Sideshow Bob maak StupidSport se Wêreldbekerspan.

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

StupidSport is deel van die DSTV pakket wat jou net so onder ‘n grand ‘n maand terugsit en die marabse daar het 24 uur voor die amptelike aankondiging wat vanaand gebeur, Heineken Meyer se Wêreldbekerspan bekend gemaak.

Okay, dalk nie bekend gemaak nie, maar Saru en SuperSport is mos kop in een mus.

Sideshow Bob aka Nik Naks aka Zane Kirchner het volgens hulle kort ronde mannetjie die paal gehaal, maar voor jy uitfreak (of dink dit is ‘n joke) kom ons check eers bietjie hoe valid die source is:
StupidSport roep hom ‘n “likely Bok squad” en as ons nou een ding oor die jare geleer het is dit dat ‘n moerse deel van die Bokbreier se paycheck deur die DSTV propagandamasjien betaal word. Seker nie direk nie, but you know what I mean…
zane kirchnerHulle reken die groep gaan soos die een hier onder lyk en dit is presies wat die manne by die Durbanse dagblad, The Mercury skiem.

Wêreldbekerspan:
Heelagters: Willie le Roux, Zane Kirchner
Vleuels: Bryan Habana, JP Pietersen, Lwazi Mvovo
Senters: Jean de Villiers (kapt), Damian de Allende, Jesse Kriel.
Losskakels: Pat Lambie, Handre Pollard, Morne Steyn
Skrumskakels: Fourie du Preez, Ruan Pienaar, Rudy Paige
Losvoorspelers: Duane Vermeulen, Francois Louw, Willem Alberts, Schalk Burger, Siya Kolisi
Slotte: Victor Matfield, Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Lood de Jager
Hakers: Bismarck du Plessis, Adriaan Strauss, Schalk Britz
Stutte: Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, Jannie du Plessis, Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen.

Chill net eers ‘n bietjie fokken uit, Sideshow Bob maak sin. Voor jy op die heilige Vrydag ‘n nuwe bruinstreep in jou panty gooi, chill net bietjie uit en onthou dat manne soos Marcell Coetzee beseer is en daarom nie in aanmerking kon kom nie. Wat Sideshow Bob aanbetref moet julle nou mooi na die Kaptein luister. Ek sou hom nie net in die groep kies nie, ek sou hom in elke game start. Once.

Sorry vir Willie, en al dig ek die bra se flare en slim skoppies en al daai cool moves, soek jy in ‘n World Cup solid stuk vleis in jou laaste linie van verdediging.

Heelagters: Kirchner bied presies dit en maak uit van finals rappie. Die bra het die manier om sy gat so na die een kant toe te gooi wanneer hy ‘n tackle opline en dit fok behoorlik met vleuels se koppe. Hy word nie maklik aan die binnekant geklop nie en hy is meeste van die tyd op sy plek.

Vleuels: Hier kan niemand seker te veel kla nie, maar JP Pietersen moet weet dat hy fokken lucky is dat hy ten spyte van ‘n sukkelseisoen die paal gehaal het.

Senters: Wereens nie serious surprises nie en ek is moerse bly dat Jean de Villiers daar gaan wees. Peter de Villiers bitch en moan behoorlik oor die (en ander kwessies) maar fokkit Div, jy het John Smit World Cup toe gevat. John Smit, bra! Smit was toe reeds drie jaar oor die muur en hy was die oorsaak dat ‘n baie beter speler (Bismarck) op die bench moes sit. Ja Div, jy kon Chiliboy gekies het maar jy maak mos nie uit van transformasie nie. Jean op 13, in ‘n rolstoel, met sy hande agter sy rug vasgebind, is ‘n beter besluit as die Smit-roete wat laaskeer gevolg is.

Losskakels: Morras? Seriously, Morras? Dalk is dit belangrik om hier te onthou dat die meeste rekords in ‘n Bokstrui deur die bra gehou word. Hopelik kry Lambie die nommer 10 trui.

Skrumskakels: Rudy Paige mag dalk net per ongeluk ons geheime wapen wees – dit is nou as hy speelkans kry. As…

Losvoorspelers: Alles cool, maar as Francois Louw seerkry sit ons sonder ‘n fetcher. Heinrich Brussow (maak hy dit nie) behoort op stand-by te wees indien so iets gebeur.

Slotte: Moenie verbaas wees as Bakkies Botha dalk op some stage ‘n please-call-me kry nie. Lood en Ysterbeth is solid, maar Victor Matfield en Pieter-Steph du Toit sukkel met beserings. En wanneer laas het ons gehoor dat spanne bang is vir ons physicality?

Hakers: Schalk Britz maak uit van European rappie en dit maak seker sin om hom saam te sleep. Hy is ook nie te bad op flank nie en ek is fokken bly Scarra gaan nie duiksakke rondra nie.

Stutte: As Coenie 100 gaan wees behoort ons nie te veel te worry nie. Maar worry gaan ons worry. Ek is ‘n Gurthro Steenkamp fan, maar tighthead is ons probleem, mos.

StupidSport Commentators: Hugh Bladen is vir alle praktiese doeleindes die stem van rappie in ons land, maar hy maak nie eers die bench nie. Dit is hoe stupid hulle soms my StupidSport is. Hy is ons eie Bill McLaren (google dit) en al is hy bietjie ouer as die res, maak hy steeds meer uit van die game as van die ander gatkruipers wat daar gaan wees.

Maar kom ons skakel vanaand in. Dalk is die name wat cloak ‘n dagger style vir `StupidSport gegee is nie reg nie.

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 66,941 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Kaptein KortbroekSideshow Bob maak StupidSport se Wêreldbekerspan.

Gooi Comment