Keith Richards, Valiant Swart en fok… nevermind

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Keith Richards – Cross-eyed heart
There’s really only one song in the whole wide world, and probably Adam and Eve hummed it to each other, and everything else is a variation on it in one form or another, you know?– Keith Richards

Hoe review mens ‘n Keith Richards album? Dis presies dieselfde as om ‘n Rolling Stones album te probeer review. Keith self glo mens moenie rock and roll te veel analiseer nie. Maklik vir hom om te sê, hy is Keith fokken Richards. Sy wyshede in daai opsig help my absoluut niks nie. Waaroor gaan ek dan skryf? Ok moving on, hierdie album het al die kenmerke van ‘n klassieke rock and roll kunswerkie – met oorgenoeg epiese variasies van daai een song waarvan hy so praat asof hy ‘n geestelike lyer is. Nee ek het dit gespel soos ek wou, Grammar Nazis. L-y-e-r. ‘n Marabs soos ek kan heeltemaal verlore raak in musiek wat die toets van dekades, nevermind die eeue, weerstaan het. Maar soos Valiant tune – Waar my opvoeding te kort skiet sal my attitude maar opmaak.
keith richards new album
Keith Richards het sy eerste en tweede solo projekte saam met die X-Pensive Winos opgeneem. Talk is Cheap (1989) en Main Offender (1992). Die eerste ding wat in my kop opgekom het was: leef al daai toppies nog? Dit is al drie-en-twintig jaar later. En nie almal het die gene wat Keith Richards het nie. Maar die winos is actually ‘n diverse groep musos en nie almal is geriatrics nie. Hulle is net besig en all over the show. So in true Keith Richards styl het hy op sy tyd, soos dit ‘n gesoute legende betaam, die tracks ge-cut wanneer hulle bymekaar kon uitkom. Sommer so as and when. En alhoewel al die winos op amper al die tracks feature het hulle dit nie alles saam record nie. Sulke fun and games in dribs and drabs sommer.

Goeie fok, as Keith Richards en die winos rondtos dan tos hulle rond op ‘n ander next level. Die variasies van daai “een song” is meer uiteenlopend as wat ek ooit kon dink. Dit strek van blues tot rock and roll tot folk en natuurlik ook een van Richards se gunsteling genres: reggae mon. Daai een was ‘n verrassing. Gregory Isaacs’ se Love is Overdue word deur Keith en kie na koninklike rock and roll status toe verhoog. Die title track en Blues in the Morning is old school traditional blues. Bra Keith verstaan die blues met sy hele hart en siel en dit maak jou lus vir nog meer blues maar die genres verander gedurig – so hou net vas. Amnesia het daai lekker Stones ritme maar Richards se stem gee dit so ander lekker eighties geur. ZZ top variasie op ‘n variasie? Net so. Robbed Blind is ‘n hartseer country ditty en ek sweer Keith het te veel na Piet Botha geluister want dit klink nogal soos sy tunes. Stem en alles. Verrassend hoeveel verskillende vocal variasies daai Tom Waits stem van Richards kan vrylaat. My favourites is Trouble – lekker rock and roll swing vibes en dan Illusion. Joh, ‘n monument van ‘n duet saam met Norah Jones. Dis bedonderd, hartseer en jy kan voel hoe tob die twee arme siele saam waaroor hulle sing. Die konneksie was ‘n illusie en alle moontlikhede van liefde is by die deur uit. Sad. Ek los julle met nog ‘n Keith Richards juweeltjie. “Nobody ever divorced me”.
Die hele album is befok!
9 uit 10 ou Keith! Ons gaan jou nog met klippe moet doodgooi!

Valiant Swart & Mel Botes – @Jinx Klankbaan van die tweede reeks van Song vir Katryn
OK, so terwyl ons almal in spanning wag vir Bra Valiant se nuwe album is dit dalk ‘n goeie tyd om van sy ouer musiek te review. Maar ek is ‘n moerse fan, so hoe fair sal dit nou eintlik wees as ek net fokken prys die hele tyd? #ValiantMustFall!

