Tille, skille en pille. Lindemann, Albinobeach en Black Veil Brides word ondersoek.

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Guttentag Sexuelle Abweichler!

Vandag sal al die jagse naaiers Rolbees se reviews geniet. Ons raak lekker raunchy, baby! Om meer spesifiek te wees, Rolbees cringe vir Till Lindeman se faktap fetishes, raak filosofies oor Black Veil Brides en ontdek die eklektiese wêreld van Albino Beach!

Till Lindeman – Skills in pills
Word jy maklik offend deur seksueel eksplisiete materiaal of jy is een van daai klein roomyskinders wat op die internet rondtos? Klim nou af, Boetman – ons gaan jou fokken ma bel. Of maybe is jy op die “verkeerde” site, Gertruida? Ons bel jou man by die werk, stoute ding! Nudge-nudge-wink-wink. Ok, julle is almal gewaarsku – Till Lindemann se side project saam met Peter Tägtgren (Pain, Hypocrisy) is basically een groot audio-fokken-naaifees met ‘n lekker skewe sin vir humor. Gooi sommer baie Viagra en ander pille by in die mix. Net vir die wis en onwis. As jy na songs soos Fish On, Cowboy en Fat luister gaan jy voel asof jy vir twee ure in ‘n orgie was (saam met ‘n verskeidenheid freaks van beide geslagte) van groot en scary tot petite model pornstars tot cowboy male strippers. En wel, maybe een of twee keer het een of ander kollosale sweterige Duitse man met net ‘n speedo om sy nek jou per ongeluk in die hol genaai. Jissus nee! Golden Shower het my laat cringe – fok, Lindemann.

As jy wil uitvind of jy ‘n golden shower fan is vra jou stukkie om ‘n plassie te maak op jou worskas as julle weer sexy time het. Ek het nou net so bietjie in my mond gekots. Meeste van die tunes gaan jou anyway jags maak terwyl jy probeer headbang. Die natuurwette (van alles wat goed en heilig) is kan jou net tot een konklusie laat kom – dit moet net té ongemaklik wees om met ‘n horing te probeer headbang. Die woord kop-aan-kop botsing kry ‘n hele nuwe betekenis. Jy moet fokken goeie ritme hê, pappie.

Maar OK, ek praat nie net met julle hetero freaks nie – gay misfits sal ook genot put uit byvoorbeeld Ladyboy. Probeer nog uitfigure wat de fok daar aangaan? Anyway, na ek hierdie album geluister het het ek gevoel soos ‘n kuise ringkop predikant. En ek bedoel nie die Jimmy Swaggart tipe nie. Skills in Pills het iets seksueel afwykend en aanloklik vir almal. Dis way anders as Rammstein se stuff. Minder aggressief en donker – meer goofy (albeit seriously faaahking twisted). Die heavy riffs en industrial komper vibes is obviously nog daar maar dis meer Rammstein Lite. Ek sal nie weet hoeveel van Rammstein se vorige songs só X-rated was nie? Ek kan nie fokken Duits, Russies of Spaans verstaan nie. Ek weet net van Pussy op Liebe ist für alle da. As jy gedink het Pussy was porno dan moet jy eerder Justin Bieber of iets gaan luister. As jy so na die title track luister sou jy gedink het die album mag dalk meer reference tot drugs hê. So indien dit ‘n konsepalbum is sou ek dit eerder beskryf as seks, seks, seks met ‘n bietjie drugs by. Dis moeilik om dié een te rate – ek like dit kwaai maar dit kom nie naby Rammstein nie. Children of the Sun is probably meer in Rammsteiners se kraal. So ‘n mortality wakeup call tussen al die seks en drugs. Die offering is net eenvoudig ‘n moet as jy ‘n fan is.
Ek sal veilig speel en 7½ uit 10 gee.
lindemann
Black Veil Brides – Wretched and Divine
Kan nie uitfigure of die laaities befok of posers is omdat hulle soos Motley Crüe en Kiss probeer lyk nie. Ja, ja I know, times have changed. Die eighties metal en nineties grunge eras is long gone. Die Rolbees abides. Commercial metal is net deesdae oor die algemeen ‘n bietjie tos. Hulle tune die kitare sagter, bly weg van complicated solos af – want modern axemen speel meestal kak kitaar en is eintlik glad nie axemen nie. Dave Mustaine moan altyd daaroor. Hy is fokken reg, skiem ek. Daar is sulke Linkin Park signature vocals te bespeur in ‘n hele klomp rock en metal bands deesdae. Sagte poesbedroef vocals wat in morph in anthemic voor-in-die-koor vocals. Dis ‘n ou reseppie wat my partykeer irriteer. Don’t get me wrong – ek like dit seker ook. Wonder net hoe “metal” van hierdie bands nou rêrig is.

