Vier kanse om Foo Fighters te gaan kyk en ‘n Silverstar Experience te wen!

In Kompetisie deur griffinRek jou bek

Dave-Comp-Graphic-2Toe ons Vrydag getune het dat dit jou laaste kans was om Foo Fighters tickets te wen, was dit ‘n blatante liegstorie gewees. Vier ouens in Joburg kry nog ‘n kans om double tickets te wen, komplimente van Tsogo Sun. Hulle gee sommer ‘n hele Silverstar Experience weg met hulle Dave Grohl Nice Guy kompetisie en dit sluit vir elk van die 4 wenners die volgende in:
twee general standing tickets na Foo Fighters by FNB Stadium, 13 Desember
verblyf vir die wenners by Silverstar Casino (met ‘n lekker brekkie ook ingesluit)
vervoer na en terug vanaf die Foo Fighters show af vanaf Silverstar Casino.

Hierdie kompetisie word deur Watkykjy en drie ander blogs promote, so dit sal piele wees as die Watkykertjies sommer al die tickets wen.

Hoe om te enter:
Jy moet nice wees. Like, DaveGrohl nice.
Help ‘n krimpie met haar groceries, borsel die olie uit pikkewyne uit, drop jou klere by charity af, fix iemand se toilet, gaan stap puppies by ‘n shelter. Whatever random act of kindness jy aan kan dink. Doen dit. Neem ‘n foto of video daarvan, Tweet daaroor of vertel Tsogo Sun daarvan op hulle blog of Facebook page. Moenie vergeet om die hash tag #TsogoNiceGuy te gebruik nie – dis moerse belangrik sodat hulle die entries kan track.
En as ons julle ‘n tip kan gee: Foto’s en videos score altyd extra brownie points

Gaan na http://blog.tsogosun.com/foo-fighters/ vir meer info hieroor (jy skryf daar in, nie op Watkykjy nie)

Die kompetisie sluit middernag 5 Desember, Tsogo Sun kies die wenners en hulle kondig dit op hulle platforms aan die 8ste Desember.
Dave-Comp-Facebook-Banner

Hierdie post is 35 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 803,933 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinVier kanse om Foo Fighters te gaan kyk en ‘n Silverstar Experience te wen!

Gooi Comment