So bietjie ’95 rugby world cup nostalgie.

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Fokken once. Joburg met ‘n moerse airplane wat oorvlieg en Madiba Magic en parties vir myle in die strate en die wêreld wat ons een moerse high-five gee omdat ons nou so befokte democratic land geword het en ons nou ewesieklik vergeet het hoe die Caspirs nog net die ander dag deur die townships gedreun het.

’95 my bra! En as jy nie die game onthou nie is sy dalk net jonk genoeg. Meanwhie was ons like 10-minute in die nuwe Suid-Afrika met geen benul dat ons eendag sou sien hoe die President van ons Rainbow Nation week-na-week deur ‘n bogkind getune word om die geldjies wat hy op sy kasteel spandeer het terug te betaal nie. #paybackthemoney

Daai dag in 95 was awesome. Ons het somehow geweet alles sou cool wees. Viva die Bokke, my bra! Leon Shuster moes at least ‘n ton albums verkoop het en ek wonder in hoeveel bars sien jy vandag nog daai famous pic waar Chester agter die paal wegkruip toe Joel die drop gemaak het? Hoendervleis.

Matt Damon het even hier kom kuier om ‘n (tos) movie oor die hele storie te maak en Francois Pienaar het min geweet hy gaan later Lays vir ‘n lewe chow. Legendary stuff! Dit was regting ‘n fokken exciting tyd in ons land wat intussen, ondermeer, in so klein korrupsie problem ontwikkel het. Ek mis daai dae toe rappie nog op die SAUK was en ons geluister het hoe David van der Sandt – sonder ‘n marabs touch screen, Breytie – vir ons verduidelik het hoe om vir Lomu te tackle. TopSport bra! Mabaleng!Nou is dit SuperSport betaal-jou-tiete-af-om-na-tietkoppe-soos-Campese te luister.

Lynstane was nog lynstane waar die manne actually moes spring en Kobus Wiese het nog nie daai topgun haircut gehad nie. Dit was ook die eerste jaar van Koppi as ek dit nie mis het nie. My kamer het daarna in een moerse World Cup Poster verander – yes daai span was met Lions gelaai. Ek wonder of ons eendag weer ‘n bokspan sal sien met soveel Lions daarin. ‘n Bokspan sonder Lions sukkel mos. Op die minste verdien ou Warren Whitely ‘n beurt by die Bokke nadat Vermeulen Ver-Duaune het.

Anyway, 95 was mooi en ons kan net vir Mbheki en Zuma dankie sê dat hulle so hard gewerk het om al die goeie dinge wat Madiba gedoen deur hul gatte getrek het.

Viva die Bokke, viva die slapgatgeit van ons government.

24 JUN 1995:  THE SOUTH AFRICAN TEAM GETS TOGETHER TO CELEBRATE WINNING THE WORLD CUP OF RUGBY AFTER DEFEATING  NEW ZEALAND IN THE FINAL AT ELLIS PARK, JOHANNESBURG.  Mandatory Credit: Shaun Botterill/ALLSPORT

24 JUN 1995: THE SOUTH AFRICAN TEAM GETS TOGETHER TO CELEBRATE WINNING THE WORLD CUP OF RUGBY AFTER DEFEATING NEW ZEALAND IN THE FINAL AT ELLIS PARK, JOHANNESBURG. Mandatory Credit: Shaun Botterill/ALLSPORT

Hierdie post is 3 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 60,885 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Kaptein KortbroekSo bietjie ’95 rugby world cup nostalgie.

Gooi Comment