Maar Black Veil Brides is darem nie te pisserig nie. Ek is mal oor konsepalbums. Probably omdat jy hulle moet deurluister sodat jy die storie kan volg. Die laaities is vir seker nie dof Sunset Strip Metalheads nie. Dié album se tema is (no-fucking surprise) anti-establishment maar hulle benader dit met ‘n bietjie meer intellek as wat Motley Crüe back in the day gedoen het. Daai dae was die rebellie se boodskap net fortuitous geweld, seks en drugs. I have to admit that at least. Om afgepis te wees met die government en kerk omdat beide mind control uitoefen op ons arme minions en vrees in ons inboesem is waarop rock and roll se rebelse fondamente gebou is. Maar die manier hoe jy die boodskap oordra kan jou album maak of breek.

Hulle het dit ‘n stap verder gevat as byvoorbeeld Linkin Park se Thousand Suns. Black Veil Brides het ‘n hele fictional cartoon wêreld en storielyn geskep rondom die tema. Nogal kief sou ek sê. Religion is nogal ‘n sigbare tema wat bykans dwarsdeur hulle albums verweef is. Dis nogal fokken interesting vir my. As jy na hulle lyrics luister sou jy dalk vir ‘n oomblik dink die band is religious of at best spiritual. Maar op menige interviews verklaar hulle dat hulle nie is nie. Hulle gebruik net religious temas in hulle musiek omdat dit deel is van die Westerse samelewing se ontwikkeling en omdat dit deel is van ons alledaagse lewens – whether we like it or not. Nogal fokken sensible vir kids wat met lang swart hare, make up en tattoos in die publiek verskyn. Judge ye not… maar rock dit my ballas af? Probably not.
So 7 uit 10 vir die Black Veil Brides sal generous wees.
Wretched_and_Divine-_The_Story_of_the_Wild_Ones_(Deluxe_Version)
Albino Beach – Cacophonic
Die eerste keer toe ek die album luister het ek aan die slaap geraak. Dit was bietjie te eentonig na ‘n ruk. Jy moet in die regte bui wees vir dié tipe musiek. Waar is die fokken sanger? Het hy vergeet om daai dag op te daag by die recording studio? Ahh sorrie, my bad dis ‘n instrumental album. Kwaai eksperimenteel. Soms meer as wat Tame Impala al kon optower. Maar baie meer chilled out met tye. So met die invalslag voel jy die verlengde aangrypende kitaar solos van I hope you choke on that cherry. Dit gee my flashbacks van Nirvana se feedback frenzies. Op A ‘jole One word die ritme uitgebrei na reggae jams toe. Elke song het ‘n ander invalshoek. Emeralds se kitaarspel is betowerend, begin akoesties en ontwikkel na meer heavy riffs toe. Op Stay Put, Mom! (fokken kief song name) is daar feedback van mal kitare wat draai rondom ‘n “rave” beat soos ‘n mot om ‘n kers. Rol maar vir jou ‘n zolletjie as die skoen jou pas. Stille waters diepe grond onder, draai die fokken duiwel rond.

Daar is baie meer op hierdie album as wat mens met die eerste luister ervaring kan waarneem. Jy gaan dit ‘n paar keer moet fynkam. Die kitare is meestal toned down – jy is nog in musikale meditasie dan ontplof daar ‘n skreeuende elektriese kitaar solo reg fokken voor jou. Nou en dan is daar kief sound effects wat die belewenis nog meer geloofwaardig maak. Jy luister hierdie tipe musiek op dieselfde manier as wat jy Pink Floyd luister. Alleen in eensame bepeinsing. Summer Cramp is die beste voorbeeld. Jy kan net op die klanke spring, jou oë toemaak en saam reis na plekke waar jy nog nooit eens was nie – sonder om te beweeg. Ek gaan nie eens probeer genres nitpick hier nie. Cacophonic is ‘n befokte eklektiese offering. Ek is mal oor die album cover. Fokken awesome! Maar jy gaan die een óf voel óf nie.
Ek het dit amper gemis… vandag is die dag van sewes.7 uit 10!
albinobeach-702x336

Deel met jou tjommies!

    RolbeesTille, skille en pille. Lindemann, Albinobeach en Black Veil Brides word ondersoek.

    Gooi Comment