Dis krismis, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffinRek jou bek

As jy hierdie jaar vreeslike kak presente kry vir krismis, drop vir ons ‘n mail met ‘n foto van jou kak geskenk so net na Krismis. Of skryf vir ons jou hartseer storie as jy fokol gekry het nie. Onthou om jou posadres in jou e-mail te sit. Ons het so twintig persentjies om weg te gee wat hopelik beter as kouse sal wees, maar van die persentjies gaan ook nie fokken lekker wees nie. Dis basies ‘n lucky draw en ons gaan ‘n hele klomp CDs, DVDs, boeke en t-shirts weggee aan die beste 20 emails wat ons ontvang. Ongelukkig sal dit slegs oop wees vir Watkykertjies binne die grense van Suid-Afrika omdat dit ons ‘n kakhuis in posgeld gaan kos.

Ons sal almal kans gee tot 5 Januarie voor ons die geskenke pos. Sodra ons alles gepos het, sal ons so week lank wag (dat almal hulle persentjies kry) en die beste briefies met foto’s van kak geskenke post met ons replies en foto’s van jou nuwe geskenk.

Merrie fokken krismis!
dis-krismis-kom-ons-fokken-duik

Deel met jou tjommies!

    griffinDis krismis, kom ons fokken duik!

    Gooi Comment