Watkykjy Oppikoppi ticket wenners. Plus score nog twee met Cortina Whiplash!

In Kompetisie, Oppikoppi deur griffinRek jou bek

Voor ons by die Watkykjy ticket wenners kom vir Oppikoppi 2015:
Die mooi en gawe meisies van die all-chick rock groep, Cortina Whiplash het ook twee tickets om weg te gee vir cortina whiplashhierdie jaar se Oppikoppi festival. Hulle jol die eerste aand (Vrydag 7 Aug) om 20:00 by die Skellum Stage. Hulle launch ook hulle nuwe album, I Do later in die jaar en as deel van die promotion en celebrations, hou hulle die Saterdag ‘n moerse bitchelorette’s party by die kleinbar. Hulle kort twee exotic dancers vir daai party (ek sou raai een dude en een chick, maar dis op die ou einde hulle besluit) en gee twee tickets weg. Al wat jy hoef te doen is om ‘n kiekie of ‘n clip van jou dans moves op hulle Facebook page te post – https://www.facebook.com/cortinawhiplash en Cortina en Oppikoppi in jou post te tag. Jy is welkom om die entries na Watkykjy toe ook aan te stuur, maar dit kan die proses dalk vertraag, want die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag, 4 Augustus.

Hier is ‘n kort clip waarin hulle verduidelik wat jy moet doen:

As jy nog nie tickets het nie, beter jy vinnig hier gaan kry, want daar word nie verder weggeee deur ons nie. Ons het aanvanklik 4 tickets gehad, maar het net twee wenners gekies omdat mense nie lees nie en photshop jobs ingestuur het. Of net bloot kak entries afgerammel het. Knoeiwerk en varkore score nie vir jou tickets nie. No food for lazy man. Baie geluk aan aan die volgende twee ouens wat die brief ge-nail het:

Craig sloane (hy het sommer ‘n PDF ook ingesluit met foto’s van al die angles af. Goeie werk):
craig sloane

 

Darryl Wienand het sommer sy eie kar ge-pimp:
20150704_125150_resized 20150704_135158_resized 20150704_135256_resized 20150704_135351_resized_1 20150704_135447_resized_1 20150704_135526_resized_1

 

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy Oppikoppi ticket wenners. Plus score nog twee met Cortina Whiplash!

    Gooi Comment