Score tickets na Oppikoppi 21: The Fantastic Mr. Vosvos!

In Kompetisie, Oppikoppi deur griffinRek jou bek

Hierdie is moontlik die eerste jaar waar die eerste baba’s wat by die eerste Oppikoppi verwek is, klaarmaak met daardie 3-jaar BA graad by Tukkies. Dis reg, Oppikoppi is 21 jaar oud! Kan jy nou meer? Hulle is nou uiteindelik oud en lelik genoeg om wettiglik ‘n skuimkoppie deur die nek te jaag in ‘n kroeg in Amerika. Pa se groot seun!
*blaas kersies uit, sny koek en oorhandig een van daai groot, simpel silwer 21-sleutels wat mens by Cardie’s koop*

Ons het hierdie jaar 4 single tickets om weg te gee na die Oppikoppi festival, maar jy sal moet spring ou pellie, want die sluitingsdatum is om middernag, the Vos of July. Fok, ons bedoel the fourth of July.
*slaan so op knieg oor eie kak grappie terwyl melk so by neus uitspat*

Die kompetisie is heel fokken envoudig, soos Kanye West se lyrics:

#VosJouVoertuig
Huh? Ja man, ons bedoel pimp. Jy moet jou voertuig pimp en vir ons die results stuur. En met voertuig bedoel ons enige iets van jou stiefboetie se skateboard tot jou half-sussie se pram (stootwaentjie, nie tiet nie). Dit kan jou eie kar ook wees. Of jou bike. Jy kan kazozpype maak van karton, fenders van foelie, drukvlerke van duct tape, stuurwiele van styrofoam of ‘n hele dooskarretjie van scratch af bou met Omo bokste, melkboskies of whatever, en hom decorate met enige van Oppikoppi se 21 themes oor die jare. (gaan kyk hierso vir inspirasie: http://www.oppikoppi.co.za/timeline/)
vosvosJy het nou meer as ‘n week om daaroor te dink en die naweek om lekker te speel en kreatief te raak.
Jy het ‘n keuse tussen ‘n video maak en op YouTube te laai of om so paar foto’s met angles van jou voertuig aan te stuur. Maak net seker #VosJouVoertuig is iewers in die video se title of op jou foto’s en mail vir ons die results.
#VosJouVoertuig of #Oppikoppi21 (of beide as jy so voel) moet ook iewers op jou voertuig aangebring word.
Hoe meer kreatief jy raak, hoe beter is jou kans om ‘n ticket te score.

Reëls:
1. Lees asseblief fokken mooi wat hierbo staan en volg die instruksies.
2. Sluitingsdatum is Saterdag, 4 Julie om middernag.
3. Die inskrywings word met die span van Oppikoppi gedeel en hulle sal die 4 wenners kies.
4. Die pryse is 4 enkelkaartjies na hierdie jaar se Oppikoppi festival, met ander woorde daar sal 4 individuele wenners wees.
5. Ons gaan nie in e-mail gesprekkies betrokke raak aangaande jou entries nie, tensy jy ‘n wenner is.
6. Jy is welkom om meer as 1 keer in te skryf.
7. Jy moet 18 of ouer wees.
8. Jou entries moet gestuur word aan griffin@watkykjy.co.za, tesame met jou kontaknommer en ID nommer.
9. Lees weereens assefokkenblief mooi wat hierbo staan en volg die instruksies.
10. As ons in die wennertjies vasloop by Oppikoppi sal ons vir hulle sommer ‘n dop ook koop en high-5.

Vir die ouens wat nog nie tickets gekoop het nie:
https://facebook.plankton.mobi/Events/EventBooking/791a9761-4238-496f-ba57-89847d9d3863

Hier is ‘n lys van hierdie jaar se befokte line-up:
http://www.oppikoppi.co.za/artists.html

En hierso is verblyfie vir jou lyfie:
http://www.oppikoppi.co.za/tent_hotels.html
koppi bokkie

Deel met jou tjommies!

    griffinScore tickets na Oppikoppi 21: The Fantastic Mr. Vosvos!

    Gooi Comment