poeslike-lawaai

Afrikaanse Popmusiek is poes-aaklig. ‘n Vinnige ontleding.

In Snotstories deur griffin24 Eiertjies

Kan ons nie maar uitsluitsel kry oor die benaming van poesaaklige Afrikaanse popmusiek nie?  Vergun my om Afri-Poes voor te stel.  Ter illustrasie kan jy gerus hierdie videos kyk wat ek tussendeur die artikel soos onkruid gestrooi het om saam met ons al die bedorwe elemente te identifiseer. Kyk of jy dit deur al die videos kan maak en dan trek jy jou stoel bietjie nader sodat ons so bietjie kan gesels.

So wat was die resep vir absolute disaster in hierdie “music video” gewees? ‘n Rebel wat kitaar speel deur ‘n Fender amp? Waarteen sou hy possibly rebelleer? Sy naam is dalk ‘n goeie begin. ‘n Goeie voorbeeld van tipiese saamverfokking van ma en pa se name waar mamma in hierdie geval gewen het. Heel moontlik ‘n basiese wiskundige probleem van Mona + Andre = Mondre, dog fresh futuristik – dis nie sommer aldag dat mamma se naam eerste gebruik word nie. Maar punte daarso, hoor, anders was dit Anmon gewees. Strike a woman, strike a rock. Amandla!

Gun my dan ook die geleentheid om op hierdie punt te veralgemeen, want al hierdie musiek werk op dieselfde manier. Kom ons skeer alles oor dieselfde kak… ek bedoel kam. Nee wag, fok dit – ek bedoel kak. Hierdie klas van videos bied self geen surprises nie – ek wens dat mense wil fokken wegbly van filters af. Ek praat nie van ‘n basiese colour grading hier en daar nie. Ek praat van filters wat lyk asof ‘n onbeholpe CSI team besig is om manbotter orals oor die gordyne, duvets, bar counters en mense se gesigte te soek met ‘n kamera. Die CSI span wat die kort, geel bussie skool toe gery het. As jy regtig met filters MOET werk, leer hoe ‘n vistenk se filter werk of vra iemand wat ‘n swembad het om jou ‘n poesklap te gee.

Jirre, en dan kry jy ook die obligatory “ek ken ‘n HOT meisie wat ons in 50-shades-of-grey hygroman tipe laandjery oor ‘n bed iewers in ‘n tos-kaanse huis van my oom kan drapeer”. Dit moet moet dus lyk of die artist poes suksesvol is. En dis maklik om die Steve tipe Afrikaners te flous of om te impress, want as jy in ‘n estate bly in die ooste van Clitoria saam met 4000 ander mense agter ‘n boom-gate, het jy dit gefokken maak, ou tjomma. Gooi ‘n geleende kar van Audi of Toyota ook sommer in die mix.

Nog so paar elemente wat in hierdie genre opduik is band members met instrumente wat veral feature in die kamtige “live” gedeeltes van hulle videos. Intrumente wat jy nie vir ‘n fok kan hoor oor die basic synth of ‘n Casio keyboard nie. Met basic synth bedoel ek jy kan ‘n hond by die SPCA ‘n keyboard gee en hy sal vir jou 4 note herhalend kan speel uit desperaatheid om raakgesien en aangeneem te word.

Wat is volgende? O ja, die fokken popster look, pappie!
“Wat is daai, boetie? ‘n Receding hairline? Dis fine man, dra wat jy het.”
“Nee fok dit! Ek het ‘n nuwe styl ontdek. Dis die Bobbie Kallis hairstyle. Ek Jacques Kallis die kak uit my scalp uit, en dan Bobbie ek ‘n handvol slaksemen oor die ylerige outjies. Gooses smaak van pappegaainaai.”
*maak denkbeeldige holnaai beweging met heupe en arms*
Klere? No problem, Sarel. Stywe broeke in kleure wat net beskryf kan word as “ek is gemaklik met my seksualitiet as homoseksuele wasbeer.” Die hempies moet ook altyd blink en so styf sit soos ‘n bruinbeer wat jy nie kan uitkry nie, al het jy ‘n kilogram Special K afgesluk met ‘n liter Brooklax. Skoene is moeiliker om te kies omdat die size altyd so sentimeter of drie langer as jou voet moet wees. Die punte moet skerp genoeg wees om ‘n slang in sy hol te kan skop en hulle moet blink soos ‘n vet, dronk oom by Loftus se voorkop.

