from-parow-with-love

Jack Parow – Kattenkwaad met De Kraaien

In jack parow, Kief musiek deur griffinRek jou bek

from-parow-with-loveOns tjommie, Jack Parow het nogal ‘n kakhuis vol fans in Nederland en België, veral na sy twee sold out toere in 2014 en ‘n super suksesvolle somertoer in 2015. Dit was tydens hierdie gereelde besoeke wat Jack Parow vriende gemaak het met eendersdenkende Hollandse kunstenaars en om saam musiek te begin maak was soortvan ‘n given.  Met sy Europese toer in 2015, het Parow met Nederlandse en Belgiese musikante gewerk om die From Parow with Love EP te maak.

Jy sal hierdie outjie vanaf hierdie Vrydag, 29 Januarie in die hande kan kry. Hier kan jy solank die eerste tune, Kattenkwaad (met De Kraaien) se music video kokkenodge. Kaaskop-rap sal altyd fascinating bly. Nederlanders klink altyd asof hulle soos fokken dronk babas praat, of hoe?

From Parow with Love is ‘n lekker collection van Jack Parow se collabs saam met so paar Europese kunstenaars en sluit in: De Kraaien (NL), SKIP&DIE (NL), De Likt (NL), Ertebrekers (BE) en Suid-Afrikaanse supergroep, Freshlyground.
jack-parow-lekker-skerFrom Parow With Love se toer en launch dates lyk so:
Datum: 29 Januarie 2016
Plek: Raasblaar Pub & Grill
Adres: Hoek van Rex & Kromrivierstraat
Kontak: 076 566 4803 / 076 789 9852
Deure maak oop: 17h00
Optrede: 22h00
Kaartjies: R100 per persoon by die deur

Datum: 30 Januarie 2016
Plek: Aandklas Hatfield
Adres: 494 Hildastraat, Pretoria
Kontak: 012 362 3712
Optrede: 22h00
Kaartjies: R50 per persoon

Datum: 30 Januarie 2016
Plek: Ty’s Nightclub
Adres: 2 Piazza, Loisstraat, Pretoria
Kontak: 082 601 6011
Optrede: 24h00

Datum: 31 Januarie 2016
Plek: The Good Luck Bar
Adres:  14 Alexanderstraat, Ferreirastown
Kontak: 084 683 4413
Optrede: 17h00
Kaartjies: R60 (voorverkope) & R80 by die deur

Deel met jou tjommies!

    griffinJack Parow – Kattenkwaad met De Kraaien

    Gooi Comment