Gerald Clark en… uhm… wat? Annelie van Rooyen!?

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Gerald Clark – Afroboer and the Golden Goose
Toe ek ‘n laaitie was kon jy altyd iewers ‘n Scope tydskrif score. Daar was orals ‘n legio ou editions, in gevlekte stowwerige bokse, in iemand se garage of in Ouboet se kas iewers weggesteek. As jy gelukkig was kon jy ook ‘n skelm pakkie Camel Filters tussen die mags vind. Ek dink meeste van ons penkoppe het grootgeword met die idee dat alle vrouens sterretjies op hul tiete het in plaas van tepels. Tot Amerikaanse 2-18 movies ons verkeerd bewys het. Die Golden Goose se sterretjies op die album cover vat my terug na ‘n tyd in my lewe toe dinge nog onskuldig en eenvoudig was. En Gerald Clark se songwriting gee my daai selfde gevoel.

Hy het ‘n jeugdige onskuld wat hom amper kwesbaar laat in die middel van al die wêreldse kak-en-drama blues tema. Dis die digotomie van die blues, man. Jy moet, onder andere, jou pad vind deur verkeerde verhoudings (Hesitate), ontnugtering met godsdiens verwagtinge (Jesus en Let Me Tell You) en die ongenaakbaarheid van gulsige mense met te veel geld (The Landlord Blues). Oh Lord, why does some men change when they got money on their side? En dan moet jy try fokken sin maak van alles. Jirre. Fok. Sug, sit daai blues harder!

Maar ‘n bluesman wat sy sout werd is se einddoel is altyd good old fashioned love, work ethic en goeie waardes in ‘n wêreld waar dit so skaars is soos hoendertanne. Fokkit, dis nie asof bluesmen nou eintlik die pilare van die ons samelewing was of is nie. Verstaan, hulle probeer maar net konstant. Watter beter medium om hierdie interessante tweeledigheid uit te druk as good old fashioned vintage blues rock musiek? Hoe dan fokken anders?

Gerald Clark is ‘n soliede bluesman. Onbetwyfeld. Net soos die blues legendes van ouds, preek hy vir ons. Nie in die religious sin van die woord nie maar uit persoonlike ondervinding. He’s putting it out there into the Universe. This is me, Gerald Clark and this is how I feel about the world. I’m working hard and I found my golden goose. What have you got? Klink of Afroboer op ‘n goeie plek, is skiem ek. Gerald Clark en Melissa Fontini se besluit om hul verhouding so te ontbloot (letterlik en figuurlik) is ‘n ballsy move. Toe ek by Park Acoustics se blues dag was, so paar maande terug, het ek Golden Goose what-what die heeltyd gehoor tussen die songs en gedink: How corny is that shit? Raai wat? Die hele tema as ‘n geheel op die album is toe nou glad nie so corny nie. It translates well and flows perfectly deur die album, so I stand corrected.
gerald-clark-launchEk kon seker gewag het tot die album launch voor ek ‘n review geskryf het maar ek is baie meer objektief en eerlik as ek net eers die musiek one-on-one benader sonder te veel ander influences. Dis nie altyd moontlik nie maar ek probeer ‘n offering in my hele hart en siel te absorbeer. As dit ‘n befokte album is sal dit meeste van my defences afbreek. Hoe meer gelaagd ‘n album is, hoe langer vat dit. Afroboer and the Golden Goose is juis ‘n gelaagde album en moeilik om boksiegewys op ‘n random weeksdag te sit en klassifiseer. Ek moes dit eers herkou voor ek dit kon uitspoeg in geskrewe vorm, vir al julle Watkykertjies se leesplesier.
gerald-clarkKom ons fokus bietjie op die musiek self. Jy sal hoor dit klink lekker vintage en intiem. Dis omdat die album in ‘n omskepte ou plaashuis in Wellington opgeneem is. Gerald Clark se musikant-kamerade ken mekaar al jare en hulle het meestal vintage toerusting gebruik – en omdat die hele show in een kamer opgneem is het dit daai live gevoel. Hy en Schalk van der Merwe, Tim Rankin, Simon Orange, Rob Nagel en en Jonno Sweetman moes ‘n ball gehad het om die album te record. Al die amazing kunstenaars wat feauture maak hierdie offering top klas. En moenie Guy Collins se slide geeetar vergeet nie.

