Rolbees tune vir Rodney en review Sabath, Megadeth en Black Cat Bones

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

rodney sealeWaar is al die metalheads, hardrockers, weird coffin kids – en alle soortgelyke kwaaddoeners in swart getoë!? Ek wil ‘n huldeblyk bring aan iemand besonders. Hy het ons almal se liefde, passie en kennis vir die donker musiek genres help aanwakker. Die verskaffer van kosbare inligting gedurende die koue Apartheidsjare – toe die internet net ‘n fantasie was. Hy het ons ouers omgepraat om sy behulpsame boekies te koop – met prentjies en name van band members. Rodney Seale, jou staatmaker! Jy het ons inspireer om ‘n lekker geelgerookte middelvinger vir die establishment te gooi. Watkykjy? salueer jou! As ‘n teken van ons dankbaarheid gaan die Rolbees vir elkeen van die bands wat review word vandag 666 punte gee – maak nie saak hoe befok of kak die albums is nie. \m/

Black Sabbath – Iron Man- The Best of Black Sabbath (2012)
Volgens legende is die oorspronklike Black Sabbath se signature sound beïnvloed deur die klanke van herhalende staalwerk se gebliksem langs hulle skool in Aston, Birmingham. Black Sabbath het begin as ‘n blues rock band en met verloop van tyd (stuk of agt albums) hulle klank ontwikkel tot ‘n essential building block vir die geboorte van HEAVY METAL!!!\m/

Hierdie compilation moenie verwar word met die 1977 Greatest Hits album nie. Dié een is spesiaal uitgereik deur Universal records om die ooorspronklike line up se 2012 reünie te promote. Dis ‘n klein bietjie meer van ‘n extensive snapshot. Dit bevat songs van ‘n hele paar van die original line up albums – maar nie almal nie. Black Sabbath (1970), Paranoid (1970), Master of Reality (1971), Volume 4 (1972), Sabbath Bloody Sabbath (1973) en Never Say Day (1978).

Black Sabbath was een van daai bands wat ons almal poesbang gemaak het toe ons laaities was. Christelik Nasionale (en OCD) fundamentalisme kan met jou kop smokkel. Op ‘n random naweek het ek eers Iron Maiden of Black sabbathSabbath geluister, myself uitgefreak en net voor ek uit die huis uitgaan kap ek eerder ‘n Bon Jovi of Poison. Hoekom? Vir ingeval ‘n kar my trap en ek fokken hel toe gaan natuurlik. Jirre Volktog. Black Sabbath het ‘n bad rap gekry in ons ou calvinistiese landtjie. Maar by nadere ondersoek is die songs se temas nie net beperk tot die “bose okkulte” nie. Ok die song Black Sabbath klink evil – bwahahaha (evil laugh) en The Wizard ook maybe. Sabbath is Sabbath man. Love it or fucking leave it! Hey, Changes is ‘n love song – wat Ozzy weer saam met sy dogter Kelly opgeneem het in 2003. Creepy. Apparently nie vir Ozzy nie though. Fok, ek try hulle verdedig. Werk dit al? Ok ‘Never say die’ is ‘n moerse inspirerende (anti-establishment) song, ‘Fairies wear boots’ gaan oor goeie weed… kak voorbeeld, Dominee! Booswigte sies! Wag, wag ek het dit dit… ‘War pigs’ en ‘Children of the grave’ gaan darem oor die euwel van oorlog en politieke korrupsie. Nogal relevante topics selfs vir vandag ook. So hoe boos is hulle nou eintlik? Kakboos, Oom Rodney, kakboos!

Maar dankie bose Sabbath-omies vir befokte musiek en dat julle gehelp het om een van die coolste genres ooit in die lewe te bring. En dankie Oom Rodney vir jou behulpsame bydrae ook. 666 vir julle almal!!!

Megadeth – Supercollider (2012)
Aaaah Megadeth. Een van die nasate van Black Sabbath! Maar dit geld nie vir al hulle albums nie. Ek dink Rodney Seale luister party van hulle songs deesdae (JIRRE! KOES!) Ek is ‘n moerse fan van die eerste vyf albums maar die ultimate Megadeth vir my was die Rust in Peace tot Cryptic Writings albums se line up: Dave Mustain, Nick Menza, Marty Friedman en David Ellefson. Fokken legends! Ek het alreeds by Youthanasia afgeklim omdat ek interest verloor het, so gooi my maar met eiers. Toe ek weer ‘n fan wou word jare later het United Abominations in 2007 te lame geklink – wat ‘n gruwelooslike album! Toe try ek maar weer met ‘n paar songs van Endgame in 2009 wat nogal dave mustaineairplay gekry het – maar dit was half more of the same vir my. Sonder Marty Friedman en Nick Menza in die band was ek by default sommer negatief oor Supercollider. Megadeth spring hectic rond tussen heavy aggro thrash metal en some hybrid commercial uitvindsel – en dis seker fine – maar ek dig hulle donker aggro stuff. Supercollider is nie een van daai donker albums nie – maar dis ook nie kakflou nie. In die mirrel, Sirrel. Dis ‘n great metal album – maar ek weet nie of dit ‘n great thrash metal album is nie – dis beslis nie Megadeth se beste poging nie. Basically die enigste songs wat ek van nou af baie gaan luister is Cold Sweat en Off the Edge. Dis twee egte Megadeth songs. Ek gee Megadeth 666 punte net omdat Dave Mustain minder teef oor Metallica deesdae en omdat hy belowe het die volgende album gaan kickass, aggro en donker wees!

Black Cat Bones – Beatipillar (2013)
Bietjie weer in my eie stash ook gaan krap en ‘n Limited Edition Black Cat Bones CD met the Long Drive en Beatipillar op ontdek. Ek gaan fokus op Beatipillar. Julle almal luister dit al ‘n paar jaar seker. But this is my take. Ek is mal oor die donker blues vibe op Silverton Swamp Songs – hulle is nou maar eenmaal ‘n befokte live act – en die eerste album kon nie daai energie vasvang nie.

A Long Drive is ‘n meer volwasse blues rock album en kon hulle essence (in 2011) beter weergee – jy kan hoor hoe hulle verbeter het – meer gekompliseerde blues arrangements en befokte lirieke. Soms catchy The Doors tipe blues riffs maar ook stadige epic blues rock tunes. Kobus de Kock Jnr se stem is MOS rough around the edges – lekker live maar dit moet moeilik wees om hom polished te laat klink op ‘n opname. Great produksie en ‘n moerse verbetering wat hulle opnames aanbetref.

Maar Beatapillar – O my fok, die universe het dinge mooi in plek laat val vir die Black Cat Bones op dié een. Dis meerendeels baie meer heavy rock – of blues rock. Soms heavier as Megadeth se hybrid commercial tunes. Ha! Songs soos When I speak it’s strange, Black Cat Bone en Beatipillar het blues riffs el supremo, raunchy bass/drums, polished maar lekker rou vocals – en gatskop lirieke. Gooi bietjie bekvluitjie by met The Only Good Ones a Dead One en André Kriel se overall puik kitaarspel en die album slaag die Rolbees hoendervleistoets! 666, right there, Silverton malaitas! Jirre julle klink so tight soos ‘n ZZ Top girl se ass \m/.

Wonder wat jy gaan hoor as jy die album agteruitspeel Oom Rodney? Katbredie resepte? Kan nie wag vir die volgende een nie!

black cat bones

RolbeesRolbees tune vir Rodney en review Sabath, Megadeth en Black Cat Bones

Comments

Gooi Comment