TMBS-2015-Poster

Die Table Mountain Blues Summit se tiende birthday. Score tickets!

In Kompetisie deur griffinRek jou bek

Suid-Afrika se Blues Summit Music Festival innie Kaap word hierdie naweek 10 jaar oud! Yup, hulle kappit al flou vir tien jaar lank en hierdie Satderdag, 5 Desember kom ‘n spul groot name weer saam om die festival te ruk. Die party gebeur by die Hillcrest Quarry in Durbanville. Die deure maak 10:00 oop en die eerste band begin 11:00 jol. Die line-up vir hierdie jaar lyk befok. Twaalf van die land se beste blues acts: Albert Frost Trio, The Black Cat Bones, Gerald Clark, Guy Collins Band, The Boulevard Blues Band, Aidan Martin Trio, Jonathan Peyper Band, Frank Freeman, The Studebakers, Wayne Pauli Trio, Basson Laubscher & The Violent Free Peace, Bandeleros.

Dis iets moerse lekker om die naweek te doen as jy jouself in die Kaap bevind. Tune sommer jou tjommies wat daar bly van die storie – maybe weet hulle nie daarvan nie?

Tickets is R195.00 – en jy kan dit by die venue self koop of deur Computicket
Twitter      https://twitter.com/TMBluesSummit
Facebook https://www.facebook.com/BluesSummit
Website:   www.bluessummit.co.za

Watkykjy het twee double tickets om weg te gee.
Kak easy: tune ons net in die comments as jy graag die tickets soek en hoekom jy ‘n moerse fan van die blues is. Ons kies die twee wenners voor Donderdag.
TMBS-2015-Poster

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Table Mountain Blues Summit se tiende birthday. Score tickets!

    Gooi Comment