En nou eers vir so bietjie Kardashian aaklig…

In Fokken Zef Videos deur griffin1 Eiertjies

In alle eerlikheid het ek nie mooi geweet waaroor hierdie video gaan nie. Ek het gedog so paar gooses van die Midde-Ooste is die een middag ‘n break van hulle burkas gegee en video kameras in die hand gestop om ‘n hoërskool video te maak vir hulle klasmaats. Amper soos daai Rebecca Black wat daai horrievieslike Friday music video gemaak het. Ek het lank gesit en kopkrap en moes investigate, want die mense in die video het onbekend gelyk. Die enigste familiar Kardashian wat ek soos die pes probeer avoid, is Kim. En daar trap ek toe in die fokken Huisgenoot strik en weet nou hoe die hele fokken familie lyk.
*Pisgril*

Turns out dis die hele Kardashian familie wat vir pamma (pappa wat mamma geword het) ‘n videotjie gemaak het vir dié se toetrede tot free busrides en krimpie discounts by sneeudierwinkels. Caitlyn Jenner het 60 geword en dis nou die persent wat sy gekry het van die familie af. Vyf minute van ogies uitkrap. Even Kanye lyk about so excited soos ‘n halwe loaf Albany brood wat uit die trok uit gepoes het op pad Polokwane toe  en in die son gelos is…

Sulke videos is die tipe kak wat jy vir oupa en ouma maak. Dis tussen jou en jou familie. Jy “leak” dit nie op die interwebs nie. As ek Caitlyn was sou ek groen geword het van woede en in Bruce Banner  Jenner verander het: “You won’t like me when I’m angry!”
*harloop weg soos ‘n 70s Olympic gold medalist decathlon wenner*

Weet jy wat is die heel-heel sadste van alles? Hierdie absolute verskoning van ‘n kak prodcution (deur mense wat fokken baie zak het) is steeds beter as die deursnit Afrikaanse popmusiek video.

Hierdie “produksie” behoort in die long run meer psigologies skade te maak as “die operasie”.

Maar ons is nie fokken goor hier by Watkykjy nie, so baie geluk met Oom Tannie se jaarsdag, hoor. Dis baie braaf van jou om te verjaar.
caitlyn jenner

Deel met jou tjommies!

    griffinEn nou eers vir so bietjie Kardashian aaklig…

    Comments

    Gooi Comment