Terug by die song structure – daar is so tienton lorrie wat daar agter die bult staan. Dis vrot van die brommers, vlieë en aasvoëls maar Afrikaanse popsterre staan tou by hom. Hulle mind nie die stank nie, want hulle weet die fans smaak van kak. Die lorrie se naam is EuroVision en hy is belaai met kakbaie kak oorsee tunes teen ‘n bargain. Dis soos die Montana vlooimark van kak musiek. Hulle koop die regte vir daai songs en “verwerk” dit tot Afri-Poes treffers. Hulle sal binnensmonds erken dat dit nie hulle eie tunes is nie, sou iemand hulle uitvra daaroor maar min mense vra hulle uit daaroor. Daar is gewoonlik werk nodig om die songs te modifaai nie – 99% van die songs bevat reeds die kardinale key change. Daar waar hulle dieselfde repetitive chorus agter die Magaliesberg gaan haal en hom hierso by die vierde keer hoër sing. As daar ‘n video is wat die aakligheid op hierdie stadium vergesel, sal die sanger so wydsbeen as moontlik staan, asof hy sy ballas in ‘n beesdip laat probeer dangle. Die drummer gaan aapkak, maar dis OK want niemand in die gehoor het ‘n oor vir musiek nie. Hulle weet nie dat jy ‘n basic 4/4 beat met met iets soos Fruity Loops kan maak en kan las soos ‘n tweedehandse hosepipe nie. Jy kan vir die drummer ‘n paar Ricoffee blikke en liniale gee om die goed mee te bliksem asof daar Sondag geen kerkdiens is nie en niemand sal dit ‘n fok agterkom nie.
poeslike-lawaaiDie lyrics is die heel fokken maklikste om uit te sort. Maak Google Translate oop op Internet Explorer 2.0 en bliksem dit daarin. Dis moontlik hoekom mens treffers kry soos “Ek Wil Hier Vanaand Bly” in plaas van “Ek wil Vanaand hier bly” en Steve Hofmeyr se “Ek Wil Jou Nooit Weer Sien”. Google is nie regtig baie fokken goed kan praat die afrikaans. In Afrikaans rol mens met die double negative, jou fokken nool. Gaan haal hom uit least uit die asblik uit, vee sy gesig af en laat hy daar aan die einde van die sin rondstaan en sy tottie om sy vinger brei.

Ons het al bietjie oor location gepraat, maar ‘n meerderheid van hierdie videos word ook iewers in kuierplekke geskiet, vermoedelik in Pretoria-Noord. Die “kunstenaar” ken gewoonlik die hoof van die hool of het ‘n tjommie wat die oggendskof by die bar doen. Hy gee hom in elk geval ‘n lift soontoe op pad na sy dayjob toe. Dis baie belangrik dat die bar segments van die video in die oggend geskiet word waneer die “band” nie gepla kan word nie. Die sanger wil actually in die aand gepla word wanneer hy van Woensdae tot Vrydae by die bar counter rondhang met dieselfde klere wat hy in die video gedra het in die hoop dat een of ander flossie hom gaan eye: “God, is jy nie Gertjie nie! Jy het mos daai song ‘Jou Hartjie Ssshaped Vagina laat my Lendes Klop’ gemaak! LOL!”
*sy spreek dan LOL letterlik as ‘n woord uit*
Indien die aand met die skêr suksesvol was, sal treffers soos: “Voorbehoedmiddels is vir die Voëls” en “Enkelouer in Ermelo” moontlik die lig sien.

Mense sal daai shit koop, my broe. Die platemaatskappy kan hulleself Mammon Records noem en daai drek sal steeds van die rakke af vlieg of dit tot op die drie Afrikaanse kanale op DSTV maak. Vir daai mense wat net DSTV het vir die Afrikaans en die rugby en verder NASPERS boikot.

As ek julle aspirant Afri-Poes musikante ‘n tip kan gee vir videos – speel ‘n elektriese kitaar wat nêrens ingeplug is nie, iewers in ‘n oop stuk veld. Dis nog nooit gedoen nie. Nog ‘n voorstel – websites soos Soundcloud gaan jou glad nie help nie. YouTube is die Alfa en die Omega van musiek vir Afrikaanse popkunstenaars. Moenie worry dat dit ‘n video sharing platform is nie. Doos so paar prentjies en fotos sonder transitions in saam met jou musiek. Gebruik Windows Movie Maker (die oudste weergawe is die beste).

Soms wens ek dat die website wat die kern van die roman “Draalnoot Vir ‘n Janfiskaal” vorm, regtig bestaan vir mense wat Afri-Poes musiek maak…

Deel met jou tjommies!

    griffinAfrikaanse Popmusiek is poes-aaklig. ‘n Vinnige ontleding.

