Mr Vos Vos, ek is fokken pê!

In Oppikoppi, Snotstories deur griffinRek jou bek

Hierdie jaar se Koppi was die jaar van die oordeelsfout gewees. Jirre, ek het kak beplan en lees verder, jong dame of heer, as jy hou van bietjie schadenfreude en dalk sommer ook uit my stupid fokken foute wil leer.

Ek het vir die eerste keer tussen die stages ge-surface toe Poverty Of Ideals begin jol het en daar oopmond gestaan en kyk na hierdie kliniese instrumental progressive jazzmetal band of what ever de fok jy dit wil noem. Jirre, hierdie ouens maak complicated musiek. Dis asof hulle cum laude uitgeloop het by die Universiteit van Hoërgraad Metal. Hulle het die stage ten volle benut. As jy ooit daaraan dink om byvoorbeeld ‘n drummer te word, moenie na hierdie ouens kyk nie. Jy gaan voel asof jy die talent van ‘n gebreklike aasvoël het.
0113_Poverty Of Ideals_D7A_9966_1Effens later die aand het Cortina Whiplash die Skellum stage betree en hulle was kakwarm gewees. Beide in gees en vlees. Hulle is hier naby die einde van hulle set gejoin deur Esmé Evakwaad wat as ‘n huldeblyk een van die ou Plank tunes, Luislang, aan Drikus opgedra het: “Die wêreld is ’n luislang wat aanhou druk totdat jy soos Jimi Hendrix in jou eie kots verstik”. Die marabs wat fan tickets deur Cortina gewen het, het hulle ook op ‘n stadium op die stage gejoin in ‘n goue spandex broek, bier oor homself uitgegooi en ‘n pelvic thrust of twee gedoen. Niks special nie. Iets wat enige dronk doos kan doen. Die ou kon bietjie meer hol geskud en gedans het. Jirre, of at least ‘n wawiel maak. Seker maar stage fright gewees. I are disappoint.
0119_Cortina Whiplash_D7A_2167_1Maar nie so disappointed as wat ek in myself was nie. Aking het laasjaar seker een van die beste local albums in ‘n baie lang tyd release en ek was dik amped om hulle vir die eerste keer in ‘n lang tyd op ‘n groot verhoog te sien. Die main stage het hierdie jaar groter gelyk as die vorige jare en Aking se crowd het fokken diep gestaan. Van die grootste crowds nog virre local act. Heavy support. Huge. Iets het vir my uit plek gevoel met hulle eerste song. Asof hulle nie die hele stage benut nie en net rondstaan en musiek jol. Ek het vir nog twee songs rondgestick en die ouens nie ‘n kans gegee nie. “Ek is hier om musiek te kyk ook, nie net om te luister nie. Die ouens gebruik nie die stage nie”, was my woorde aan ‘n tjommie net voor ek dikbek gefokof het.” Gods, ek is ‘n fokken tietkop. Ek is die volgende dag vertel dat dit moontlik Aking se beste show tot op datum was.
0121_Aking_D7B_7328_1Ek het Vrydagaand se kykgenot afgesluit deur Bitches Brew op die Builof Stage te gaan kyk. Op hierdie stadium het Phil, die bassist van Livingston saam rondgemission en ons het so tussen stages rondgeval en per ongeluk opgeëindig by Parlotones ook. Ons het dit uitgehou vir ‘n volle 40 sekondes lank. ‘n Mens Khan net soveel keer kyk hoe ‘n ou sy spinnerak maskara onder sy bowler hat laat uitloop. Die musiek is seker orraait, maar jirre die hele act raak nou bietjie lank in die tand na so amper 20 jaar. Tyd om julleself te re-invent, ouens. Ons is toe maar terug Bitches Brew toe vir die meerderheid van die set en het maar handoek ingegooi en gaan kappe maak by base camp.
0126_Bitches Brew_D7B_7826_1Bands wat op my to do list was vir die dag waarop ek uitgemis het was Filth, December Streets, Stoker en Bye Beneco. Fok man.

Saterdag het heel rustig begin. Kobus De Kock Jnr het bietjie vir die wilde prawns van Mordor worsies deur die draad gevoer in ons kamp en toe vat ek en nog ‘n tjommie, die Duitse documentary filmmaker, Basti, wat saam met Livingston travel op ‘n game drive om so bietjie wilde mense te gaan kyk. Ons het ‘n roomyskarretjie tune poeshard gespeel in die hoop om die rooigebrande District9-bewoners uit hulle gate te lok. Die video sal seker volgende week gereed wees. Een ding wat ons wel opgelet het was dat die buitewyke van Mordor heelwat leër was as verlede jaar. Dit moet sekerlik ‘n teken wees dat ons land se ekonomie poeshard genaai word, veral hierdie jaar. Hello, loadshedding! Hello, Zupta!

