Punk, Skates en Pigtails in Pretoria.

In Watkykjy Reviews deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Big H.

Ons was laas naweek by die Menlyn Skate Park om Roller Derby vir die eerste keer te gaan uit check.

“Hoe de fok werk Roller Derby?” hoor ek jou vra. “Is dit nie maar net ‘n klomp girls in skimpy outfits wat in die rondte skaats nie?” Wag bra, ek sal probeer verduidelik…

*Maak so keel skoon*
Roller Derby word gespeel oor twee 30-minute periodes, opgedeel in “jams” van 2 minute elk, met ‘n 30-sekonde break tussen elke “jam”. Elke span bestaan uit ‘n “jammer”, ‘n “pivot” en vier “blockers”. Die “blockers” moet sorg dat die ander span se “Jammer” nie verby hulle kom nie en moet terselfdertyd hulle eie “jammer” deur die pak kry sodat sy punte kan score. Die “jammer” begin om punte te score sodra sy deur die pak gekom het en die ander span se spelers weer begin verbyvat.

Uhmmmm. Ja. Of so iets. Die punt is, selfs al verstaan ‘n mens nie altyd wat op die baan aangaan nie is dit moer entertaining en selde vervelig. Dis duidelik dat die girls almal goeie vriende is, maar dat daar tydens die “jams” geen genade getoon word nie. Hulle haal vir mekaar uit, pappie! Altyd binne die reëls, natuurlik maar dis kakhard.

Die spanne wat teen mekaar gespeel het was die Punks en die Skeletons en die girls het sulke cool name soos “Betty Bone Crusher”, “Retro Reaper”, “Misty Crash Tag”, “Nancy Nuke’m” en “Mel-icious Affliction”. Ek dink die Skeletons het gewen, maar dit maak nie regtig saak nie. Dit was helse groot fun vir almal, spelers sowel as toeskouers.

Deur die loop van die dag het Brafcharge, Pistolwhip45, Follow Me Follow You en Japan And I die res van die vermaak verskaf. Brafcharge is vinnig besig om my gunsteling live act te word want die hoeveelheid rou energie wat daai ouens (en een girl, natuurlik) op die verhoog het is asemrowend. Follow Me Follow You se instrumentele ‘psych math rock’ vibes is briljant en ek dink ek kan vir ure staan en kyk hoe Jade Abbott daai baskitaar van haar speel.

Dit was ‘n lekker dag met befokte lekker vibes en defnitief iets anders as die gewone aand uit in Pretoria. Ek kan nie wag vir die volgende Roller Derby nie.

Hier is ‘n paar foto’s van die dag:

Brafcharge
02_Brafcharge_DSC_1192_18Pistolwhip45
03_Pistolwhip45_DSC_2095_6Roller Derby aksie
04_Roller Derby_DSC_2320_53 04_Roller Derby_DSC_2848_24 04_Roller Derby_DSC_3010_17 04_Roller Derby_DSC_3016_15 04_Roller Derby_DSC_3590_1Follow Me Follow You
05_Follow Me Follow You_DSC_4074_5 05_Follow Me Follow You_DSC_4156_1Japan and I
06_Japan and I_DSC_4241_7O ja, as daar van julle is wat daarin belangstel om so iets te join, die P-Town Roller Derby League hou ‘n “Fresh Meat” aand op die 9de Junie. Pull in!
Roller Derby Fresh Meat 9 Jun 2015En as julle op hoogte wil bly van wat hulle doen, volg die P-Town Roller Derby League hier op Facebook: https://www.facebook.com/ptownrollerderby

Watkykertjie bydraePunk, Skates en Pigtails in Pretoria.

Gooi Comment