Disturbed, maagseksmusiek en Iron fokken Maiden, pappie!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Iron Maiden – Book of Souls
Ek kry so dag of wat terug ‘n boodskap van ‘n ou skoolpêl van my. Ons het bietjie kontak verloor die afgelope paar jaar maar hy tune my hy het die vorige aand gesit en black metal luister en uit die bloute onthou dat ek metal musiek (broadly speaking) aan hom voorgestel het. Ons was seker dertien jaar oud. En terwyl ek sy bedanking lees kom daar ‘n vlaag van herinneringe oor my en bly die res van die aand in my gedagtes. Dit alles terwyl ek na Book of Souls luister op repeat.

iron maiden book of soulsOn the surface was ons stoutgat laaities wat skelm gerook het, skool gebank het en nie bang was om die noodlot te terg deur na “duiwelse” musiek te luister nie. Maar ek moet bieg – ek het soms gewroeg met my gewete en was bekommerd oor wat met my gaan gebeur in die hiernamaals, wat die skool en kerk so fokken effektief as sielkundige strafmiddel gebruik het om ons te laat skuldig voel as ons kak maak. But for the life of me kon ek nie ophou Maiden luister nie. Dit was net te befok. Maak nie saak hoeveel onderwysers, my ouers, dominees of lekepredikers my getune het ek “mors” met my ewige lewe nie. Jy kan nie sommer rebelse kinders met ‘n halwe brein ‘n rat voor die oë draai nie. Anyway, ek kan nie specifics onthou nie maar een van die bands wat ek waarskynlik vir hom getape het moes obviously Iron Maiden gewees het. Probably hulle 1984 album, Powerslave.

Meeste Iron Maiden fans wat hulle sout werd is sal saamstem dat die album die quintessential Maiden album is – of at least een van hulle bestes. Die title track het ook die dood as tema. A theme not uncommon for Maiden. Ek het dit faktap geluister. Jissus, ek luister dit al vir ‘n kwarteeu en dit klink elke keer nuut vir my. In fact meeste van hulle albums tot en met Fear of the Dark (1992) kan ek oor min of meer dieselfde kam skeer. Skip maybe die debut album met Paul di’ Anno op vocals.

So hoekom maak Iron Maiden se musiek, lirieke, artwork, Eddie the Head (hulle mascot) en hulle hele image my nog steeds (na drie dekades) so excited soos ‘n tiener laaitie wat vir die eerste keer Powerslave gehoor het? Die mees prominente rede is deur Bruce Dickinson opgesom in ‘n BBC Hardtalk interview met Sarah Montague. In die interview vra sy vir Bruce of hulle al ooit gedink het daaraan om Iron Maiden se image te “mature”. Dickinson se antwoord is legend. Hy tune as jy ‘n laaitie is van sestien en jy experience goeie musiek of jy skryf musiek vir die eerste keer, voel jy of jy sweef. Jy voel befok! Dis hoekom hulle doen wat hulle doen. En hoekom verskeie generasies se fans die musiek en live shows so geniet. Sulke gevoelens en ondervindings moet jy ringfence teen die sinisme van die wêreld en ouderdom. Want society vreet dit weg! Dis hoekom Maiden nie “grootword” nie. Is dit nie hoekom julle verslaaf is aan Watkykjy nie? En dis presies hoekom Book of Souls so raakvat album is. Iron Maiden practice what they preach! Al vir meer as drie dekades!
iron maiden eddie the headEk was nie mal oor enige van die albums na Fear of the Dark (1992) nie, selfs nie eens nadat Bruce Dickinson weer by Blaze Bayley oorgeneem het op vocals nie. Ek skiem dit was 1999? Maar Book of Souls val nou summier onder my top 5 Maiden albums. Ja dit klink asof hulle bietjie van hulle energie verloor het en Bruce kan nie meer daai hoë note so kragtig en gemaklik bykom nie. But then again, as jy na van hulle ouer meer rustiger albums luister soos Seventh Son of the Seventh Son (1988) dan klink dit – wat die musiek aanbetref – of Book of Souls eerder dertig jaar terug opgeneem is. So perceptions of age can be deceiving maar jy moet in ag neem dat hulle al naby sestig jaar oud is. En tog bevat Book of Souls gatskoppers wat herinner aan Number of the Beast (1982) en Powerslave (1984) se energieke vinnige metal. Speed of light is een van daai hardrocking tunes wat sommer die hoendervleis toets ook slaag! Het julle al daai befokte video gesien? Fok my, dis die beste metal video wat ek nog gesien het! Death or Glory en When The River Runs Deep is nog twee gatskoppers wat optimale volume makeer. Maar dan is daar weer stadiger songs wat iewers tussen metal poësie en oorverdowende letterkunde val. As jy Rime of the Ancient Mariner (Powerslave) en die title track op No Prayer for the Dying (1990) kan onthou then… behold, die title track, Book of Souls en die kosmiese If Eternity Should Fail. Albei manjifiek. Maar Empire of the Clouds met Dickinson op klavier (vir die eerste keer ooit) is sonder twyfel die hoogtepunt van die album. ‘n Musikale meesterstuk van agtien minute lank. Die langste song wat hulle nog ooit opgeneem het.

