Ruk en rol 101 – die beste rock albums van alle tye (deel 3 van 4)

In Snotstories, Uncategorized deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Thys Nywerheid

Ons gaan vandag verder met nommer 8 tot 11 van ons 15 beste rock albums van alle tye. Lees deel II hierso.

8. Metallica – Master of  puppets (1986)
metallica master of puppetsOK maats, hierdie is seker die mees invloedrykste heavy metal album van alle tye. Hierdie album is so goed dat Metallica meer as 20 jaar later nou nog wereldwyd stadiums volmaak ten spyte van al die jare se kak musiek wat hulle na hierdie album uitgebring het. Jip, its sad but true. Ek onthou hoe ek testyds hierdie album stukkend geluister het op my walkman by die kerk se beleidenis kamp. Master of the puppets, Battery, Damace Inc en Sanitarium is my favourites maar alles op hierdie album rock. Die riffs, Lars se dromme, James se vocals, Kirk se solos en last but definately not least: daai baskitaar van Cliff Burton is van die beste metal bass ooit. Dis ook sadly die laaste album wat Burton saam met Metallica gedoen het voor sy onteidige dood in ‘n bus ongeluk in Swede met die Damace inc toer om die album te promote. Ek love pre-Black album Metallica stukkend en my enigste kritiek as daar nou ‘n AK47 of ‘n Ipod vol Jurrie Els tunes teen my oor gedruk word is dat James se lyrics soms geforseerd en corny klink maar wie luister nou egter metal vir die lirieke? Dis soos om Bob Dylan te luister vir die kitaarsolos. Die acid test om te sien of ‘n tune regtig goed is, is om hom Eskom style te speel: op ’n acoustic kitaar met fokol elektriseit. Luister gerus na Rodrigo y Gabriela se akoestieke weergawe van Orion en besluit dan maar self of Metallica hierdie toets slaag.

9.    Appetite for destruction (1987) – Guns and Roses
appetite for destruction guns n roses“Welcome to the Jungle baby, you’re going to fucking die!!”. As jy nie hierdie album ken soos die palm van jou draadtrek hand nie het jy nooit gelewe nie. Hierdie album is basies ‘n obeskaamde celebration van sex, drugs and rock and roll. En word daar nie gerock and roll op hierdie plaat nie. Slash, daai dude met die groot hare is een van die beste lead guitarists wat ooit ‘n Gibson Les Paul geswaai het sedert Jimmy Page. Axl se vocals is ook nie te kak nie. Die subject matter van baie van die songs is somtyds maar heel donker maar mense luister mos nie na lirieke nie en almal het lekker geparty terwyl Axl in Mr Brownstone sing oor hoe fucked up heroin verslawing is. Wat Appetite for Destruction so goed maak is dat dit appeal tot baie mense. Die hair metal kids, punk rockers en thrash metal fans van die 80s het almal baie van Guns en Roses gehou. Selfs die botterbulletjies het Sweet Child of Mine saam met Def Leppard en Bon Jovi op hulle mix tapes geluister terwyl hulle rondnaai agter die rue van hulle maagtelike prefek trouvrouens. Welcome to the Jungle, Paradise City, Sweet Child of Mine en Night train is almal classic tunes wat vir kiddies van die laat 80’s herrinneringe oproep van enige iets van meisies uitcheck by die yskaatsbaan tot kots van te veel cheap brannas in die plante by ‘n hoërskool sokkie. Goeie musiek is net soos zefgeid en word oorgedra van generasie tot generasie. Vandag is daar ‘n hele klomp kinders van die youtube generasie wat hou van Guns en Roses.  Dis nie altyd ‘n  goeie ding nie. Kyk maar na die volgende youtube video op eie risiko.

10.    Doolittle (1989) – Pixies
pixies doolittlePixies laat my altyd dink aan sexy kunsskool meisies met doc martin boots en geleërde sykouse. Lekker arty vibes. Die eerste ding wat my bygeval het van Pixies is dat alhoewel daar fokol fout is met Frank Black se stem is hulle nie tegnies baie goed op hulle instrumente nie. Die band se kitaarspeler Joey Santiago is nie ‘n Joe Satriani nie. Dan weer moet ek erken ek is bietjie van ‘n musiek snob wat al met jazz deurmekaar was. Moet egter nie dat hierdie eenvoudige benadering tot musiek jou flous nie. Frank Black is ‘n ongelooflike goeie song writer en hulle garage band sound groei op jou soos jou gras by die huis in Desember groei as jy by Margate op vakansie is. Pixies was blykbaar een van Kurt Cobain se favourite bands en mens kan amper so ver gaan as om te sê dat Pixies die voorvaders van grunge was. Doolitle is hulle 2de album en bevat die single Monkey gone to heaven met sy bekende lirieke: “And if the devil is six then GAAAWD is seven!”. Ander juweeltjies op hierdie album wat die sexy kunsskool chicks soos soos pixies laat dans het is Debaser, Wave of Mutilation, Here comes your man en ag, sommer die hele fokken album.

11.    Blood sugar sex magik (1991) – Red Hot Chili Peppers
Kyk, almal wou mos altyd net kitaar slaan. Dis mos lekker om die groot kokkedoor op lead kitaar te wees wat heeltyd in die lime light is en al die chicks kry (of so sê hulle). Niemand wou die bass player wees in ‘n rock band nie. Die bass player was ‘n dude wat nie goed genoeg was om kitaar te kon speel nie wat toe demote was van 6 snare na 4 snare. Toe kom daar ‘n dude by name Michael “Flea” Balzary en tune vir almal “fok julle! Ek sal vir julle ‘n ding wys” en hy draai rock bass kitaar op sy kop. Flea is ‘n ongelooflike goeie bass kitaarspeler. Hy speel bass soos ‘n mofo. Saam met Chad Smith op dromme, Anthony Kiedis op vocals en John Frusciante op kitaar het RHCP groot opslae gemaak met hierdie kick ass album. Mens kan ‘n boek skryf oor hierdie album. Dis seker die beste funk rock album ooit. Die eerste ding wat mens kan noem is dat geproduce was deur Rick Ruben. Rick is die über producer wat ook onder andere Slayer, Beastie Boys en Johnny Cash se American recordings behartig het. Sy professionele benadering is om zol te rook, op die couch te gaan lê en die band beveel om live te speel en net idees rond gooi. Sodra hy iets hoor wat hom in die gut tref ontwikkel hulle die tune van daar af. Soos die album titel aandui is die basiese subject matter van hierdie album sex, drugs en rock and roll. Afgesien van serious gatskop funky tunes soos Funky Monks,  ,The righteous and the wicked en Give it away wys die Chili peppers ook hulle meer sensitiewe kant in nommertjies soos Under the bridge, I could have lied en Breaking the girl met sy meesterlike improvised perkussie waar die band basies alles bliksem wat hulle in die hande kon kry.  Hierdie album het ook op tye ‘n baie sterk Hendrix aanslag maar dis meer ‘n tribute aan die meester as ‘n rip off van sy styl. Sluit ‘n klomp rock star hooligans in ‘n haunted mansion toe wat eers aan Harry Houdine behoort het, gee vir hulle recording equipment en voila!, daar kry jy een van die beste albums van die 90s!
Blood sugar sex magik

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeRuk en rol 101 – die beste rock albums van alle tye (deel 3 van 4)

    Gooi Comment