Chris Cornell se Higher Truth en Hozier se debuutalbum. Kief tunes!

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Chris Cornell – Higher Truth
Dis baie interesting dat nie alles waaraan Chris Cornell al ooit in sy career geraak het noodwendig in goud verander het nie. I mean, ons almal weet dis ‘n given vir meeste performing artists. You win a few, lose a few. To lose more than a few is eintlik die norm. Maar is dit totally onregverdig as ek konstante perfection verwag het van die persoon wat meeste van die songs geskryf het vir Soundgarden in die Seattle grunge heydays?

chris cornellTerwyl ek voorberei het vir die review het ek agtergekom, dit is actually. Creativity comes and goes. Maar ons fans kan onrealisties wees soms. Na Soundgarden opgebreek het in 1997 het Chris Cornell probeer om solo te vlieg. Sy eerste album, Euphoria Morning was in 1999 release. En dit was verbasend hondkak. Moer jou naam met ‘n plank kak. So in 2001 het Chris Cornell saam met die oorblywende lede van Rage against the Machine die band Audioslave begin. Dit was ‘n briljante idee. Die kombinasie van Chris Cornell se uitnemende skryfvermoë, daai vocal range van hom en Tom Morello se kenmerkende kitaarspel kon Audioslave niks anders as ‘n moerse sukses wees nie.

So ja, Chris Cornell het al gewen – maar hy het ook serious kak aangejaag. Nie een van sy vorige solo albums was baanbrekerswerk rock and roll nie. Ek wil nie eens 2009 se Scream noem nie. Maar ek sal moet. Urban pop tunes saam met Timbaland? What the fuck was he thinking? Maar dan onthou jy, hy het ‘n James Bond song geskryf. Dis iets wat min grunge marabse op hulle CV kan sit. Nie eens Dave Grohl kan daai een top nie. Win a few, lose a few.

Chris Cornell tune hy was nie opsoek na homself in die verskillende projekte wat hy aangepak het in die verlede nie. Hy beweer hy is al daai dinge. Hoe uiteenlopend dit ookal was. Dis ‘n bold statement. Jy moet genuine volwasse wees en jouself goed ken as jy so iets kwytraak. Behalwe as jy Kanye West is, of course. Spesiale roomyskind. Shame. But the proof is in the pudding. En as jy na Higher Truth luister is ek nogal van mening ou Chris is for real. Sure, hy het gelewe en of course het hy jare se ondervinding agter die blad. Maar veel meer as net dit, kan ek ‘n integriteit en volwassenheid in Higher Truth bespeur.

Groei? Natuurlik was daar. Met sy vierde solo album het hy ontdek dat eerlikheid en intimiteit werk as jy al so bietjie om die blok gefok het. Maar reg van die begin af met die melankoliese mandolien in Nearly Forgot My Broken Heart besef jy dis meer as twee dekades na Superunknown. No way! Jy soek die nihilisme van die nineties in die lirieke, daai finaliteit, haat en desperasie – maar in plek daarvan is daar ‘n volwassenheid. Soms openlik, soms verskuil. Dit ontbloot hartseer en pyn as iets wat jy kan aanvaar en waaroor jy kan kom. Dit verduidelik die soeke na iets groter en buite jouself sonder om jouself te bind aan een denkwyse. Selfs met die song Dead Wishes wat nie veel hoop verkondig nie, is daar tog ‘n titseltjie aan die einde. Al is dit net geëmpliseer. “Down and out with everything to win. If my long since sunken ship ever does come in.”

Worried Moon, Murder of The Blue Skies en Let Your Eyes Wonder is drie beautiful onkonvensionele love songs. Egolose, realistiese liefde. Liefde wat nie noodwendig uitgewerk het of gaan uitwerk nie, maar dis sonder jaloesie, beheer of blaam. Is Chris Cornell ‘n idealis of net ongelooflik emotionally mature? Hy skryf tog wel ‘n twist of possible hope for love in waar hy kan. But it kind of leaves you guessing. Dis briljante skryfwerk. Powerful.

