Livingston, The Oh So Serious en Afrikaanse sokkie boktos. WHY?

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Livingston – Animal
Soms is Karma is ‘n bitch. Soms vol pleasant surprises. Nadat ek moderne rock bands verlede week só beswadder het dat die see hulle nie kan afwas nie kom daar ‘n band oor my pad wat die pendulum weer heeltemaal na die ander kant toe swaai. Maybe is befokte rock musiek nog nie dood nie. Of maybe is dit net so skaars soos hoendertanne deesdae. Maybe het ek opgehou luister. Maar ek sal nooit om verskoning vra vir my uitlatings oor bands wat seemingly donker sielvolle musiek net plein opfok nie. Ek sal dit van die hoogste kranse af skree. Dieselfde met bands wat hulle kreatiwiteit inperk in klein boksie-genres. Dit gaan nie oor geld maak nie. Maybe is dit wat “selling out” beteken? Wanneer jy kreatiwiteit prysgee vir watookal rede. Livingston het al probeer om daai tipe musiek te maak. Beukes Willemse erken dit self. Dit het nie gewerk nie. Animal is die eerste album van Livingston wat ek deurgeluister het en die album se diepte het my onmiddelik laat assimileer. Ek was dadelik op hulle frekwensie. Ek gaan nie hulle ouer albums explore voor ek nog nie oor hierdie album is nie. Nevermind Chemicals in my bloedstroom. Dit het ‘n moerse footprint gelos in my fokken siel. Jissus.

Beukes en Chris van Niekerk is oorspronklik van Suid-Afrika, Jakob Nebel en Jan Siekmann is van Duitsland (Berlyn) en Phil Magee kom van die VK af. Nogal diverse. Dis nie nodig om hulle musikale talente te analiseer nie. Trust me dis ‘n given. Hulle is al dekades in die game. So hoekom like ek dit so kwaai? Hulle musiek het net daai iets anders wat hulle uniek maak. Maar wat is dit? Ek wil ‘n traan pik as ek hoor hoe hulle die vaandels van eenvoud, emosie, misterie en kreatiwiteit hoog laat wapper. Dis mos my fokken rock and roll. Ek is seker hulle diverse nasionaliteite moet ook bydrae tot hulle uniekheid.
livingston-by-oppikoppiDie laaste keer wat ‘n rock band in hierdie genre (wat nie uit die negentigs en vroeër kom nie) my so hoopvol gemaak het was maybe early The Killers. Maybe een of twee albums van Linkin Park. Maar Livingston se musiek het net daai alternative edge wat Wayne Hussey so sonder effort kon optower in die goth heydays. Dis waaraan hulle musiek my herinner. Daai ou nineties goth love songs wat in my siel woeker en slapende demone wakker maak en hulle ontstig. Daai donker misterie waarna ek altyd smag as ek die radio aanskakel en die musiek wat uit die speakers ontsnap is so plastic en eendimensioneel ek wil kots. Bleh. Die songs op Animal vloei een na die ander soos vloeiende strome water in ‘n donker see in. Maar die ultimate trick van hierdie tipe rock musiek is om jou fans te betower en te inspireer, en nie om hulle te depress nie.

Livingston kry dit uitstekend reg. Dis nie eens nodig vir my om vergelykings te maak hier nie. Gaan luister na Big Mouth en jy sal verstaan presies wat ek bedoel. Meeste songs op Animal gee my hoendervleis. Ek kon hierdie album meestal net op rou emosie review want die musiek, lirieke en al die ander tegniese kak was perfek in plek vir my.
Ja, it’s that fucking good. 8½ uit 10. Welkom in Suid-Afrika julle befokte toordenaars!

