World folk, folk rock en folken pop musiek

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Nibs van der Spuy en Guy Buttery – In the shade of the wild fig
There isn’t enough darkness in all the world to snuff out the light of one little candle – Buddha.

Drie jaar terug het Nibs van der Spuy and Guy Buttery hulle debut album record. Hulle het meer as ‘n dekade saam musiek gemaak voor dié album die lig gesien het nie. World folk music is nou nie iets wat ek al voorheen probeer review het nie. Ek het dit al baie geluister. Maar om iets sinvol te skryf daaroor? Nog nooit. So bear with me. Ek is skrikkerig daarvoor want ek is nie ‘n kenner nie. Ek het respek daarvoor omdat dit die ultimate anti-commercial musiek is. Maar ek voel half, wie de fok is ek om hulle te kritiseer? Kan ek rêrig myself ‘n musiek liefhebber noem as ek nie at least probeer nie? So kom ek poog om ‘n aanknopingspunt by Guy en Nibs se musiek te kry.

Ek mediteer soms met soortgelyke musiek in die agtergrond. Vir my is daar weinig verskil tussen musiek luister en mediteer. Tydens meditasie fokus mens op jou gedagtes en jy probeer die spasie tussen elke gedagte, wat in jou kop inkom en uitgaan, te verleng. Met al die musiek en weird shit wat in my kop rondfloat kan dit nogal ‘n challenge wees. Jirre, julle weet MOS. Anyway, as ek musiek luister doen ek min of meer dieselfde, maar die musiek guide my gedagtes vir my, en dit word minder belangrik vir my om jou gedagtes te wil manipuleer. Wat? Hoe achieve mens enlightenment? Nee jirre ek weet nie. Next question. Maar hierdie zen tunes vat my op ‘n inner journey. Dis meestal instrumental met vocals op een of twee songs. Ek kan na plekke toe gaan in my verbeelding waar ek nog nooit was nie. As ek sou wou. Maar die boodskap wat ek van In the Shade of the Wild Fig kry is: hey dude, dis nie fokken nodig nie. Die wêreld offer jou niks meer nie. Dis ‘n spirituele statement sonder om ‘n actual statement te maak. Dis inner peace net waar jy jouself bevind. Onder die spreekwoordelike wilde vyeboom. Dis soos ‘n klein kersie in die middel van die donker nag.
nibs van der spuy and guy butteryGuy en Nibs kry hulle inner peace deur middel van hulle musiek. In the Shade of the Wild Fig is ‘n beautiful, peaceful musikale meesterstuk. Gaan luister dit op jou eie en laat dit deel word van jou wese. Asem dit in en laat dit weer vry. Repeat. Tot jy versadig is. Hulle gebruik die cuatro, die mbira, die tampura, die sitar (en ander akoestiese kitare) om jou aptyd te vul. As jy hulle al saam live sien optree het sal jy weet hulle is soos yin en yang. Hulle het verskillende style en saam is hulle musiek nie noodwendig volmaak nie, maar daar is net geen rede om dit te probeer verander nie. It just is. Dit het verskillende betekenisse vir verskillende mense. En dan besef jy: hey wait a minute, eintlik is dit volmaak. So dis nie net die spirituele boodskap wat my prejudices vir ‘n ruk kon stil maak nie.

Hierdie malaitas is wêreldbekende kunstenaars wat hulle instrumente en kuns bemeester het met ‘n oorvloed talent en passie. Oor menigte jare. Watter reg het ek om hulle te review vra jy? Wel fok, hulle oortuig ‘n siniese metalhead blues rocker van hulle eenvoudige musikale boodskap. Dis al. Musiek soos hierdie kan eintlik net deur elke Watkykertjie self gejudge word. Gaan download dit en soek ‘n wildevyeboom of enige boom naby jou. Park off, gooi volume op jou foon of iPod, kyk vir die wolke, nee moenie ‘n dratie kap nie, en sit neer daai joint en brannas vir so klein rukkie, marabsie.
Ok, mediteer elkeen van julle nou fokken self en vra die universe hoeveel uit 10 die album moet kry. My judgment is tydelik irrelevant.

Maroon 5 – V
En ons is weer terug in Samsara. Jissus. Om meer presies te wees, die wonderlike wêreld van Maroon 5 romantic love. Die album se titel is prolific. V is ‘n romeinse letter wat vyf beteken. Dis fokken briljant dudes. Julle is vyf, nê? Seker lank gevat om dit uit te dink.