My favourite tune op die album is Through the Window. Dis een van daai songs wat ‘n duisend dinge kan beteken. Maar vir my beteken dit dat wanneer jy iemand ontmoet en jy verstaan hulle suffering, beteken dit nie noodwendig daar is maklike oplossings nie. Jy kan net van ‘n distance af kyk hoe hulle struggle en dinge try uitfigure, hulself reinvent. Maar ouderdom, die jare se stampe en stote en opofferings van die verlede maak dit nie makliker nie. Jy wens jy kan meer doen om die suffering te verlig maar jy bly ‘n toeskouer. No more suffering is nie ‘n oplossing nie. Maar dis at least ‘n expression of hope. Ek begin die grunge dae al minder mis…

Jim Morrison het albums soos hierdie in die sixties voorspel. No need for a band anymore. One person with a lot of machines using electronics, singing. Chris Cornell en producer Brendan O’ Brien het meeste van die instrumente self gespeel – of hulle het electronic loops gebruik met die drum parts. Die vraag wat purists vra is “verloor jy nie bietjie van die egtheid as jy dit so doen nie?” Ek weet darem nie. Stripped down acoustic kitaar met Chris se stem klink befok vir my al is daar bietjie ekstra hulp van electric loops. I mean, dis darem nie net kompers wat al die musiek maak nie.
Nothing wrong with that. 8½ uit 10!

Hozier – Debut album
Hozier het uit nêrens gekom nie. Ierland? Maak sin. Ek kan daai soulful folk vibes hoor in sy stem en ritmes. Fokkit, hy is net 25 jaar oud. Dit gee my hoop. Maar dit gaan alles afhang of sy musiek staying power het of nie. Ek kan nie wag om te hoor hoe klink sy tweede offering nie. Wat sy debut album aanbetref – what’s not too love? Dis redelik duidelik hoekom mense sy musiek wil verorber. Dis helemaal anders as enigiets wat rondfloat op die charts deesdae. Well almost. Ek kan nie help om the Black Keys influences te hoor nie. Met die song To be Alone het ek amper gedink dis ‘n colab of ‘n cover. Omdat dit nie te veel voorkom nie, kan ek daai bietjie “gelenery” vergewe. Hy het baie meer diepte wat hy offer op ander songs. So behalwe vir daai klein bietjie gekerm is Hozier se musiek ‘n verfrissende smorgasbord van soul, folk en garage blues.
hozier
Jirre, ek wag al lank om daai woord iewers in te gooi. Smorgasbord. Die lirieke kan donker raak maar nie nihilisties nie. Eerder onverwags macabre. Ek het al gelees critics tune hy is redelik obsessed met die dood in sy songs. I don’t know, maybe op een of twee songs maar ek sien nie ‘n absolute trend nie. Take me to Church, die groot treffer op die album, het nogal waves gemaak. Fundamentalists het dit seker weer as godslasterend gesien. Soos Liewe Heksie. Hey, dit reflect die moderne sienswyse van vrydenkende mense in ons samelewing. Organised religion se dae is getel en Hozier beskryf sy eie misnoë daarmee. En sy oplossing? Liefde en seks. Dis of baie fokken vlak of actually prolific en hy slaan die spyker op die kop. Besluit jy maar oor daai een. Hang on, ek gaan gou digress. Ek luister nou net na Jackie and Wilson. Is dit ‘n tweak van Jacky Wilson Said? Ek het gewonder of ek iewers bietjie Van Morrison influences gaan ontdek. En daar is dit. Net die manier hoe sy stem op ‘n funky laid back manier laat roll en daai pauses. Yup right there.

Fok, nou connect ek met die tunes! En die begin van Someone New ook. Nog ‘n bietjie Van Morrison wat dan vloei in ‘n Wilson Picket vibe in. Sulke fifties soul. Dis soos om ‘n ui te skil. Actually het dit te veel layers vir die tyd wat ek het om hierdie review te skryf. As ek dit vir nog ‘n week of twee kon luister sou ek ‘n hele ander review geskryf het. The sign of really fucking great music. Dit maak my excited terwyl ek luister en tik. Ek love daai gospel choruses op Angel of Small Death & The Codeine Scene. Wow, man. In a Week. Is ek terug uit my digression of fok ek weer in ‘n ander rigting? Wag so bietjie, so dis waaroor ‘n paar critics gemoan het? Die death theme in In a Week is graphic en maybe Nick Cave kind of strange – maar wat’s fout daarmee? Dis ‘n duet saam met Karen Cowley. Ken haar glad nie maar sy het ‘n stem soos ‘n nagtegaal. Eternal Love, met ‘n ietwat macabre twist, maar nog steeds beautiful. It Will Come Back is weer ‘n lekker blues song. Stadig, sexy, gevaarlik en onheilspellend.
Don’t let me in with no intention to keep me, Jesus Christ, don’t be kind to me, Honey don’t feed me, I will come back.
Wel ek hoop Hozier kom weer terug.
Gaan discover die res van die album julle selwers. 9 uit 10!

RolbeesChris Cornell se Higher Truth en Hozier se debuutalbum. Kief tunes!

Comments

  1. Lee

    Rolbees – Dave Grohl het volgens die interweb saam Sam Smith die nuwe Bond Song geskyf.

Gooi Comment