The Drift – Hunted (befokte metal music video)

In Fokken Main Videos deur griffinRek jou bek

Hierdie swaarmetaalseuns van Joburg het al stages gedeel met groot international metal bands soos Lamb of God, Protest the Hero, Wolfmother en Affiance om maar net so handjievol op te noem. Die ouens tune oor hulleself:

“It takes years, and it all came down a difficult road. But no matter, because through our experiences in the South African underground music scene we’ve all learnt one bloody thing. As long as you are prepared to put it all in, and expect nothing in return – then you may just get somewhere, knowing full well that could be nowhere. Or simply, five pals got together and jammed…”

Die lekker om te check dat local outjies hard werk om te kom waar hulle wil wees. Fokol silwer skinbord vibes. Metal is maar altyd meer werk as ander musiek. Dink maar net aan die koeke wat uit die hare geborsel moet word die volgende dag na ‘n headbang session. Hulle nuutste music video vir hulle tune, Hunted is onlangs in Joburg geskiet en feature heel toevallig ‘n tjerrie-tjommie van Watkykjy wat so ruk terug vir ons ‘n shoot gedoen het saam met nog ‘n tjerrie-tjommie wat ons een of ander tyd met julle sal deel. Vir nou, kan ons julle voorstel aan Michelle wat in die video feature en so ‘n klein glimpse gee van die tipe kiekies wat julle kan verwag om julle metalhartjies bly te maak… Local is mos fokken lekker, of hoe?
michelleO ja, en The Drift se tweede album, ‘The Mountain Star’ word nou in Mei release.
Geniet die tune! Hoe harder, hoe fokken beter!

The Drift se details:
Website:
www.thedriftza.co.za
Soundcloud: soundcloud.com/the-drift-za
Facebook: www.facebook.com/thedriftsa
Email: thedriftsa@gmail.com

Deel met jou tjommies!

    griffinThe Drift – Hunted (befokte metal music video)

    Gooi Comment