The Oh So Serious – Lo Fi Hoax
Modern folk musiek. Deesdae is die genre so wyd soos al die verskillende gode se genade. Sometimes I love it – sometimes it gets too much. Ek het Vana and the Oh So Serious vir die eerste keer live gesien in ‘n smoky Steak and Ale, way back when. Dit was net Vana en ‘n girl met ‘n viool as ek reg onthou. Too long ago for detail. Ek onthou net my eerste impressions was hulle musical careers gaan afbrand. Skiem ek was nogal verkeerd oor die band. Jammer or die plek though.

oh so seriousDis net ‘n paar jaar later en die progressie was steady as she goes. Ek geniet hulle deesdae live want hierdie tipe musiek is ideal vir musos om te improviseer en eksperimenteer terwyl hulle bos gaan op stage. Dit gee ons fans weer iets om te aanskou en te geniet. Folk met ‘n titseltjie jazz (of soms blues) partykeer. Passie en talent in the Oh So Serious is daar ook volop deesdae. Passie is aansteeklik. Good music is in the eye of the beholder (of beerholder). Maar OK, translate hulle live big band folk vibe wat ek leer ken het met Groot Marico op stage genoeg op die album? Ek weet nie, kom ons checkityt. Mouthing off is nogal ‘n crowdpleaser met catchy riffs, bekfluitje en viool wat die opgevoede hillbilly in jou kan uitbring.

Ek kry soms net ‘n glimpse in Vana se musiek van een van sy groot inspirasies. Die draadloos meesleurende folk vibes van none other than Valiant Swart. Klink so bietjie trekkerig (in a slow good old country kind of way). Love Hoax gaan oor die liefde – wat niemand anyway verstaan nie. As jy nie daai country vibe like nie gaan jy die album probably mooi moet fynkam. Maar soms spice hulle dit op met funky viool en Vana se “hee haw” Gordon Gano-ish vocals. Dis nogal ‘n unieke klank all round.
Ek love die Violent Femmes kwaai, hence ek digs Vana se vocals. Holiday song is my gunsteling. Bietjie bluesy met ‘n jazz spice included in the mix en lyrics wat nooit irrelevant sal raak nie. Why the fuck are we working so hard everyday? We should be on holiday. Wat van bietjie folk blues met violin solos? Liquor store bound. Poverty, booze en fokol liefde. Klink about net reg vir my. Dankie tog die lirieke is included in die CD. Dis iets wat verlore gaan deesdae.
070_The Oh So Serious_DSC_5203_1Jirre, bands neem aan jy gaan hulle tunes op iTunes download en die lyrics gaan net magically in jou kop verskyn. Meeste local bands se lyrics is nie op die net nie. Of course wil ons die lirieke lees soos stories! Tensy jy dit wil wegsteek want dis ‘n klomp gobbledygook stront. Jy kan selfs sonder om die CD te luister hierdie cover optel en Vana se lirieke lees. Dis mos nie sokkietreffer kak dié nie.

Ek gee Lo Fi Hoax ‘n solid 7 uit tien! Dis ‘n great album maar ek dink hulle kan nog meer larger than life songs optower in die toekoms. Die Groot Maricos en die Mouthing Off tipes. Lekker Vana!

Grootste Afrikaanse Sokkie 10
36 Sokkie treffers. God. Hoe gaan ek hierdeur kom? Cheese overload en ek het nog net die eerste song gehoor. Kurt Darren se Seerower is heel fokken eerste. In die geskiedenis van Afrikaanse musiek was daar nog nooit so kak song geskryf nie. Ek sal nie die stront kan geniet nie al is dit die laaste ding geskryf deur die laaste kunstenaar op aarde na ‘n kernoorlog (waarin net vyf mense oorleef het). OK een van hulle moet seker Kurt Darren wees dan. Whatever, selfs al is dit my enigste kans om ooit weer enige musiek te hoor na dekades van oordowende stilte, en hy sing daai kak op sy backtrack kompertjie om ons morale te probeer boost – sodat die laaste vier mense op die planet kan oorleef – sal ek my ore toedruk, bitterlik ween en Led Zeppelin lirieke (verwronge en vals agv tyd en amnesia) neurie terwyl ek wegkwyn. Kan ek nou maar ophou?

Ek dink nie my review gaan meer positief raak nie. Ek ken meeste van die kunstenaars se musiek glad nie en ek het ‘n definitiewe gevoel dat ek nie wil nie. Ek dink ek gaan net hou tot die eerste tien songs anyway dan gaan ek probably weer angsaanvalle kry, kots of in my broek kak. Dalk alles tesame. Maar OK laat ek try professioneel wees. Ek het net krag vir ‘n paar random tunes. Hey, daar is ‘n ou met die van, Dylan. Ray Dylan met sy treffer Seblief. Miskien is Bob Dylan een van sy influences…..OK nee jissus forget it. Nts nts nts nts creepy tappit techno pick up song. Rolling on swiftly.

