‘n Belated Robin Auld, Aidan Martin en Gaslight Anthem review. Want dop.

In Rolbees Reviews deur griffin1 Eiertjies

Dinge het pre-Oppikoppi bietjie fokken hectic geraak hierdie kant by Watkykjy HQ, so verlede week was ietwat van ‘n fokop (om dit nou mild te stel), dus begin ons hierdie week met verlede week se review en daar sal ‘n tweede een ook wees teen Donderdag. Verlede week was soos om building rubble agter op die laaste bakkietrip te gooi terwyl die drywer wegjaag en vir jou ‘n zap gooi en al die kak in jou driveway land. Ons huils steeds, maar die trane sal mettertyd opdroog – griff.

Robin Auld
Fokkit, hierdie soutpiel surfer bra se stem is uniek. Wel eintlik is hy van Skotse afkoms, so no wonder dit het so ‘n hees melankolies-keltiese kwaliteit wat jou laat stil sit, luister en droom nie. Robin Auld is in Lusaka, Zambië gebore maar toe hy nog ‘n tjokkertjie was het hy saam met sy ouers na Kaapstad verhuis.

Ek het sy musiek leer ken toe hy ‘n local eighties pop icon was. Fucking hell, die verskil tussen daai eighties pop musiek soos All of Woman en sy hedendaagse musiek is hemelsbreed. Toe ek 9 of 10 jaar oud was het ek altyd tjoepstil gesit en luister as daai song oor die radio gespeel het. So op ons sitkamermat – verlore in my eie droomwêreldtjie te danke aan Radio 5 (in stereo). Ek het nou net weer die song op Youtube opgespoor en dit laat my steeds stil sit, luister en droom.

robin auld back of the lineNothing much has changed in thirty years. OK, Robin Auld se musiek het wel verander. Sy invloede is baie uiteenlopend en daar is nie genoeg tyd nou om die ontwikkeling van sy musiek oor die jare ten volle te verduidelik nie. Van Neil Young, Santana, Ry Cooder, Jimi Hendrix, Harry Belafonte tot Phili Tabane, Tony Cox, Louis Mashlanga, Madala Kunene, Steve Newman en Juluka. Hy het eers wegbeweeg van pop musiek na African roots, keltiese en blues tunes toe hy na die Verenigde Koningryk verhuis het in 1986. Gaan check bietjie sy webpage uit as jy extensively wil lees oor die bra: http://www.robinauld.co.za/history.asp. Hy het weer teruggetrek SA toe in 1992 en het nogal waves gemaak met sy 1991 album Love Kills. Love daai tune ook kwaai. Jirre, hy het seker ‘n stuk of 20 albums release oor die jare. Hoe de fok het ek meeste van hulle gemis? Imagine die progressie. Die laaste album wat ek gehad het van hom was Zen Surfing in the Third World (1994). Ek speel nou nog daai title track song faktap in my kar as ek op vakansie gaan.

Back of the Line (2014) is die negende album wat Auld op sy eie independent label (Free Lunch Productions) release het. Baie eklektiese offering en befokte roadtrip musiek as jy my vra. Imagine jy gooi die vibes en cruise in die Karoo terwyl jy daai petrol trap asof jy jouself met jou eie carbon footprint onder jou gat geskop het. Dis lekker blues, roots en folk wat my baie laat dink aan van Keb Mo se recent stuff. Roger Bashew tokkel die bass en Paul Tizzard slaan die dromme. Wat ‘n chilled out fees van slide geeetaar, Afrika kitaar vibes en goeie ou bekvleitjie. Moenie vergeet van daai unieke stem van hom nie. Dit vat my terug na ons familie se sitkamermat toe, maar die musiek is meer mature en sy stem pas beter by blues en folk as by pop.

Back of the Line is about so uiteenlopend soos sy musiekinvloede en tog het dit ‘n kontemporêre smakie ook. Wat songwriting aanbetref raak hy verskillende temas aan van elke surfer se bekommernis oor haaie wat ledemate dalk heel kan verslind (Back of the line) tot godsdiens (Caleb’s Calling en The Old Book) tot die traditional tune, Corrinna wat bietjie funky opgefolk is. Dan is daar ook ‘n cover van Bee Gees se Holiday met ‘n slight pop reggae ritme (en ‘n kief blues solo as ‘n added benefit) net om jou roadtrip meer atmosfeer te gee. My gunsteling tune is Let Go, ‘n song oor die lewe wat jou altyd onkant vang. Shit fucking happens nê. “Let go. You gotta let go. Every now and then momma, you gotta let go.”
Earworm van die week! Dis ‘n 8 uit 10 vir seker!

Aidan Martin Duo – EP
Bietjie weer iets uit my personal collection uit vandag. Om oor musiek te skryf is verskriklike harde werk. Not. Eina jissus, koes ek nou vir kantoor utensils. Dis ongelooflik rewarding as mense musiek (waaroor jy versot is) old school-aidanlike in jou hand druk. Die Rolbees leer nog hoe werk iTunes en Deezer en al daai kak man. Fok julle almal! Dinosaurs soos ek like nog van CD’s en vinyl.

Anyway, as jy connect met musiek is surprisingly moeilik om ‘n review te skryf. Try bietjie jou favourite musiek luister en probeer objektief wees daaroor. Maar OK, ek is een van daai Led Zep dissipels. Love us or leave us, baby. Net ‘n waarskuwing aan almal wat wil try om enige iets remotely naby aan hulle musiek aan te pak: Ek verander in ‘n genadelose doos as jy dit opfok. Dis soos laster vir gelowige mense.

