Het jou, katvis! ‘n Moerse fokken sad online dating scam storie.

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae9 Eiertjies

Griff,

Ek wil vir jou ‘n storie vertel. My storie. Dis fokken sad en embarrssing, I know maar die mense moet weet. As jy besluit om die storie te publish vertrou ek jy sal my naam anoniem hou. Fokweet ek wil nie die aan my gekoppel hê nie. Ek ly nog aan skok na die hele storie.

Ek het ‘n Instagram account geskep so begin van die jaar en nogals moeite gedoen om cool foto’s op te laai, soos enige single ou maar doen. So jy verstaan my opgewondenheid toe daar so oulike blonde girl omtrent elke foto like wat ek post. Na so 3 maande besluit ek nee maar ek sal moet kontak maak. Ek stuur toe vir haar ‘n boodskap op Instagram. Man, en ons gesels te fokken lekker! Haar naam is Milandie Williams en sy is 23, woon in Walvisbaai en werk by PWC as ‘n jong klerk. Sy’t op Stellenbosch B. Com Rek geswot op ‘n PWC beurs en nou moet sy haar beurs terugwerk. Eventually skuif ons die gesprek Whatsapp toe. Ek kon nie verstaan hoekom sy ‘n SA nommer het nie – sy verduidelik toe dat dit kom van haar swot dae of op Stellenbosch en sy gebruik dit om in kontak te bly met al haar pelle. Nouma great! Ons begin toe met voice notes en later doen ons die whatsapp call storie – wat eintlik heel lekker werk. Fok Gert, maar ons gesels! Elke dag tussen so uur en 90 min. Na so 3 dae van gesels ontwikkel ons gesprekke na teksbook phone sex en sexting. Fokken witwarm. Ek kon my geluk nie glo nie!
katvis-1So gaan twee weke verby en ek begin planne maak om die girl te sien. Hier moet ek vasmaak! Maar fokol wil uitwerk nie. Ten spyte van al my moeite kan ons nie ‘n naweek kry wat werk vir ons albei nie. Ek reël toe dat hulle blomme aflewer by PWC in Walvis, dis mos ‘n fokken nice gesture? Net iets om te sê “ek dink aan jou tydens jou raadseksamen”. Maar die blommewinkel bel hoogs geirriteerd: “Meneer! Ons was nou al drie keer by PWC en hulle het ons hand op die hart belowe daar is nie so persoon wat daar werk of eskamen skryf nie. Het jy ‘n nommer van haar, dan skakel ons haar?” En baie embarrisingly moes ek toe sê “Nee, ek het nie”. Sien, sy’t geweier om vir my haar Namibiese nommer te gee. Nou om ‘n lang storie kort te maak, sy spin toe ‘n verskoning dat sy vir ‘n stalker wegkruip en dis waarom reception by PWC haar identiteit beskerm.

In elk geval, geselsies en “ek wil jou met my vleisgeweer bykom”-boodskappies vloei toe weer mooi. Als vergete. Net om ‘n dag later ‘n boodskap te ontvang dat ons “dinge moet los”. My fokken hart gebreek. Ek bedoel, ek het toe fond geraak van die girl se aandag…

Toe so aand of wat later is daar weer ‘n girl op Instagram wat my foto’s like en my follow. Haar naam is Audrey Winter. Maar die keer kon ek rerig nie my oë glo nie. Sy lyk dan soos ‘n super model!
katvis-2Ek dag toe, laat ek ‘n kans vat. Hierdie kan net interessant wees. Milandie is in elk geval vol kak. Turns out, Audrey en haar vriendin (wat so gaaf is om haar konstant af te neem) toer die wêreld vir ses maande en is nou in Bali op die laaste twee weke van die trip. Sy het Medies geswot op Stellenbosch en toe opgeskop omdat sy nie presies geweet het wat sy wil doen nie.

En kêrels, ons gesels! Sy vertel my hoe my lewensfilosofie haar beïndruk en hoe diep mens ek is. Woorde vir ‘n man se ego, né? Dit was ook nie lank nie toe is ons kniediep in “ek wil jou vooroor buig en vol wors stop dat jou oë soos slaghuisvensters lyk”. Te fokken lekker. Ek bedoel, hoe gelukkig kan ‘n man dan nou wees!?

Wat my toe nou byval is dat Milandie nog steeds wil gesels, maar dat hulle soos Batman en Bruce Wayne is. Nooit saam in dieselfde kamer nie. Nooit is hulle saam op die lug nie. Milandie is op Whatsapp en wanneer sy stil raak is Audrey op Instagram besig met my. Maar ek mind nie, ek kan heeldag vir ‘n girl vertel hoe ek haar wolscooter sal ry…

Maar toe kom die ontnugtering. Ek gaan vir ‘n bier saam met ‘n pel van my. En ek vertel hom van die gelukskoot. “Jy sal nie glo met wie gesels ek nie!”, en ek wys vir hom die foto van Audrey heel trots op myself. Hy antwoord toe: “Ja doos, ek kan dit nie glo nie want dis nie sy met wie jy fokken gesels nie. Daai girl is ‘n catfish.”