Dis verstommend dat al die songs basies dieselfde klink. In my mind’s eye sien ek net tappit mense wat langarm. Behold, the golden calve – die musiek wat die oorgrote meerderheid Afrikaanse mense in Suid-Afrika wil hoor. Waarop hulle daai hardverdiende geldtjies spandeer. Soos Pierre Rossouw se Jamblikke (visblikke visstokke minirokke). In sekere plattelandse families se sitkamers is hy almal se hero, en dis fine, maar in my my hart pyn dit van daai voice pitch correction. Robot musiek vir klein robotkindertjies en hulle robot mammies en pappies.

afrikaanse musiekWat maak Bles Bridges hier? Het hy nie protesoptogte gereël teen sokkies in die tagtigerjare nie? Ek skip daai tos sommer summier. Nicholis Louw se Soos Dinamiet klink kakker as karaoke – dit klink soos ‘n laerskool lightie wat oefen voor die spieël. Talentlose, passielose stroperige stront. Wat van Monique se Pienk Champagne. Ok die liedjie begin goed – bietjie meer emosie in die vocals – is daar potensiaal? Ennnn die chorus skop in en ek wil pienk sjampanje kots. Dieselfde ou reseppie. Gerrie Pretorius? Die reïnkarnasie van Bles Bridges. Skip onmiddelik.

En voor ek myself kon kry is ek vasgevang in die middel van ‘n Sokkietreffer CD nagmerrie. Ek weet nie watter kant toe nie en ek kan nie wakker word nie! Al die songs en die gesigte van die sangers beweeg deur my soos bose goblins en ek laat ‘n paar angskrete ontsnap. Seblief! Seblief! Make them stop. Voor ek die ewige verruil vir hierdie kak nagmerrie, hoor ek ‘n klein bietjie hoop. Dogters van Man se Die gras is altyd groener is net so groot pot kak maar dis so 20% folk. Dis goed genoeg vir my op die stadium om uit my katatoniese toestand te ontsnap en weg te rol uit die nagmerrie.

Fok, ek gee dit ‘n 1 uit 10 terwyl ek angsbevange rol en terug kyk….rol en terug kyk. Jissus nooit weer nie.

RolbeesLivingston, The Oh So Serious en Afrikaanse sokkie boktos. WHY?

Comments

  1. Barry Groenewald

    Met verwysing na die sokkie treffers review – die probleem is nie net die “kunstenaars” aan wie se pogings ons blootgestel is nie. Ek het opgemerk dat al die verskillende “bekende” kunstenaars dieselfde studio musos gebruik op hul albums. Van Juanita deur tot Allan Ladd gebruik dieselde core muso’s om die musiek te maak. Dit is nog `n rede waarom meeste van die Afrikaanse musiek klink soos aural wallpaper. Die ouens wat op die cd’s speel is almal baie goed maar dit klink dieselfde – daar word nie sommer kanse gevat met `n nuwe klank nie.

    Ongelukkig sal die regte kunstenaars soos byvoorbeeld Piet Botha / Jack Hammer nooit 100,000 cd’s verkoop nie want die klank is nie die worsmasjien effek wat die ander ouens het op hul albums nie. Rian Malan se album is net so goed maar daar is niks op waarop ons kan skoffel nie so bogger hom ons luister eerder Skoffel Jou Gat Af…

    K.O.B.U.S. is een van die beste bands in die land met baie goeie produksie en die mense daarbuite sal dit nooit weet nie want hulle doen nie die skoffel treffer ding nie behalwe miskien iets soos Sokkietreffers 666 – Die Duiwel Is Los!

    Jy het die goue kalf genoem en jy is reg, solank Bokkie, Rokkie & Sokkie kan rym sien die mense net Dollar tekens, en die ou volkie smaak dit ongelukkig sterk.

Gooi Comment