Tame Impala en Savage Lucy – hierdie week se albums

In Rolbees Reviews deur griffinRek jou bek

Tame Impala – Currents
Kevin Parker het een fokken weird mind. No worries, mate. Dié geesteskind van Tame Impala en sy trawante kom oorspronklik van Perth af en maak musiek wat bietjie meer spaced out is as jou gemiddelde Top 40 treffertjies. Baie meer. Snaaks genoeg is Tame Impala veronderstel om ‘n rock band te wees. En dis hoe ek hulle leer ken het in 2010 met hulle eerste paar psychedelic rock EP’s en debut album, Innerspeaker.

Met die eerste oor-opslag daai tyd het dit vir my geklink soos Black Sabbath op valium – met maybe ‘n microdot of twee (van ouds) by. Maar snaaks genoeg is ‘n paar van Parker se invloede so sugar pop jy sal wil puke daarvan. Kylie Minogue? Eish. Hy like ook van die Flaming Lips se musiek darem. Jip, nogal uiteenlopende musieksmaak. Tame Impala is ‘n band wat psychedelic rock en elektroniese trippie tunes afwissel asof dit uit die mode uit gaan. So imagine Parker se brein is ‘n prism in reverse. Verskillende musiek gaan in sy mind in en die eindresultaat is ‘n wit lig, aka Tame Impala on any given album, at any given concert.
tame impalaDis hoe hulle laaste offering, Currents, vir my op die oor val. Jy gaan eintlik bittermin, indien enige, rock hoor op die album. Meerendeels ekperimentele elektroniese psychedelic vibes. Kevin Parker het hierdie irriterende gewoonte om jou aspris om die bos te probeer lei wat klanke aanbetref. Jy sal nie altyd presies weet waar al die klanke se oorsprong lê nie. Hulle gebruik seventies tipe effects soos phasing, delay, reverb en fuzz. Om meer spesifiek te wees – jy gaan nie altyd weet of die klank uit ‘n synthesizer of ‘n kitaar – of ‘n dromstel of bass – uitkom nie. Good luck om dit te probeer identifiseer. Jy sal jou storie moet ken. Miskien het ek te veel smart drinks gedrink en te min drugs gevat in my rave dae maar party van die tunes klink vir my bietjie soos Daft Punk se nineties stuff – lekker luister en expand your mind in die heelal tunes.

Het ek sopas publicly erken dat ek gerave het? No man, not me. Dit was ‘n ander marabs. Ha! My favourite tune? Well die tunes klink nogal baie na mekaar maar as ek nou MOET kies. Let it Happen, Yes I’m Changing en Cause I’m a Man het my fancy getickle. Maar hierdie tunes moet jy van begin tot einde deurluister of jy mors jou tyd.
Solid 7 uit 10. Dit makeer net van daai psychedelic rock mos.

Savage Lucy – Reverie
Savage Lucy is nogal ‘n verrassing. Ek het daai “r” gedouble check net vir al julle grammar Nazis. Meeste mense wat my ken sal my nie glo as ek sê dat ek soms my passie vir musiek kan verloor nie. Ja sure, ek luister nog na musiek elke dag en waardeer dit seker – maar daai vlam kan verdwyn. Dit kan partykeer weke wees voor ek iets hoor wat die vlam weer aansteek. En partykeer gebeur dit so uit die niet – wanneer jy dit die minste verwag.

Enter Savage Lucy! Howzit, Joburg Malaitas! Reverie het my amper dieselfde ondervinding gegee as Currents, miskien omdat dit ook baie progressief is en omdat jy ook die hele album moet deurluister om werklik die ervaring te waardeer. Maar dis baie anders ook. Daar is geen vocals nie en jy moet jou verbeelding gebruik om jou pad te vind tussen deur al die emosies wat die musiek ontketen. Lirieke beheer jou ondervinding en perk jou in. Reverie is perkeloos. No control. Jou luisterondervinding is dus so vry soos jou mind jou toelaat. Dis wat ‘n passie vir musiek doen aan ‘n metal, rock en blues fusion instrumental album. I mean, mostly who would really care about that, right? Maar passie transformeer musiek. As jy dit verstaan word jy jouself ook getransformeer.
savage lucyDis so eenvoudig.  Jy kan so nou en dan jazz influences ook hoor op Reverie – en dis nogal spacy – maar glad nie psychedelic rock nie. In ‘n era waar kritici bitch en moan dat rock en metal artists nie hulle instrumente behoorlik kan speel nie is ek nogal met ‘n smile deur Austen Ramsay Lewis se eighties rock licks begelei. Ja, ek weet hy is nou nie Steve Vai nie. Maar die manier hoe hy, Steven Bosman en Richard Becker die tipe kitaar wat op eighties en nineties action flieks se soundtracks voorgekom het toe ek ‘n laaitie was, sonder moeite verweef tussen deur soliede moderne melodiëe en ritmes is nogal impressive. Soms sag en kronkelend. Beide vertikale en horisontale progressie en dan ontplof dit so nou en dan globaal met ‘n groteske experimental metal bang. Dromme en kitare wat jou ore soms sagkuns vertroetel en ander kere intens mee liefde maak.

Jirre, that’s all I got. 7½uit 10! Befokte musiek! Jammer dat Savage Lucy vir Steven Bosman aan Los Angeles moet afstaan, maar ek is seker dit gaan nie die res van die band se passie blus nie.

Deel met jou tjommies!

    griffinTame Impala en Savage Lucy – hierdie week se albums

    Gooi Comment