‘n Pretoria plot-dam en Die See

In Snotstories deur Kaptein KortbroekRek jou bek

So bietjie background oor hoe ek op die band (Die See) se tunes afgekom het. Rappie is mos meer my ding maar vir new year’s het ek en ‘n paar tjommas by ‘n bra se plek iewers noord van Pretoria uitgeslaan. Dit het op ‘n kol amper gevoel of ons by Wolmer gaan uitval. Amper.
Daar het ek saam met die drummer van Die See ‘n paar doppe gemaak en dalk die jaar op die beste moontlike manier begin. 1 Januarie sal belsis in die boeke opgeskryf word. Orgasmies lekker.

Fine ek het weereens nie die fireworks gesien nie (11:30 in die kar uitgepaas na te veel whiskey), maar die volgende oggend het bra Willie ‘n varswater bass gevang, klomp prawns uitgeruk en daar is weer gekuier soos in die ou dae. Ek spaar nou vir my eie canoe.

So het some tjerrie, wat net die ander dag ‘n R300 se bottel wyn in 44 Stanley se parking lot uitgekots het, by die plot party ‘n CD met klomp van Die See tunes in my hand gestop. Dit pomp die laaste paar weke in my bakkie en ek moet bieg, ek is fokken spyt dat ek nou eers dit leer ken het.
die seeHier is volg my amper music review:

Jaco staan sy Man(s) saam met Die See

Die eerste reaksie van mense wat hom goed ken was iets soos; “Het Jaco nounet sy moer gestrip? Ek kan nie dink dat dit al ooit gebeur het nie, weird.”
Ja die bra is actually bekend vir sy kalmte maar een marabs het die ander aand in Railways Cafe geskiem hy gaan so bietjie kak maak deur die band the heckle. Ek meen seriously – as die krimpie nie in die moerse arty décor en hoë konsentrasie baarde kon sien dat die show dalk so bietjie meer sophisticated as sy Patricia Lewis plaat wat hy in sy Hilux luister gaan wees nie, kort hy either nuwe ogies of dalk moet hy heeltemal die Castle Draughts uitlos.

What a doos.

Meneer Mans was aan die begin heel kalm, geduldig – homself. Maar die bra het bly karring en eventually het Mans sy moer gestrip en hom in tjoerras Afrikaans mooi verduidelik waar die deur was. Ons was moerse bly die dronk ballie het gefokof want toe kon die res van ons ‘n piele show sonder die bonehead se neulende backtrack geniet. Jy weet, sekere mense moet dalk eerder net by die huis bly. At least so sal hul
uncultivated kak opinions ook minder aandag geniet.

Mans was daar saam met Die See of soos die @empireofdesire verduidelik het; pretty much die Afrikaanse weergawe van Pink Floyd. Dit is about hier waar Griffin ophou lees – die bra is nie groot op die Floyd nie and dankie fok tog smaak verskil.

Anyway, Die See is heel duidelik een van daardie bands wat musiek maak vir die passie van die saak – hulle worry meer oor of hulle self daarvan hou as om CDs te verkoop en dit is hoe dit hoort. As die Suid-Afrikaanse musiekmark nie so groot fokop was nie, sou al die brasse van Die See meer tyd op hul passie kon spandeer en dalk minder krag op hul day jobs hoef te mors. Die dudes dink so bietjie voor hulle besluit wat die vibe van elke tune gaan wees en wat hul met hul woorde wil bereik.
die see 2Hulle moer freaky sounds en lyrics saam en bring tracks uit wat jy vir ure op ‘n dag kan luister.  Trippy tunes or diep dinge. Dik lekker road trip tunes (fokkit ek is bly die blonde Betsie wat new years saam met my iewers noord van die Moot vars bass breakfast gechow het, het Die See se CD in my Bantam Bakkie vergeet.)

“Laat die sap van die wingerd vrylik vloei, die vrug van die boord behoorlik bloei. Laat die fungus gerus maar groei, laat die vrou weer wild haar werwels tilt.” – Die See
Henry Ferreira se vocals het my met tye aan Gazelle laat dink tog is sy range aansienlik meer intriguing. Lekker wille klanke, veral met hulle nuwe tune – Waar’s my sleutels.

Dylan Graham laat die lead-guitar sing en weereens, dit is nie jou average two-tone kak wat hier produce word nie so as jy dalk die manne live sien sal jy verstaan hoe fokken goed hul technical ability is.

Dan is daar Mr Mans en kom ons sê net sy skills strek aansienik vêrder as sy bouncer abilities. Mans maak klanke met die baskitaar en allerhande ekstra electronic gadgets wat daardie Floyd trippy vibe uitbring. Dit is iets om te beleef.

Last but by no means the least – Dean Basson op die drums en hy maak dalk die grootste verskil in Die See wat hul eerste album sonder ‘n drommer uitgebring het. Basson bring kalmte tot ‘n crazy mix musicians en nes die res sou hy nie in hierdie band kon feature as hy nie self ook ‘n bogemiddelde skills gehad het nie. Sorry tjerries, die bra trou een van die dae so al wat julle kan doen is om maar saam met my oor sy stokwerk te drool.

Ek rate hierdie ouens. Hulle mag dalk net die Currie Cup equivalent in musiek die jaar vat. Hulle gooi ‘n befokte live show, ek sal hul dalk net op ‘n stage, laatnag, voor so 30 000 fans wil sien. They are good enough and living proof that in this country we should be setting the global trend, not following the kak the US keeps jamming into our ears.

Ek weet actually fokkol van tunes, so ek het maar ‘n rappie style post match interview met Die see gedoen.
Enjoy.

die see 3

Kaptein Kortbroek‘n Pretoria plot-dam en Die See

Gooi Comment