    Comments

    1. Chris Captivate

      Jirre, ek kan nie onthou wanneer laas ek so hard gelag het nie. Ek dink ek het my broek so bietjie nat gepis van al die lag. Dit was 10/10. Awesome stuff! Keep it going 🙂

    2. Adriaan

      All the Afrikaans Songs sound the same !
      I play for an Afrikaans Band called Dagdroom we trying to change this poeslike sound to something worth while we busy recording and shooting music video so will upload soon then I would appreciate it if you could give us some feedback !
      Dankie

    3. ou Gibbons se MelktertGin

      My Brudr! Jy’s verkeerd, ons het daai elec guitar in die veld vibe gekap in Hoenderman video. LOL! (soos in lol) foknmain!!!!!!!!!

    4. Tekno Tannie

      Jisslaik….i had a lekker lag….too true!…post more im Laughing out loud here at my desk in New Zealand…I miss that sakkie sakkie cheeze from SA…

    5. Dirkie Dikdrol

      Griff kan jy nie vir Andre uitlos los los los-los nie? Net sue sue sue sue-sue hy jou vir naam naam naam naam-naamskending.

    6. Jay

      Ek stem… Die video’s was horribaal!!! Ek weet nie hoe mense na dit kan luister nie. Om eerlik te wees, al Afrikaanse kunstenaars wat ek op my aylist het is Karen Zoid en Heuwels Fantasties! Die res is regtig net af! Veral die nuwe goed wat nou soos bossies op spring! Net omdat jy amper kan sing maak nie jou musiek goed nie. Daar is dalk n paar mense wat daarvan sal hou, maar daar is nie pille bir kak smaak nie!

    7. Logan Venter

      Kyk ek stem saam…Afrikaanse musiek is in ‘n toestand. Maar jou review net soveel.

      Gelukkig (of miskien tog ongelukkig) worry die mark nie wat ‘griffin’ se opinie is nie. As hulle het sou Kurt nie verkoop het nie.

      So piepie jy nou maar in die wind ou vrind…nobody cares. Jy verwys na euro vision ver-Afrikaansde songs, maar link nie een nie, even though dit oral bestaan…selfs Juanita het dit al gedoen. Guess what? Sy is stink ryk ‘tjoppa’. Sy is super platinum en eet nie meer marmite broodjies nie. Ek like haar musiek niks, maar sy het al baie verder gekom as wat ek het. Wat is jou angle eintlik? Omdat alle musiek nie metal is nie, ‘skiem’ jy dit is ‘kak’?

      Ek stem saam oor van die songs. Moenie my verkeerd verstaan nie. Maar different strokes for different folks nê?

      Romana se scooter is deur ‘n verstandelik gestremde Hollander gesing en hy is meer famous as jy. Hoe maak dit jou voel?

      Sad really.

      Nou toe…nou gaan die tonge (keyboards, shame) vuil taal gebruik omdat daar nie koherente argumente gevoer kan word nie. Cheers!

    8. Author
      griffin

      Yup, daar is ‘n mark vir alles. Dom mense like van kak. Die meerderheid is skape. Case in point: amper 65% wat (weer) vir die ANC gestem het.

    9. Petrusposbus

      Hoe se hulle “a fool and his money is easily parted”. Kaptein luisteraars ou vriende is fools. So terloops, dis mos nie ou andre se eerste visit op watkykjy nie? Dalk moet julle n wall of shame begin hierso.

    10. JamesR

      Griff, die probleem is nie die poeslike kunstenaars nie. Hulle is einltlik net talentlose entrepeneurs. Die probleem is die mindless faktap publiek wat die kak koop. As mense smaak gehad en en nie sulke tos gekoop het nie, sou die fokkers nooit eers bestaan het nie.

    11. Ouma Meelbol

      @LoganVenter
      Koherent? KOHERENT? Regtig? Dis ‘n verskriklike anglisisme. Jy is PRESIES die tipe na wie ons hier verwys. Hou eerder jou bek.

    12. Retief Celliers

      Dis so hartseer dat meeste ouens hier vulgêr raak, het julle dan die vermoeë verloor om jou punt beskaafd te maak. Soos ‘n oom gesê het ” verwyder die onkruid uit jou tuintaal” dan sal mense jou miskien kop toe vat. Lank lewe Afrikaanse musiek!

    13. Herre Bets

      Ek weet nie hoe die donner ek dit weet nie, maar “Ek wil jou nooit weer sien” is ‘n Andre Schwartz liedjie. Fok my lewe.

    14. CyberSakkie

      Wat kry jy as jy Nicholis Louw oor die kop moer met n plank? Lekker, sommer baie fokken lekker.

      Ek weet die joke is unoriginal, net soos die kak musiek hierbo.

      ” Ons is gyselaars in een groot kultuurfees tent”- K.O.B.U.S

    15. Pietie

      mamma & pappa het geld, boetie & sussie het geen talent (lewenservaring of siel), maar ‘n groot droom 😀

    Gooi Comment