Jack Parow ft Dirt Nasty – Fok Fokkity Fok (music video)

In jack parow deur griffinRek jou bek

As jy kyk na die meeste musiekvideos wat Jack Parow sover die jaar vanaf sy dubbel-album, Nag van die Lang Pette, vrygestel het, (Tema van jou Lied ft Valiant Swart, Ode to You ft Nonku, Veilig ft Janie Bay),  sal jy sweer die man het skoon sag geraak.

Maar moenie te gou op hom opgee nie.  Jack Parow is terug, en so kras soos ons hom ken, in sy nuwe animasie musiekvideo vir Fok Fokkity Fok met Dirt Nasty.

Fok Fokkity Fok is vervaardig deur Keegan Thornhill (http://www.cosmiconionring.blogspot.com).

fok-fokkity-fokDirt Nasty is ‘n Amerikaanse akteur, komediant, televisie aanbieder, opname kunstenaar, musiekvervaardiger, voormalige VJ en voormalige pornografie akteur is.  Hy is bekend as ‘n MTV VJ wat ‘n rapper en komediant geword het onder sy alter ego, Dirt Nasty.  Hy het ‘n kultus gevolg op sosiale media.  Hy het in die eerste seisoen van ‘What I like about you’ gespeel en ‘Scary Movie’ 3 en 4… en hy is mal oor Jack Parow.

“Ek het Dirt Nasty ontmoet toe ek in Los Angeles was en het onmiddelik gesien dat hy net so blêrrie mal is soos ek.  So ja, ek het geweet ons sal iets saam moet doen in die toekoms.  Hierdie song is een van my favourites van die album.  Dit het heavy lekker uitgekom,” tune Parow.
Parow se gevaarlike Desember Toer:

Datum: 4 December 2014
Plek: Jolly Dolphin
Adres: 30 Diaz Street Jeffrey’s Bay

Datum: 4 November 2014
Plek: Club VIP
Adres: 15 Truter Street, Plettenberg Bay

Datum: 6th December
Program: Adventure Club (CAN), Sammi Morales (SWE), Jack Parow, Das Kapital, Grimehouse & more
Plek: The Castle of Good Hope
Adres: Corner of Darling and Buitenkant Street

Datum: 8-12 December
Jack Parow Party Cruise
Vertrek vanaf Durban
Inligting: http://www.southafrica.to/transport/cruises/theme/party/party-cruise.php

Datum: 23 Dec 2014
Plek: The Barns, Mossel Bay

Datum: 26 December 2014
Plek: Jolly Dolphin
Adres: 30 Diaz Street  Jeffreysbaai

Datum: 27 December 2014
Plek: Club VIP
Adres: 5 Truter street, Plettenbergbaai

Datum: 28 December 2014
Plek: Zanzibar Knysna
Adres: 5 Melville Centre, Main Road, Knysna

Datum: 29 December 2014
Plek: Zanzibar
Adres: 70 Courtenaystraat, George

Datum: 31 December 2014
Program: DJ Wags, Vic Naidoo, BeatArmy, Corné Wessels
Plek: Diaz Hotel Rooftop
Adres: Diaz Strand, Mossel Bay

Deel met jou tjommies!

    griffinJack Parow ft Dirt Nasty – Fok Fokkity Fok (music video)

    Gooi Comment