Die hoofmarabs van Watkykjy, Griffin DeBrolio het ‘n CD gaan uitkrap wat ek nog nooit gesien het nie. Die klankbaan vir die TWEEDE reeks van Song vir Katryn. Ek ken die eerste Katryn soundtrack maar ja, ek het seker hierdie CD (wat Bra Valiant saam met Mel Botes opgeneem het) ge-dodge daai tyd. Die plan was om bietjie strenger te wees met my opinie. Kom ons kyk of ek dit kon regkry. Ek was nog nie blootgestel aan al Mel Botes se musiek nie, so dit behoort maklik te wees om sy musiek te kritiseer. Seker maar daai anti-commercial kettings wat ek nog steeds oorgehou het van my metal dae. Sterf, Jappie Skuim!…en so meer. Maar ek is nou ouer en eerliker in 2015 so kom ek bieg sommer heel eerste dat ek een van daai hypocrates was wat getune het ek luister net na Die Mystic Boer en Dorpstraat Revisited en ek het vir ‘n hele ruk hoog en laag verkondig dat Song vir Katryn se musiek sell-out vibes is.

Maar as my tjommies my gebel het en gevra het of ek wil uitgaan dan het ek die klank vir ‘n oomblik afgedraai,’n kak storie gespin, en kort nadat ek die telefoon neergesit het, heel casual verder Song vir Katryn gekyk! Ha! Jirre, onse mense is snaakse diere. Of was dit net ek? Daar was nie PVR daai tyd nie en VHS was uit die mode vir ingeval jy nou slim wil wees. OK, Valiant en Mel se acting skills was geensins naby Al Pacino of Robert de Niro s’n nie, maar hulle kon darem goed byhou by Therese Benade, Dawn Mathews, Natasja Jacobs en Antoinete Kellerman onder andere.
song vir katrynDie storie en karakters het hulle gehelp om nie soos visse uit water te voel nie, skiem ek. Rock and roll dokters op bikes? Kief idee! Breaking down stereotypes. Genuine een van die laaste Afrikaanse TV reekse wat ek pal gesit en kyk het. Rest in Peace, Jan Scholtz, wat ‘n genius was hy nie? Maar ek luister nou na al die tunes op die album en wonder hoeveel keer in my lewe ek toegelaat het dat onregverdige vooroordeel teenoor musiek my beperk het om great vibes te beleef. Liefde by die Dam (wat ook verskyn op Valiant se laaste album, Duisend Myl Blues) is iets wat ons Valiant fans nog steeds faktap luister. Hartseerstad is ‘n beautiful song oor Pretoria mense – neem ek aan – want dis waar Katryn afgespeel het. Versugting is ‘n paar amper te kort oomblikke van pragkuns! Ek kan so aangaan, lyk dit my.

Al die Valiant songs het daai bekende Afrikaans-country-melankolie waarvan sy stem so oorvol is en die verafgeleë poësie-lirieke (engels is pussy lyrics) wat jou stop en laat stilsit wyl jy jou eie pyn raakluister. Dis ‘n Hartseerstad. Die Hartseerstad. Jirre dis mooi. Liefde is Vir Altyd is bietjie meer upbeat en dis die spil waarom Song vir Katryn draai. Ware liefde wen op die ou einde en dit is vir altyd. Jirre ek prys al weer te veel. Flippen Valiant Swart se nuwe album beter goed wees! of #Valiantgonnafall!

OK, Mel Botes se beurt. Ek gooi sommer so randomly Rose van Bloed. Wat? Dis vêr van commercial af. Meer soos Pink Floyd, ek skiem. Diep woorde. Hartseer kitaar. Hey man, dis my vibes die? Kom ons try nog ‘n paar Mel Botes tunes just for good measure. Mmm die Joyville Hotel grens klein bietjie aan Afrikaans-commercial musiek en Die Blinde Man is tog nader aan hoe ek Mel Botes leer ken het – met sulke diep stem wat so nou en dan sy verskyning maak. Maar dis nog steeds rock and roll vir my, soos Billy Joel gesing het destyds. Ek dink ek moet bietjie Mel Botes se laaste CD ook review #MelMustFall! Dink Jinx en Slab gaan die kreupele kom bliksem!
7½ uit 10! #RolbeesMayJustFall!

Take 2 -Doem doem doem
#Jirrejissusfoktogliewegodredmy. 0 uit 10. Dis al.

RolbeesKeith Richards, Valiant Swart en fok… nevermind

Gooi Comment