Ongelukkig het twee shows van Saterdag se line-up lelik ge-clash: Brixton se tribute show by die kleinbar en Livingston se eerste show in SA. So skuins voor sunset was Livingston die absolute hoogtepunt van Saterdag gewees vir my (en kakbaie ander mense). Toe hulle eventually Nude Girls se Blues Eyes cover as ‘n hat-tip, het die crowd hulle kak verloor. Nie dat hulle nie entosiasties was vir die eerste deel van die set nie. Inteendeel, dit was ‘n surprise om te sien hoe about almal saamsing en Livingston se lyrics ken. If memory serves me right, het hulle afgesluit met Chemicals en moes terugkom vir ‘n encore na ‘n oorverdowerende “We want more!” van die crowd af. Absolute goud. Hoendervleisoomblikke, even more so for them.0212_LIVINGSTON_D7B_0025_1

“Jy moet fokken rondhardloop en aapkak gaan. Jy moet die hele stage gebruik. Moenie laat ek jou vang stilstaan nie!” was my woorde aan Chris Van Der Walt, bassist van The Black Cat Bones vroeër die dag. Ek het die vorige dag mos Aking gesien en is mos ‘n fokken kenner van alles. Ek is ook ‘n poes. Mos. Derde song in die Bones se set in, spring Chris, land skeef soos ‘n drierandnoot en skeur sy knieg se kruisligamente. Morsaf. Dave Grohl-style tape hy sy been met fokweet wat vas en die show gaan aan. Hop rond soos Helen Keller, maar elke noot kom uit en die show is befok. Vroeër die dag was drummer Jason Oosthuizen al gesuip soos ‘n Sannieshof bouer en niemand het gedink dat hy dit eers tot op stage sou maak nie. Ek vermoed hy is so paar kruiwaens vol poesklappe belowe deur die res van sy band as hy sou opfok, want die bra se timing het niks makeer nie. Hy moes net eenkeer gedurende hulle set gou-gou backstage so paar mondkatjies maak en is toe weer terug agter die stokke om verder rock ‘n roll verwoesting te saai saam met sy tjommies. Great show, net jammer oor die been-storie. Dit het effens van die energie ontneem. Maar net effens.
0214_The-Black-Cat-Bones_D7A_8736_1Daarna het ons effens tussen so paar stages rondgefok, ‘n oor gegooi hier, ‘n loer gegooi daar en besluit om te settle op Sannie Fox se show by die Bruilof Stage. Vir omtrent 5 minute lank. As ek wat ons gesien het in twee woorde moet beskryf sou dit wees “utter disappointment”. Baie mense het dit nogal ge-hype en ge-rate voor die tyd maar dit het fokol vir my gedoen. Ek hoop om binnekort nog ‘n Sannie Fox show iewers te sien om my opinie te verander. Sorry, Sannie. Rain cheque?
0222_Sannie Fox_D7A_1364_1-3Vir die 23:00 slot het ons rondgemission om Full Swing by die klein bar en Nomadic Orchestra by die James Philips stage te kyk. Soos altyd was Nomadic Orchestra heavy energetic en het die crowd laat bons en by Full Swing het dieselfde gebeur: Lanie van Der Walt op die upright (double) bass, Michale Lesar oppie decks, Greg Georgiades met sy Ukulele en Thalia Sklair wat sing en dans in wat beskryf kan word as ‘n deftige 1920’s poespelmet. Nie eers Lanie se huge bass of Greg se belaglike ukelele kon die aandag aftrek van die hot meisie wat dans en sing nie. Dit was pragtig.
0224_Nomadic Orchestra_D7A_1521_1Dit was ook nie die einde van die aand nie. Dit was die begin van ons undoing. Ons het ge-deurnag en dinge het baie fokken blurry geraak… Wat het ek die laaste dag van Oppikoppi gesien? ‘n Band met die naam van Satanic Dagga Orgy. Waaroor gaan die musiek? Fokweet. Hulle het in onderbroeke gesing en dans en kitaar gespeel en ek het baie gelag. Wat het ek die res van Sondag gesien? Fokol. Gogol Bordello? Nie met ‘n oog nie. “Jy kan daai kak op YouTube kyk, man!” *vat nog ‘n sluk skoon vodka*. Ek is nogal die poes in vir myself daaroor, maar wat maak ‘n ou? Jy gaan maar weer volgende jaar terug en hoop jy fok nie op nie…
0302_SDO_D7B_3632_1Nog bands op my lysie wat ek fokken graag wou sien: Shark To a Gunfight, Southern Wild, Tweak (haha, noddefok nie), Albert Frost & Toya Delazy (spyt oor daai een) asook PH Fat (hulle het blykbaar kakbaie spandeer aan ekstra production value). O ja, en Tartran. Blykbaar was hulle fokken amazeballs (soos die gooses sou tune).
0202_Shark-To-A-Gunfight_D7B_8448_1En dit is hoekom daar befokte fotograwe soos Watkykjy se Big H is. Om af te neem wat dose soos ons mis en dit te verewig. Onse Henry het nagenoeg dertigduisend foto’s oor die Oppikoppi naweek geneem en die moments gaan uitsoek. Hy het gemanage om 79 bands af te neem. Dit moet ‘n nuwe fokken rekord wees. En dis nie kak foto’s van 79 bands nie. Dis fokken topklas. Gaan kyk gerus vir jouself op die Watkykjy Facebook page:

Oppikoppi Dag 1
Oppikoppi Dag 2
Oppikoppi Dag 3
0325_GOGOL BORDELLO_D7B_6335_1Vir ‘n beter, nog meer omvattende oorsig van Oppikoppi, lees gerus ook hierdie drie stukke:
http://mk.dstv.com/2015/08/09/oppikoppi-2015-dag-1-wil-jy-nie-saam-met-ons-kom-inkleur-nie/
http://mk.dstv.com/2015/08/09/oppikoppi-2015-dag-2-jys-n-nyala/
http://mk.dstv.com/2015/08/11/oppikoppi-2015-dag-3-die-verstrooides-van-afrika-en-die-moeilike-aksent/

griffinMr Vos Vos, ek is fokken pê!

Gooi Comment