“‘n Wat?”
“‘n fokken catfish, my ou. Soos in “A catfish is someone who pretends to be someone they’re not using Facebook or other social media to create false identities, particularly to pursue deceptive online romances.”

Daai foto’s is van ‘n model in Amerika, ene Viki Odintcova. Ek twyfel fokken sterk of sy enige iets in Afrikaans kan se. En by the way, hier is haar profile kyk.
katvis-3My fok, voel ek soos ‘n lekker vet poes. Maar ek dink toe aan Milandie. Die een met wie ek nou al ‘n diep band gevorm het so oor drie weke. En ek sê vir ou Balsie: “Pel, ek dink Milandie is ook ‘n catfish, dalk dieselfde een.”
Hy wys my toe hoe om fotos te google. Dik impressive. So minuut later slaat ons die jackpot. Milandie gebruik Emilie Nereng se foto’s. ‘n life style blogger van Skandanavia.
katvis-4Daar vind ek toe fotos van Milandie se “oorlede broer”, haar hondjie wat sy ge-erf het by die bure se seuntjie wat dood is aan kanker en al die foto’s wat sy vir my gestuur het oor Whatsapp.
En ek wil kots en skree gelyk…

Jy sien, jy voel kak. Embarressed. Dom. Die donner in. Met haar en met jouself. Dis gald nie fokken lekker nie. Dat een girl ‘n man so kan rondfok met twee fake profiles? En die ergste is daai twee fake profiles is al langer as vier maande lank aktief. Hoeveel ander bra’s het al soos ek in die pomp gekak???

Ek moet egter net b voeg dat ek ‘n deuriekak pel het (van die Kaap af) wat my vertel het hy ken albei die girls. In die Kaap ken almal mos mekaar. Wat gelei het tot my valse vertroue in die tweetjies se profiles. Turns out hy ken nie vir Milandie of Audrey, oftewel vir Emilie of Viki nie. Fokken Kapenaars!

So ek deel my verleentheid om jou die verleentheid te spaar. Fokkit boys, bly dalk maar by ‘n bier down en “hey was dit seer toe jy uit die hemel uit geval het?” want fokweet dis veiliger as die katte op die internet…

Groete.
Katvis.


Het jy ‘n interesting real-life storie om met ons te deel? Maak asof ons die zef Huisgenoot is en deel daai kak met ons.

Watkykertjie bydraeHet jou, katvis! ‘n Moerse fokken sad online dating scam storie.

Comments

  1. sharontjie

    Ek dog jy wou anoniem bly **********..
    Goeie artikel regardless seun…

  2. griffin

    Jirre. Ek het nie gesien die arme bra se naam was op die een foto nie. Het dit gaan blur.

  3. Seth

    Whoever made this post, please contact me ASAP. The same girl tried it with me. We have to expose her

  4. Jeanie

    Dis nie net Girls wat dit doen nie… Daar is so baie ouens daar buite wat presies dieselfde doen met fotos van Collins Wayne en Jaco de Bruyn… Girls loop maar net so deur soos wat van jul ouens doen..

  5. ruan smit

    Vokken sliewe slet lol vat sy jou vir n roomys karretjie

  6. Hosbananas

    Die girl het ook so paar maande terug my fotos op instagram begin like en my begin follow. Ek dog toe net om nie ‘n doos te wees nie en aangesien sy bitter oulik lyk, ‘n follow vir follow aksie te bewerkstelling en het haar ook begin volg. Die eerste waarskuwingsteken was dat sy heuwiglik betrokke was op instagram, maar geen facebook profiel het nie. Ek meen, ‘n chick wat daarvan hou om ‘n oordonerende aantal “selfies” te neem is defnitief te behep met haarself om nie ook n Facebook profiel te het nie. Die tweede waarskuwingsteken het gekom toe ek sien dat omtrent elkeen van haar fotos “in die ingewing van die oomblik” geneem was en dat dit lyk asof ‘n betaalde professionele fotograaf die goed geneem het. Ekt maar die wyse besluit gemaak en haar unfollow nie net omdat sy ‘n komplete vreemdeling is nie maar ook omdat sy my data mors elke keer as ek oor een van haar posts moet scroll. Toe ek nou die artikel op sosiale media lees wat een van my vriende gepost het, het ek so hard gelag ekt omtrent myself natgemaak. Net vir interressantheid gaan kyk ek toe of sy nog ‘n instagram profiel het, maar soos ek verwag het is dit nerens te vinde.

    Katvis, ek voel vir jou bra. Eks seker daarvan nog so paar manne was ook deur die bliksemse vroumens gekul.

  7. Graham

    Doos hou op met jou fokken wors dink en oorals wil indrUK Al is dit LEKKER. …..dink vir jou self hoekom sal n HOT CHICK vir piel op instagram soek… lmga…sorry manne en Seth get over it….die fokken hoere is oorals….maar dit sal nog steeds lekker wees om haar oor te buk en met my mansvleis in te stop….lol…sorry oor my afrikaans eks eintlik engels…

Gooi Comment