Sowat vyf jaar gelede het ons julle bekend gestel aan die beste movie wat nog ooit uit Afrika gekom het – Who Killed Captain Alex?, ‘n nailbiter uit Uganda.
Ons is absoluut verheug om nog ‘n uittreksel van die award-winning filmpie met julle te deel. Beter aksiebelaaide CGI sal jy nêrens anders kry nie. Gryp vir jou so 5 krieseltjies popcorn en ‘n eetlepeltjie Coke. Die snippet is ongelukkig net 47 sekondes lank, maar dit sal die beste 47 sekondes van jou Vrydag wees. Guaranteed.