Gatvol vir kak tunes? Kom was jou pantie.

In Watkykjy Gigs deur Kaptein Kortbroek2 Eiertjies

Fokkit ek love rugby, maar jirre die tunes wat by plekke soos Loftus, Ellis Park en Nuweland jol skep die indruk dat die Afrikaner about fokkol kultuur het nie. Fokkit en fokkol in een sin pappie, vatso kultuur!

Okay cool, sekere langarm dans jols soos baby tjooooooklits is dalk ‘n treffer onder die jongspan vir some weird rede, maar van die ander goed wat oor die grootste speakers in ons land se grootste stede uitbassyn word is, to put it in proper dutchmen, ‘n pot kak. Dieselfde geld vir elke tweede fees waar sinnelose pre-recorded maybe/baby snert vir vol skoolsale sorg. Die arme kids. Smaak verskil, fine, maar hoeveel backtrack, sokkie-bokkie-rokkie-frokkie bullshit kan jy nou regtig luister sonder om jou kop te verloor? Skielik wil ek deur soon-to-be-free man, Oscar Pistorius se CD collection gaan. As hy uitkom gaan hy probably die media iets faktap try sue, so why stop there?

Die ergste van alles is dat die ear pollution waaraan ons in publieke areas bloodgestel word steeds soos soetkoekies verkoop. Nee bliksem mense, ons gaan moet laer trek. We need to nip this in the bud already. Ons voorvaders – hier verwys ek spesifiek na Piet Botha want hy is pretty much die oudste mens wat ek wil ken – fight nou al hierdie fight vir jare en vandag, broeders en susters, ja vandag my volk, het ek vir julle goeie nuus. Dit lyk met tye of ons wen!
So elke nou en dan pop daar ‘n band uit wat nog songs skryf wat nie vir bucks in die bank gebou word nie. Yup, inbetween die rooi-rok-bokkies wat heel aand wil sokkie en tjerries met te veel eye-shadow is daar mense wat soos Bob Dylan kan lyrics skryf. So hier en daar val daar ‘n musical genius uit wat nie bang is om sy dirty laundry op te hang nie.
wasgoedlynDie naweek gebeur dit weer in Tulbagh waar Die Wasgoedlyn geskiem het hulle so bietjie gaan uithang. Watkykjy het met die Wasgoedlyn se main peanut gesels en vir like 70 bokke kan jy either Vrydag of Saterdag (of altwee aande) sulke lekker shows bywoon. Selfs op die Sondag gaan daar gesing word en dit alles gebeur by De Kreeft Stamkafee, Saronsberg Teater. Ouens, ek weet 100km in Slaapstad terme is like halfpad maan toe, maar fokkit, jou ore verdien iets oordenteliks vir ‘n slag. Dis net 80km van Stellies af. En komaan Kaapstad, jy wil nie soos jou voorvaders moan omdat jy nie deel van die groot trek was nie. Dit was ook glo ‘n moerse jol.

“As jy wil sien waarheen die nuwe Afrikaanse kultuur beweeg en nie wil agterbly nie, pull in”, verduidelik Riku Lätti, een van die kunstenaars wat die naweek so bietjie gaan jam. Riku Lätti is so unknown musician wat about 40 instrumente jol. Hy is nie so famous soos van die dansbaanbendelede nie want hy sukkel maar met die pop. En hy like ook nie van pielsuig om plate te verkoop nie. Prys hom met die tromme dat hy nie oor die jare ook sy siel vir ‘n chart topping treffer verruil het nie. “Real tunes for real people”, reken Riku en hy bring backup in die vorm van Churchill Naude.

Churchill herinner my baie aan Jack Parow, hoewel die issues waaroor hy kletsrym dalk bietjie nader aan die hart is. Die hele mission is om goeie oorspronklike Suid-Afrikaanse musiek te maak. Willim Welsyn en Ryno Velvet gaan ook by die Wasgoedlyn weekend in druiweland appearances maak en selfs voorvader Piet gaan daar wees. Laurinda Hofmeyr – fokkol van Steve of sy dumbass laaitie – jam ook die naweek en Riku se vrou, Jackie se smeulende stem sal ook gehoor kan word.

So wees daar, wees deel van die oplossing. Treat jou fokken ore vir ‘n slag. Hulle gaan ook vir die volgende Valiant Swart ‘n kans gee om bietjie self snaar te slaan. Ja, die Wasgoedlyn gaan deur die dag open mic session hou en as jy some original song op ‘n instrument kan jol moet jy uitslaan. Hulle soek nuwe talent, reken Riku, wat tans ‘n documentary kinda show oor musiek doen. Die show se naam is ook Die Wasgoedlyn vir some rede.
wasgoedlyn 2De Kreeft Stamkafee eienaar, Chris Kreef, skiem die belangrikste ding is om kalm te bly. Hy was so kalm soos ‘n walm toe ek oor die Wasgoedlyn met hom gesels het (mens gesels lekker so oor die Wasgoedlyn met tannie Stienie). “As almal net ‘n extra encore of twee kan saambring sal dit cool wees, ons sal vir die res sorg.” Die baas van die Kreef Hotel praat ook nie kak nie en ek het net die ander dag by Aiden Martin gehoor hoe befok die burgers in die bergdorpie loop. Die verblyf op die dorp is ook piele, fokkol Parktown Prawns nie! Aiden Martin maak ook befokte tunes, by the way.

So kom was jou panty, spoel hom uit en kom hang dit op Die Wasgoedlyn in Tulbach. Vir meer info, check hulle Facebook page of bel een van jou tjommas wat goeie musiek appreciate. Vrede vir almal en luister na die moderne weergawe van die Onse Vader as jy ‘n voorsmakie soek.

Kaptein KortbroekGatvol vir kak tunes? Kom was jou pantie.

Comments

  1. Tommy Williams

    Ek wens ek het lankal v julle geweet. Skaam vir comercial Afr musiek

  2. Tommy Williams

    Ek wens ek het lankal v julle geweet. Skaam vir comercial Afr musiek
    Ek het nie n panty maar was sommer my vrou sn

Gooi Comment