So bietjie rap-rock nostalgie met Pappa Kokkerot en P.O.D.

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Papa Roach – Infest
Wie onthou die tye toe rap-hip-hop-rock hybrids die charts begin oorheers het? Dit was iewers tussen die laat negentigs en die draai van die nuwe millennium. Dit het miskien nog bietjie langer aangehou. Die deurslaggewende draaipunt van hierdie genre was Run DMC en Aerosmith se colab op Walk this Way – twee dekades te vore in 1986. Wie kan daai crossover video vergeet? En dink ook gerus terug aan Beastie Boys se License to Ill album wat in dieselfde jaar uitgereik is. No Sleep till Brooklyn! Dit het ‘n massiewe voetspoor in die kollektiewe rock-rap psige gelos. Rap-rock was daarna in klein dosisse te bespeur – maar Rage Against the Machine, Pop Will Eat Itself en Cypress Hill het in die nineties die weg begin baan vir die kommersiële sukses van ‘n meer gekonsentreerde gier – full on commercial rap-rock in die gedaante van bands soos Limp Bizkit, Kidrock en Papa Roach (om net ‘n paar te noem).

Infest is een van daai klein goudmyntjies wat record companies al die pad bank toe laat lag het. Dit het triple platinum gegaan in 2001 en ek skat dit het seker nou al naby aan 10 miljoen copies verkoop. Ek het nogal van die reseppie gehou. Die old school metal riffs skop jou gat hard en die vocals is sulke Zack de la Rocha rap-skree-skreeu-skrou. Ek luister dit nog gereeld. Dit maak mens bly soos ‘n kind as jy in die regte mood is. Sure, dit raak weer na ‘n paar luisters weer ‘n bietjie te herhalend en oorbekend maar betoon die nodige respek waar dit toekom, asseblief. Dit is al vyftien jaar oud. Laat daai een net so bietjie insink. Gots, vyftien jaar?

Cut my life into pieces

This is my last resort,
Suffocation, no breathing
Don’t give a fuck if I cut my arm bleeding
This is my last resortPOD-awakeningLast Resort se boeiende emo-selfmoord inskopper lirieke en Maiden-esque riffs deur die hele song is nog steeds legendaries. Jy kan nie anders as om dit poeshard te speel nie. Die rap vocals gee hulle rock edge net so slightly lekkerder smakie. Broken Home is nog ‘n emo klaaglied, maar met klein bietjie minder rap en hip hop influences en meer hardcore rock and grunge karaktereienskappe. Nog steeds intens en relevant vyftien jaar later. Between Angels and Insects begin bietjie te kermerig maar beweeg dan spoedig weer in die rap hardcore mood in. All in all is dit ‘n monument van ‘n album.
Check dit uit as jy weer bietjie rap-rock wil beleef! 8 uit 10!

P.O.D. – The Awakening
Payable on Demand. *snorklag* Nog ‘n band wat op die rap-hip-hop-rock hybrid gekonsentreerde gier bandwagon geklim het back in the day. Onthou julle hul derde album, the Fundamental Elements of Southtown, se Southtown? En hul vierde album, Satellite, se Alive en Youth of the Nation? Beide albums het P.O.D. in die mainstream scene in gebollekamiesie. Fast forward veertien jaar in die toekoms in. Welkom in 2015! Behold P.O.D se negende album genaamd The Awakening! O my god, nog ‘n fokken konsepalbum??? Wat de fok? En asof dit nie erg genoeg is nie, is daar samples tussen elke song wat die storie vertel van some dude genaamd Tim. Tim gaan deur ‘n kakmoeilike tyd of iets. Some existensial crisis wat karakterontwikkeling makeer. Kak en drama. En nee ons is nie vry van P.O.D se religious undertones nie. Dis duidelik hoorbaar in die sampled mini dramatjies tussen elke liewe goddelike song. Goddank preek hulle nie direk vir ons nie. So dis darem nie gospel nie. Behalwe vir daai paar pyne in die gat, skop die album nogal jou gat met tye. S,o ek kan hulle sentiments verdra en wonder bo wonder die album met tye geniet. As ek my openmindedness knoppie na ‘extremely openminded’ toe draai, that is…

Sonny Sandoval gooi nog rap vocals so nou en dan maar minder as op vorige albums. Op ‘n paar songs klink hy soos Ice-T. Nie N.W.A rap vibes nie, nee. Luister na Criminal Conversations en jy sal wonder of jy nie per ongeluk een van Body Count se albums se play knoppie gedruk het nie. Vir ‘n kerkkoor laaitie pull Sonny die hardcore vocals nogal legitiem af. Kan nie foutvind met sy poging nie. En let’s face it P.O.D. kan die tipe harde riffs opdis wat jou anger management klasse na die tyd laat benodig. So hulle is darem nie totale fokken roomyskinders nie.
PODSpeed Demon is ‘n lekker rustige tune. Dit klink amper soos Faith no More se musiek. Amper jazzy. Weer iets helemaal anders. My favourite tune op die album. Revolucion is die kakste song op die album en dis jammer, want op ‘n konsepalbum is die laaste song veronderstel om jou die hardste te slaan – omdat dit some kind of resolusie of oorwinning moet aandui. Don’t get me wrong, die boodskap is treffend maar Tim se karakterontwikkeling beindruk my nie. It doesn’t move my soul, man! Mens kom agter Tim het daddy issues en hy vergewe sy pa vir whatever hy gedoen het in sy prille jeug. Maar my fok, kon P.O.D. nie ‘n meer geloofbare gesprek tussen pa en seun en boonop ‘n meer lewensveranderende song opgetower het vir die einde nie? Dit sou die hele album vir my na iets meer solied geswaai het.
7 uit 10 vir my.

Nothing mindblowing here. Lyk nie of die album al moerse kommersiele sukses behaal het of gaan behaal nie, maar as jy ‘n fan is gaan jy dit obviously dik stukke love.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesSo bietjie rap-rock nostalgie met Pappa Kokkerot en P.O.D.

    Gooi Comment