Ruk en rol 101 – die beste rock albums van alle tye (deel 1 van 4)

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae1 Eiertjies

Deur Thys Nywerheid

So jy skiem jy weet alles van rock musiek af? Jy skop Guitar hero se gat op expert level en as jy Oppikoppi toe gaan, gaan kyk jy actually na die bands. Dis goed so, ons is baie trots op jou. In vandag se wrede wêreld van Afrikaanse sokkiemusiek en daai scary twee meisies: Miley Cirus en Justin Bieber, het ons elke liewe rock dissipel bitter nodig. Aangesien die  grootste expert op rock musiek, Rodney Seale, nie deesdae  meer juis skole toe gaan om die kinders rock-and-roll education te gee nie het ek dit maar uit die goedheid van my heavy metal hartjie oorweeg om julle bietjie onderrig te gee.

Welkom by vandag se bloemlesing: Ruk en rol 101 – die beste rock albums van alle tye. Ek het probeer om die lys so objektief moontlik te hou. Wel so objektief moontlik as wat mens oor musiek kan wees. Die albums word chronologies gelys volgens die jaar wat hulle uitgekom het en nie volgens watter een die beste is nie. Dit was klaar fokken moeilik om die lys op te stel, ek wil nie nog favourites speel met die prefekte wat wel gekies is nie. So delete gerus die nuwe U2 album van jou Iphone af en kom check uit die 15 beste rock albums van alle tye.

1. Are you experienced (1967) The Jimi Hendrix Experience
Om ’n artikel oor rock musiek te open met Jimi Hendrix is net so van pas as wat dit is om ’n skoolfunksie te open met skriflesing en gebed. Dié crazy bra het die boek oor rock kitaar geskryf, die bladsye uitgeskeur, zolle daarmee gerol en gerook – en dan daarna weer die boek oorgeskryf. Hierdie is die vurige trio se debuutalbum en bevat klassieke Hendrix tunes soos Purple Haze (‘n Song oor Snorcity se Jacarandas as jy op Acid is), Foxy Lady, Red house, Fire, The wind cries Mary en Hey Joe.  Mojo Magazine roep hierdie album die beste Kitaar album van alle tye en kitare domineer die soniese landskap op hierdie plaat soos Ebola en valse profete die Nigeriese landskap domineer. Om hierdie artikel so lekker warm local-is-lekker gevoel te gee kan mens ook noem dat Eddie Kramer, die klankingenieur en man verantwoordelik vir die soniese tekstuur van Hendrix se Fender Stratocaster kitaar ‘n gebore en getoeë Suid-Afrikaner is. Miskien moet ons aandring dat hulle daai Proudly South African logo van nou af op al Hendrix se albums plaas. Met sexy kitaarklanke wat jou eers seduce soos Delila en dan bliksem soos Simson op steroids staan hierdie album uit  soos ‘n Slipknot fan by ‘n Kenny G gig.

2. The Beatles(1968) – The Beatles AKA the White Album
As jy nie weet wie die Beatles is nie is jy heel moontlik doof-blind en/of het groot geword in Orania. Hierdie 4 Liverpool latte was basies die bekendste band op planeet aarde ooit. Alhoewel the Beatles nie enige bekendstelling nodig het nie is die album wat ek hier gekies het nie een van die bekendstes nie. Baie mense sal voel dat ’n beter Beatles  albumkeuse eerder Sergeant Pepper’s of Revolver moet wees and rightly so. Hierdie album met sy cover wat bestaan uit Sunette Bridges se gunsteling kleur bevat egter ‘n hele paar juweeltjies. Ten spyte van die feit dat dit ‘n paar soetsappige Mcartney tunes soos Honey Pie en Ob La Di Ob La Da bevat (wat Lennon “Paul’s granny music“ genoem het), maak Paul op daarvoor met ‘n paar serious rock tunes. Paul se Helter Skelter is by verre die heaviesty song wat die fab 4 ooit gemaak het en heel moontlik die heel eerste heavy metal tune.  Ander lekker kopskudnommertjies op hierdie plaat is Birthday, Yer Blues, Revolution, Back in the USSR en Happiness is a warm gun (Die faliese woordspeling in hierdie snit is nie te versmaai nie). Alhoewel the Beatles in die tyd wat hierdie album gemaak is nie meer sulke goeie tjommies was nie het die tension tussen die lede tog goeie kreatiewe resultate gelewer. Hierdie is by verre hulle mees eklektiese (lekker fokken Anglisme daai) album ooit en die lekker ruk en rol nommertjies word goed afgewissel deur poignante (nog ‘n lekkerder Anglisme) tunes soos George Harrison se While my guitar gently weeps, John se Julia en Paul se Black bird.
the beatles white album3. Led Zeppelin ii(1969) – Led Zeppelin
Aan al die Voortrekkers van ouds: ek is jammer om julle bubble te bars maar  die magtige dreuning is nie die lied van jong Suid Afrika nie (of is dit nou Ou Suid Afrika, ek raak nou heel confused). Die magtige dreuning is Led fokken Zeppelin. Led Zep word geregtelik beskou as die vaders van harde rock, hedonisme en groupies wat intiem verkeer met modderhaaie.. Kliek hier (http://www.snopes.com/music/artists/mudshark.asp) vir die legendariese storie. Anyway, hierdie is Led Zeppelin se tweede plaat en in my opinie (en baie ander mense wat slimmer as ek is ook) hulle beste album. Die opening track Whole lotta love is meins insiens een van die beste rock songs wat ooit opgeneem is.  Dinge raak net lekkerder van daar af.  Jimmy Page se geniale kitaarspel, Robert Plant se banshee vocals, John Paul Jones se rock steady baskitaar en last but definitely not least – die beste rock drommer van alle tye: John Bonham aka Bonzo stel nie vir ‘n sekonde teleur op hierdie album nie. Ander goeie tracks op die plaat is What is and What should never be, The Lemon song, Thank you, Heartbreaker, Living Loving maid, Ramble on (My favourite), Moby Dick en Bring it on Home. Ja, ek het nou-net elke track op die album genoem.
Sleep maar die modderhaai nader…
Led Zeppelin iiOns kyk volgende week na die volgende 5 in ons top 15 rock albyms van alle tye. Jy kan solank begin raai as jy wil…

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeRuk en rol 101 – die beste rock albums van alle tye (deel 1 van 4)

    Comments

    1. Adam

      Jou Comment *
      Like julle eerste 5 kwaai!
      ACDC- Highway to hell
      Metalica- Black album
      Jethro Tull- Aqualung
      Queen- Greatest hits
      Pink Floyd- The Wall
      Eagles- Hotel California
      Bad Company-
      The Doors-
      The Kinks-
      Rolling Stones-
      Kansas-
      Live-
      Collective Soul
      NIN
      Nirvana
      Seether
      Polisiekar
      Fok julle gaan sukkel, maar ek sien uit om te die res van die lys te kry.

    Gooi Comment