Is daar nog redes hoekom ek nog steeds ‘n Iron Maiden fan is na bykans dertig jaar? Daar is baie. En ek sal nie eens Bruce Dickinson se avant-garde sukses in sy lewe en in besigheid in detail bespreek nie. Google is your friend. Ek sal op die musiek fokus. Die tydlose onderwerpe wat hulle optower en hulle uitstekende skryfvernuf is nog twee goeie redes. Dis glad nie kinderagtig soos Sarah Montague probeer insunieer nie. Amazing om te hoor hoe hulle gebruik maak van die Mayan tema van die ewige lewe en die konsep van ‘n menslike siel.

Die lirieke is mythical maar terselfde tyd ook relevant vir die nuuskierige 2015 homo sapien wat in ‘n meer moderne en wetenskaplik georiënteerde wêreld sy pad moet vind. So my kennismaking met Iron Maiden op ‘n jong ouderdom het wroeging veroorsaak oor die moontlikheid van ‘n ewige lewe. Nou dertig jaar later record hulle ‘n album wat daai wroeging in ‘n heel ander tyd uitbeeld. Ek sou dit deesdae meer intellektuele nuuskierigheid noem – in plaas van wroeging. Iron Maiden se collaborative skryfvernuf bring hierdie tema subtiel na vore in die verskillende stories wat hulle vir ons opdis. “Immature” musiek se fokken gat! Critici van Maiden verstaan baie keer nie waaroor die musiek gaan nie, word afgesit deur hulle horror movie image of is jaloers op hulle sukses. Hey if you don’t like it, that’s fine. As jy kritiek lewer moet jy weet waarvan jy praat though. Probably die mees intelligente metal band in die geskiedenis van die genre. Tears of a Clown is ook worth mentioning. Dit is opgedra aan die komediant Robin Williams wat die planeet uit eie hand verlaat het. Nie die beste song op die album nie maar ‘n awesome tribute to a legend.

Dis beslis ‘n 9½ uit 10. Up the Irons! Die hoogste score wat ek nog gegee het.

Disturbed – Immortalized
Dis moerlekker om Disturbed weer terug te hê nadat hulle bietjie ‘n break gevat het vir so vyf jaar. En hulle is terug met mening! Disturbed is veronderstel om die metal version van Nickelback te wees as jy mooi daaraan dink. Hulle albums klink essentially dieselfde. Dis asof Down with the Sickness die Homo Naledi is van hulle eie evolutionary proses. Hulle evolve ‘n bietjie maar hulle kom nooit by Homo Sapiens uit nie. So uit daai oogpunt behoort mense ook te moan oor hulle. Maar snaaks genoeg is hulle critici nie so wydverspreid en gedetermineerd soos arme Nickelback sin nie.

disturbedDisturbed kry ook nie hate mail nie. Ha! Ja wat, ek luister weer en weer en die tunes op hierdie album klink vir my nog meerendeels dieselfde as hulle musiek van ‘n dekade terug. Wat ek nie kan verduidelik nie, is dit pla my nie so erg nie. Ek love hulle musiek – al is dit massaproduksie metal wat nooit rerig evolve nie. Die verskil tussen Disturbed en Iron Maiden byvoorbeeld, is seker maar dat ek Disturbed nie so gereeld luister nie. Maar David Draiman se hardcore vocals en daai signature hardcore riffs bliksem jou tussen die knaters en die melodiese kitaarwerk gee dit ‘n magnetic appeal wat fans vir nog laat terugkom. Dit sluit my ook in.

