heineke

Meyer bly ons man, al maak hy donners dikwels droog.

In Uncategorized deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Die Wallabies het eergister die Bokke 24-20 geklop en elke rugbyliefhebber is meer as ‘n bietjie boos dat ons ‘n 10-punt voorsprong in ‘n kewssie van minute so kon wegmoer. As jy gou deur jou Vleisbroek gaan sal jy sien die Bokbreier se kop is weer op ‘n blok – elke Jan Rap en sy maat skiem dit is sy skuld, cause the buck stops with him, right?

Net ‘n week of wat gelede het die grootste Afrikaanse Sondag koerant in die heelal aan ons verduidelik dat die afrigter weens beserings in “Tamatiestraat ” aka Kakstraat sit – tog was swak taktiese besluite oftewel eksperimente die hoofrede vir die laaste loesing. Die coach werk met ‘n plan en die week se plan het derduisende mense goed afgepis, nes OUTSurance my elke bliksemse maand afpis.

Ek skiem egter om die Bokke te coach is seker dieselfde as om ‘n semi-professionele skisofreniese tjerrie van Waterkloof (of Plattekloof of some supposedly ryk buurt) te probeer date. Jou tjommas tune jou almal lank voor die tyd dat dit ‘n kak idee is. Jy weet self dit kan in jou gesig opblaas, maar vir een of ander rede vat jy die plunge en hoop vir die beste.

Jy commit alles wat jy het en die dankie is ‘n klomp tos comments deur dronk boneheads op Snort24. Yup jy moet iets snort om daai kak comments te kan lees.

heinekeKyk dudes, Heinken Meyer was wel bewus van al die vibes (soos transformasie en dat politiek ‘n morese rol in rappie speel) voor hy ingestem het om die kakste job in die land te vat en aan die begin was dit seker, nes ‘n kens tjerrie date, ook lekker vir hom gewees. Saam met die job is daar prestige en handjiesvashou op die Gold Coast en uitstappies na Argentinia (soos hy dit sou uitspreek) en al daai drome van ‘n blink toekoms wat laat jou dink dat die persoonlike opofferings wat jy moet maak – die dinge wat jy aan jouself glo moet verander – die moeite werd is.

Kyk egter hoe lyk die bra nou. Ek hoop seriously iemand het “before en after” shots van Heineken iewers, want verouder het die man beslis verouder oor die laaste drie jaar. Maar hy het geweet dat hy ‘n wilde perd opgesaal het – nes daai Waterkloof special wat al haar klere by die second hand shops koop om kitsch of cool te wees. Ek wonder dikwels of ons coach meds vat om die pressure te handle.

En na gister se total fokops en al die fokops wat hy nog gaan maak, die weird besluite, die storietjies en verhale wat hom heel moontlik die volgende coach na Rudolph gaan maak wat nie ‘n TriNations of Rugby Championship gaan sien wen nie, tune ek julle nou once, dat daar steeds nie ‘n beter dude vir die job is nie. Julle experts wat hom wil fire – wie is jou replacement? Huh? So gedink…
wallabies springboksMy top 3 redes waarom ek skiem Heineken kan vir ons ‘n World Cup wen:
1. Motivation: Hy was die bra wat die Bulls gekry het om iets soos 94 punte teen die Reds in 2007 te score wat eventually tot die eerste Super 14 trophy in Suid Afrika gevolg gehad het. I mean, fokkit, ons gaan beslis so wonderwerkie nodig hê. En hoeveel afrigters huil feitlik elke keer as die National Anthem gepomp word?
2. Sy partners: 90% van die marabsies wat saam met hom coach is briljant in hul jobs. Kyk net hoe sukkel die Blou Nulle deesdae sonder daai spesialiste. Ek skiem selfs die bok waterboy het ‘n doktorsgraad in iets.
3. Sy spelers back hom: No offence P Divvy, maar mens het dikwels die idee gekry dat ou manne soos Dom, sorry, John Smit die belangrike besluite gemaak het. Met Meyer lyk dit meer soos ‘n geval van sy way of die highway en selfs ou Bulle soos Victor sal dit nie waag om sy oordeel te bevraagteken nie.

