef dat alleen wees nie deel kan wees van die journey nie. Nie vir te lank nie anyway.

So wat mis ek op die DVD? Ek mis bonus features, interviews met Jonathan en Aidan en almal wat die DVD moontlik gemaak het. Backstage antics, daai tipe kak. Die full monty offering. Ek skiem nogal fans sal hul storie wil hoor. Veral die jonger fans. Draw the little bastards in, and away from the dark side of commercial pop, sê ek. Jy weet nooit wie jy beïnvloed om ‘n brilliant muso te word nie. Verdere kritiek is dat jy die audience kan hoor maar jy sien nie hoe hulle connect met die musiek nie. Op ‘n DVD is dit nogal belangrik so tussendeur. Maar ek verstaan van budgetary requirements. Ten spyte van my kritiek is dit nog steeds ‘n meer fulfilling experience om die twee broers live en visually te sien songs opvoer. Dis ‘n hipnotiese optrede en die musiek trek jou in. Ek gee die DVD offering vier duiwelhorinkies uit vyf uit! Ons kort meer sulke efforts!
4sterNoah and the Whale- Heart of Nowhere

So bietjie geskiedenis vir julle vandag. Nee, Ds Rolbees gaan nie preek oor Jonas en die Walvis nie. Moet ook nie deurmekaar raak met Noag en die Ark nie. Alhoewel daai staaltjies albei meer believable was as hierdie band. Die naam kom van die band se gunsteling movie, The Squid and the Whale. Noah Baumbach het die regie behartig. En siedaar Noah and the Whale is gebore nege jaar terug of so iets.

My eerste impressions was dat hulle nogal gereeld uit die geskiedenis leen – maar Noah and the Whale het nie rêrig iets unieks in ruil daarvoor gegee nie. Nee, hulle het nie gesteel per se nie. Ek kan net hoor waar hulle vandaan kom op Heart of Nowhere. Dis nie kak musiek nie, net half wel… algemeen. Ek kan wel duidelike trekke van Police en veral Tom Petty hoor met daai konstante bass lines deur meeste van die songs. Maar ek hoor nie iets wat my môre teen 12 uur die middag nog gaan herinner aan enige van die tunes nie. In fact ek gaan dit probably nooit, ooit weer luister nie. En tensy hulle weer bymekaar kom geld dit vir die res van die wêreld ook. Goddank.
noah-and-the-whale-heart-of-nowhere-album-artworkEk hoor ‘n band wat nes Mumford en Sons begin het met al daai hipster hype en banjos en glockenspiels vibes en sulke lekker kak. Maar toe raak hulle groter en verkoop meer albums en hulle moes hulle kreatiwiteit expand om stadiums te probeer volmaak en meer albums te verkoop. En toe kom hulle nie die folkin’ pop mas op nie. Of maybe het hulle die verkeerde rigting ingeslaan toe Laura Marling vir Charlie Fink gelos het (en die band verlaat het). Doug Fink (sy broer) het kort daarna ook die band verlaat om ‘n dokter te word. Disasters abound. Who knows why bands fail? Mumford en Sons kon verander en commercially groei, selfs sonder hulle banjos en hipster image.

Die modern folk scene is tricky deesdae. Folk musiek is nie meer folk musiek nie. Dis so wyd soos Jonas se Walvis se bek. En lyk my dit kan nou ook insluk as jy nie versigting is nie. Charlie Fink se vocals is nie crinch-worthy of irriterend nie mind you. Hy het ‘n Lou Reed kind of vocal range waarvan ek nogal hou. Daar is net iets missing… soos die band is nie meer met ons nie????? Dis goed om soms met hindsight te bespiegel oor wat nie in die geskiedenis gewerk het nie. Hoekom is hulle uitmekaar volgens hulle media statement? Want hulle wil solo careers pursue!

Een duiwelshoring! Boring!
1 ster

Deel met jou tjommies!

    RolbeesThe Martin Brothers se kief DVD. En dan… kakkerige folk deur Noah and the Whale

    Gooi Comment