Meaningful anti-establishment metal met commercial appeal was hulle game plan van die begin af. Wel, hulle was en is steeds suksesvol daarmee. Let’s face it, hulle vibes laat jou positief voel terwyl jy iemand soek om in sy moer in te bliksem. Metallica se positiewe haatmusiek het nie lekker gewerk met die St Anger album nie maar Disturbed se haatvolle positiwiteit werk soos ‘n bom vir hulle. Ek weet nie hoekom nie. Dit doen net. Iets wat my pla is die paar tunes wat meer bubblegum pop klink as metal en natuurlik hulle cover van Simon & Garfunkle se Sounds of Silence. Mara why? Hoop nie dis om meer fans te wen nie. Hulle het oorgenoeg. Dalk evolve hulle na die dark side toe? Doh. Sounds of Silence is nie ‘n slegte poging nie maar dan luister ek eerder na Ashton Nyte se cover. Baie donkerder en geloofbaar. Maar geld wat stom is maak reg wat krom is. En hulle maak sakke vol geld. Ek gooi hierdie tunes as ek bestuur en dit veroorsaak dat almal vir my waai en tekens wys! Roadrage en Disturbed! Flippen lekker in Gauteng!

7 uit 10 vir die versteurdes. Hou op om ons met vertraagde popmusiek te terg en julle kry 8.

Anthony Ventura and his orchestra – Music for making love
OK, na al die skop, skiet, ewige lewe en dood donder skiem ek kom ek try een van Richard Taylor se bargain bin viniel plate wat hy gesponsor het. En ek besluit toe op iets met liefde in die titel. Dit music-to-make-love-towas maybe my eerste fout. Wat in die naam van alles wat goed en heilig is het RPM records (onder Ariola) besiel om hierdie arme beeldskone stuk polivinielchloried so te besoedel en te besmet met musiek so kak en flou soos dié? Ek twyfel of enige iemand ooit kon spyker op die musiek? Of liefde maak – whatever jy dit wil noem. Maar dit het probably tot vrouens se voordeel gewerk. “Ag Pappa, sit vir ons daai ou stoute plaatjie op….wink wink”, tune Marietjie. “Goed Mammie” antwoord, Faans. Net as hy die kak opsit raak hy aan die slaap met ‘n paptrilletjie en mamma smile al die pad want sy het al uit verskonings gehardloop. Slim Marietjie! Maar hey, iemand het ‘n goeie idee gehad om die album verkoop te kry.

Die sexy ou kiekie op die album cover is al hoekom mans die kak gekoop het in 1981. Daar is twee lesbian gooste op die omslag met amper niks klere aan wat nou net beurte gemaak het om mekaar behoorlik vir ure cunnilingus te gee. Hoe weet ek dit? Want my imagination maak my meer jagser as die musiek, dis hoe. Essentially is dit Trevor Nasser kitaar, Richard Clayderman klavier en orchestra viool vibes. En sulke kerk orrel tunes. Are you kidding me? Maar wat dit nog erger maak, dis covers van daai cheesy seventies romantic kerslig restaurant musiek. Don’t Cry for Me Argentina, Whiter Shade of Pale, Killing me Softly en Save the Last Dance for Me. You get the picture.

Fok, imagine net jy moes elke keer opstaan om die fokken plaat om te draai. En dit sou mos net by fyndraai gebeur. Talk about coitus interruptus!! Let’s face it. Die musiek is so sexy soos ‘n meer senior krimpie in ‘n bikini. Maybe was daar ‘n mark vir dit as die soundtrack vir plattelandse ondergrondse krimpie porn. Al vyftig mense wat daai bloufilm gekoop het, het vandag nog steeds almal erektiele of vaginale disfunksie van al die trauma. Nee jy verstaan my verkeerd. Nie van die krimpie porn self nie. It’s natural, baby. Haha! Nou weet ons almal Richard Taylor is ‘n fan van daai tipe porn.

Nee, rêrig kom nou ek is ernstig- almal het dit vreeslik geniet. Hulle probleem was nie voortspruitend uit daai ou vuil VHS kasset met krimpie porn op self nie maar die horribale kak musiek in die agtergrond! Jirre! Moral of the story as jy van Richard Taylor se bargain bin koop moet jy ‘n openminded sin vir humor hê of ‘n krimpie porn fan wees!
½ uit 10. Want dis hoe jags die album my maak. Floppedie flop.
Stash-Banner2-728x90

Deel met jou tjommies!

    RolbeesDisturbed, maagseksmusiek en Iron fokken Maiden, pappie!

    Gooi Comment