Kykie, daar is ‘n ton super tos moves wat bra Heineken nou al gepull het. Moves wat my laat dink hy is ‘n doos, maar onthou, hy is ons doos en doos bly koning.

Kortbroek se player ratings en advice na die eerste toets van die jaar:
1. Beast – Wanneer laas het ons daai “BEEEEAAAAST” vibes uit volle bors gekree? Lanklaas. Beast beter harden-the-fuck-up. Sorry bra, maar daar is about vier ander looseheads wat wag om jou job te vat.
2. Bismark – Goeie werk met daai rooi kaart wat vir hom tydens Super Rugby ‘n maand verlof gescore het. Die man lyk reg vir die World Cup. Steek hom en verwag ‘n PK of twee as jy weer ‘n bal try skop. Fokkit.
3. Jannie – Daai lopie op Bakkies was awesome want dit het soos ‘n stock standard Bakkies move gelyk. Aweh! Die deel teen die Aussies ook impressive. Ons skrum agteruit as hy nie daar is nie.
4. Ysterbeth – Hulle gaan jou mok en tart en ons verwag ‘n kaart of twee. Dis cool, keep u the good work.
5. Victor – Sy naam is Lood, leer hom al jou tricks want hy behoort na regte ons eerste keuse vir die World Cup te wees.
6. Flo – It caren’t be easy being one of very min soutpiele in the team, maar donner die bra jol lekker rugby.
7. Marcel – Ses, sewe whatever man. Sonder twyfel DIE beste keuse in Heineken se termyn as coach.
8. Scalla – My personal choice as Bok kaptein vir die World Cup en die enigste ou bal wat ek sal start. Rooiwyn, steak en fokken harde tackles. Aweh.
9. Pienaar – Verbasend goed oor die laaste twee weke. Kom ons hoop dit bly die geval.
10. Pollard – Sorry tjom, dit wil lyk of hulle jou ala Chiliboy Ralepelle style te vroeg in die diepkant in gemoer het. Soveel potensiaal, veral teen All Blacks. Korrel bietjie en hou moed.
11. Habanana – Die legend, die yster, die bra wat dalk, soos in 2007, ‘n moerse cool drie kan druk om ons gate te red. Bly om te sien sy tokse gly nie meer so baie nie. Adidas?
12. Damien – Lyk elke keer beter, maar daar is nog baie werk wat gedoen moet word. Kom ons hoop die dude kry genoeg kans om homself te vestig.
13. Jesse – Soos Willie gejol het verdien die bra die 15 trui. Op jou Vodacom stats app sal jy sien sy running meters tydens Super Rugby was moer baie. Solid op attack, nog nie ‘n toets 13 na my mening nie. Sorry.
14. JP – Het die bra ooit gejol? Het hom nie gesien nie. Hy kan Beast join en ‘n ekstra koppie harden-the-fuck-up kry. Ons weet hy kan baie beter. Sokkies optrek vibes.
15. Willie – Wat gaan aan? Ons is aan beter gewoond. Dalk moet hy vir Naka bel of iemand anders of net iets doen om die mojo terug te kry.

Die bench is dalk ‘n storie op sy eie maar al wat ek vir nou wil tune is dat ons daai windgat Hougaard (wat my soos ‘n loser op Twatters geblock het) nodig het. Hy tackle groot seuns hard.

In kort, back vir Meyer, back die Bokke en hou op maak asof jy ‘n kenner is. Ons is almal eintlik net liefhebbers.

Kenners kenner kenners, kenners wil ons wees!

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekMeyer bly ons man, al maak hy donners dikwels droog.

    Gooi Comment