Ek is mal oor die feit dat die album tip-toe tussen moderne blues rock en old school blues sonder om onlangse kommersieël suksevolle kunstenaars soos Hozier of the Black Keys blatant te copy. As jy talent het is dit mos onnodig. Die album as ‘n geheel het ‘n sterk blues gevoel en daar is blues genres om van te kies en te keur. Dit is met tye dirty dusty blues (Hesitate en Small Town Fashion Guru feat Henry Steele), soms meer funky blues (Guilty en How I met the Golden Goose) of selfs all-out old school BB-King inspired blues (Summershoes en the Landlord Blues). However, daar is twee songs wat vir my uitstaan as iets bietjie meer out of the ordinary. Die eerste een is Fire wat saam met Ongx Mona opgeneem is. Dit het ‘n modern commercial blues feel maar met ‘n onbetwyfelbare African blues twist. Die tweede een is ‘n beautiful duet, Sitting in the Sun, wat saam met Luna Paige geskryf is en dit herinner nogal aan eighties rhythm and blues pop met lekker funky grooves. Sulke Womack and Womack vibes. Albei uniek in hul eie reg.

Ek wens, soos altyd, dat ‘n album van hierdie kaliber net een keer dieselfde kommersiele sukses kan beleef as enige van die vergelykbare internasionale kunstenaars. All things being equal, may I add. But let’s not go there today. Julle ken die storie beter as ek. Afroboer mag dalk ‘n fun cool beskrywing wees van Gerald Clark self maar ek dink die album se naam moes eerder The Golden Voice and the Golden Goose gewees het. Hy kan ‘n kitaar laat goël maar sy stem is baie meer uniek. Die kombinasie van die twee maak hom ‘n blues fenomeen wat nie sommer gou gaan verdwyn nie.

Super fantastic 8 uit 10 punte! Mag die blues vir ewig leef!

Anneli van Rooyen – Ek wil jou ken
Ja… so ek hang toe verlede week saam met Griffin uit by die Robot met die Wit Bedelaars en wat bespeur ek in sy private vinyl stash? Anneli van Rooyen se 1983, 1984 offering, Ek Wil Jou ken. Ek het amper van my rystoel af gebliksem. Jy dink jy ken mense!

annelie van rooyendHierdie album is opgeneem toe Afrikaanse kontemporêre musiek darem nog nie so terterig en plastiek was soos nou nie. Die musiek was net vervelig en tos. En meeste van die songs op Neem my op Vlerke is presies net dit. Miskien moet ek net byvoeg dat dit ook fokken suig? Maar wag so bietjie… wat gaan nou aan? Somehow kan ek ‘n hele paar van die songs onthou. Hoe is dit moontlik? Wie de fok het dit vir my gespeel daai tyd? Ek kan nie onthou wie dit aan ‘n arme weerlose kind kon doen nie maar as ek uitvind, ne! Die skool, my susters of my maatjies daai tyd? Wie dit ookal was, ek will julle nie meer ken nie.

Jirre, ek ken at least vier of vyf van die songs se lirieke!!!! What the fuck? Ek het saamgesing met Neem op my Vlerke, Aai Ai Meraai en Groot Okovango. Uit beginsel uit moet mens nooit ooit albums soos hierdie op vinyl luister nie. Dis te veel moeite om die tracks te skip. Maar wat my die bangste maak is, ek kan myself nie keer om te hou van Ek Wil Jou Ken nie. Al wil ek hoe graag. O my god ek het dit sopas publicly erken! Ek like actually die song. Gelukkig het ek anyway geen toekoms in rockmusiekjoernalisme nie. Anders was ek nou gefok!

Wait there’s more! Hoe kan ek nie van Bitterbessie Dagbreek se woorde hou nie? Ingrid Jonker se werk is awesome. Maar ek sukkel om te erken die song self seker ook nie te bad is nie. Ek dink al hoe meer dit was die Veligheidspolisie daai tyd. Hulle moes my ontvoer het en my gebrainwash het. Kom saam met my. Ek wil jou ken. Kom ons soek die kind wat roep in ons? Tannie Anneli was vir seker jimpels en broeis toe sy daai song geskryf het.

Wag, nou onthou ek! Dit was die soundtrack van die TV reeks, Skoppensboer. Hans Strydom was besigheidsman Jack Krynauw en Anneline Kriel was Hedda Steger, die beeldskone joernalis en KGB spioen. Nou weet ek hoekom ek so mal is oor die song. Ek mag miskien net ses jaar oud gewees het maar ek was al klaar jimpels oor Anneline Kriel daai tyd.

Gaan download ‘n paar tunes en kyk of jy ook gebrainwash is daai tyd. Scary fokken shit!

RolbeesGerald Clark en… uhm… wat? Annelie van Rooyen!?

Gooi Comment