Die substance van die album kan soos volg opgesom word: My girl het my gelos want ek is ‘n moroon, ek is ‘n rowwe dier as ek spyker, hey my long-time vriendin is nogal oulik en ek wil haar ook spyker, hoekom het jy my gesoen en my hartjie gebreek, poplap? Hey slet, gee my jou fokken selfoon ek wil sien wie jy spyker agter my rug en wel, ek het sulke feeeeeeelings vir jou, so kom ons spyker. No need to reinvent the wheel. Dis Maroon 5 in a nutshell.

Adam Levine se stem klink vir my bietjie hoër as op die vorige albums. Miskien het Behati Prinsloo hom in die knaters geskop? Hey, wat het geword van hulle California soulful tunes? Ek het daai song en video gelike waar Adam Levine sy girlfriend se MILF-ma spyker. She will be loved. Duidelik, Adam. Spyker alles!

Anyways, hulle musiek is deesdae alles net pop. Ek wil nie eintlik die funk deel credence gee nie. Kom ons sê maar danserige of slow ballad pop met bietjie funky tendencies so nou en dan. Maar OK, daar is geen twyfel dat hulle ‘n hit factory is nie. Elke record company se droom. Ka-ching! Dis die tipe musiek wat jou creepy baas gaan opsit by die eindjaar funksie om hip te probeer lyk, terwyl hy hoop om ‘n jong sexy employee on the side te score. Nog ‘n tequilatjie?

Vir my is dit kak musiek wat ek by ‘n lekker party kan verdra. 6 uit 10. I got these feeeeeelings for you! Thud! It’s not what you think! Thud! Eina Behati eina!

The Martin Brothers EP
Daar is dié van ons wat verstaan hoe dit voel om in die verkeerde seisoen rond te fok. Maybe al vir dekades. Daai lang seisoen wat jou siel treiter en besoedel. Ek skiem die Martin brothers verstaan dit baie fokken goed. Maak nie rêrig saak vir watter rede nie. We all have our reasons. Vir my is hierdie musiek ‘n journey van die hart en siel, die soeke na betekenis en bevryding. Sure, dié Wolmers maak befokte seventies folkin’ rock and blues tunes, maar dis nie net geskryf om jou te vermaak nie. Dis geskryf uit pyn uit en godverdoemde fokken moeilike tye. Gaan soek jou faktap, battered en bruised siel daar onder in die put iewers. Maar moenie te lank daar onder bly nie of jy gaan nooit ooit weer uitkom nie. Let the music be your guide and saviour to the surface.

Daar is ses tunes op die EP. Twee tracks is deur Aidan geskryf en twee deur Jonathan. No Kind Season begin die journey met ‘n acoustic folk tune wat jou na plekke toe gaan vat waar jy nie gemaklik gaan wees nie. It’s a painful honest quest for love and sanity. Give Way is ‘n slightly meer repetitive Led Zeppin’ slow folk tune met ukulele vibes. Dit vat die journey ‘n paar berge en draaie verder. Dis rock and roll spirituality wat fokus op harde realiteit. Daai moeilike deel voor enige sprake van bevryding. I and I is ‘n blues tune met ‘n free pass tot binne in Jonathan Martin se mind. Struggle, survival, twyfel, twis en die besef dat alleen wees nie deel kan wees van die journey nie. Nie vir te lank nie anyway. Till the Afternoon is ‘n bietjie meer country folk. Dis ‘n showman’s journey in die verlede in. Old love, old habits and the reality of coming terms with yourself. Dan is daar twee covers. Booker T Washington “Bukka” White se Fixin’ to Die – so reg uit die 1940’s uit. Die song is geskryf deur Bukka White nadat hy ‘n vriend sien doodgaan het. Die deel van die journey reg voor jy jou laaste asem uitblaas? Maar tog is dit het einden niet.
the martin brothersDie album word afgesluit deur ‘n Townes Van Zandt tune. Nie ‘n monument van ‘n tune nie. Miskien eerder nader aan ‘n tombstone. Van Zandt was verslaaf aan heroin, alkohol en het bipolar disorder gehad. Van al die stemme wat die bra gehoor tydens sy troubled fokken lewe was Rake probably die mooiste. Hoe is dit moontlik dat ‘n song sonder enige real hope so beautiful kan wees? Maybe kom ware bevryding die dag as jy die planeet verlaat. Of maybe is acceptance terwyl jy lewe die enigste ware bevryding? I don’t have the answers. Die song het my siel so bietjie opgefok but I don’t mind that much.
Dis ‘n befokte EP!
8 uit 10 for sure.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesWorld folk, folk rock en folken pop musiek

    Gooi Comment