Apparently is daar twee Pretoria-Noord malaitas wat nie bang nie. As jy die tunes op die EP mooi luister is daar nie net ‘n Led Zeppelin influence nie maar ‘n hele seventies acoustic folk vibe aan die gang. Fokken Wolmers. Hulle word selfs nou uitgevoer Slaapstad toe. There goes the neighborhood. Daar is net vier tunes op die EP maar wat my dadelik opgeval het is hulle is ‘n duo, right. Dis twee mense (vir die roomyskinders). Maar dit klink soos ‘n vol band? Hoe de fok?

Aidan Martin en Jorik Pienaar het in 2014 na ‘n series of fortunate events bymekaar opgeëindig in die Moederstad – waar hulle beide nou bly. By die eerste rehearsal het Jorik ‘n ukulele bass saamgebring en kon gemaklik ook die kick en high-hat bemeester terwyl hy die bass tokkel. Na ‘n paar maande van jam het die single Get Together die lig gesien. Dit klink of die song in die early to mid-seventies record is en dit het nogal ‘n southern folk rock feel to it. Great lyrics met menigte catchy riffs. Hel, dis nog steeds moeilik vir my om te glo dat net twee artists op die tune feature. Die percussion is minimalisties en sagter in die agtergrond maar dit klink net reg. Die Rolbees doen backflips terwyl hy die song luister! Dis hoe ek rol! Die tweede track is ‘n cover van Rory Gallagher se Going to my Hometown. Lekker Ukulele vibes. Aidan se stem klink baie soos Rory s’n en jy kan daai bass uke ook in die agtergrond hoor. Great cover!

Die laaste twee songs het beide verbintenisse met Led Zep en ek het genuine gehoop hulle maak my nie huilerig nie. Wag net, fok – julle sal nou uitvind. In my Time of Dying was reeds deur Blind Willie Johnson, Bob Dylan en John Sebastian gecover voor Led Zep ‘n ander tipe betowering uit die song voortgebring het. Maar die Aidan Martin Duo se version is nie ‘n copy van enige van die vorige monumental tunes nie. Jy tel ‘n akoestiese Led Zep vibe op maar hulle version is vir my meer Neil Young geïnspireerd met daai howling bekfluitjie. Aidan se kitaarwerk is pure southern folk rock en sy stem pas nogal besonders by die genre. Geen cringe worthy fokops hier nie.

Die laaste song is Robert Plant se tune Central Two-o-nine van sy 2010 album Band of Joy. Weereens ‘n folk cover wat respekvolle eer betoon aan die oorspronklike tune. So OK die Slaapstad Wolmers kom ongedeerd daarvan af en my enigste kritiek is net dat Aidan en Jorik meer Get Together tipe songs moet skryf en minder covers moet doen. Die musiek is ‘n 7 uit 10 werd maar ek gaan twee punte terughou tot die dag dat ek ‘n full original album met hierdie tipe vibes in my hande het! Die bras record tunes soos hulle funding kry so as jy befokte musiek wil support dan weet jy wat om te doen. Check hulle ook live uit as jy in Slaapstad is. Hulle werk ook aan ‘n electric Aidan Martin Trio EP wat einde September klaar record sal wees.

The Gaslight Anthem – Handwritten
Indie rock, college rock, heartland rock of what the fuck ever. Noem dit maar wat jy wil. Ek is ten minste eerlik met myself as ek sê I don’t really get it. As jy my ouderdom is (Generation X) moet jy gewoond wees aan baie meer befokte musiek en dit kan net onmoontlik wees dat jy dink die tipe musiek is enigiets meer as net mediocre. As jy ‘n Generation Y of Millenium kid is gaan doen bietjie research, my fok. Daar is baie meer life changing tunes in die anale van rock and roll opgeneem. Sure enough dis rock, en ek hoor dit, maar ek VOEL dit nie. En maybe is dit hoekom al hierdie tipe rock bands vir my dieselfde klink. Sure, dit kan op die radio speel en ek sal dit nie afsit nie maar ek gaan dit nie doelbewus luister as ek lus is vir goeie musiek nie.

Ek mag dalk soos ‘n ou suurknol met ‘n bloeiende hol klink maar ek hoor al weer ‘n pitch van some record executive in die boardroom wat ‘n verhoging wou hê. Toe almal weer sien, klink al die bands so boring soos hy. Rack ‘em stack ‘em and pack ‘em boys. Maak net seker dat die reseppie mooi gevolg is. Dis of dit, of hulle het die reseppie sommer self gememoriseer en toe verkoop. I don’t know which is worse.

Brian Fallon beweer hy was beïnvloed deur Pearl Jam en later punk rock musiek so al wat ek kan sê is: what the fuck happened? Hierdie musiek is ver van punk musiek af. As jy luister na 45 byvoorbeeld (major hit vir hulle gewees) dan klink dit meer soos ‘n neatly packaged produkkie wat jy van die rak af kan haal by Walmart as opposed to die angst en onvoorspelbare uitbarstings wat gepaard gaan met regte punk rock.

Dié band is so interresant soos verf wat besig is om droog te word. Gaaaap! Ek kan nie eens interesting shit plagiarise van die internet af nie. Zzzzzzzzzzzzzz. Laat ek net die drool van my mond af vee (het so bietjie aan die slaap geraak) voor ek ‘n 6 uit 10 gee. Dalk meer ‘n 5. You get the picture.

griffin‘n Belated Robin Auld, Aidan Martin en Gaslight Anthem review. Want dop.

Comments

  1. Waterkoppie no. 18952838

    Jis, die Rolbees Reviews is goud!

Gooi Comment