Krugersdorp – Family fight

In Travel deur griffin3 Eiertjies

Daar is hierde drie brasse, Sipho Mpongo, Wikus de Wet en Sean Meterkamp. Die eerste twee – fotograwe en “born-frees” (innie 90’s gebore) – en die derde ou, Sean, bietjie meer van ‘n ballie in 1984 gebore, ook ‘n fotograaf asook filmmaker. Sy naam klink dalk ook bekend vir jou – dis die ou wat Die Antwoord se heel eerste video, Zefside gemaak het. Award winning shit, my ou. All up in the Guggenheims, bitch!

Suid-Afrika is nou in sy tweede dekade van demokrasie. Met die dood van Oom Dela, die elections agter die rug, goed wat breek, Zuma wat steel en Steve wat in sy doeke kak is ons land besig om ‘n nuwe chapter te skryf. Sipho, Wikus en Sean travel deur Suid-Afrika om te kyk hoe sake staan met die man op die grond, met die vingers op die pols. ‘n Kant van Suid-Afrika wat jy andersins nooit sal sien nie.

Hulle dokumenteer alles deur foto’s en videos. Kyk byvoorbeeld watse mooi plekkie Krugersdorp is:

Jy kan hulle hele journey volg op hulle website, http://twentyjourney.com/. Daar is maps van hulle roetes, foto’s, videos (sover hierdie een hierbo) asook bietjie meer agtergrond oor Sipho, Wikus en Sean. Gaan lees gerus hoe hulle die ontmoetinge met die verskillende mense en hulle omgewing ervaar. en beskryf.

Dit klink soos ‘n moerse befokte trip. Maybe moet ons hulle iewers vir ‘n brekfis ontmoet en met hulle gesels…

Deel met jou tjommies!

    griffinKrugersdorp – Family fight

    Comments

    1. shazz

      “….bietjie meer van ‘n ballie in 1984 gebore” – ‘ballie’ se HOL man! ons 80’s fokin rokk!

    2. jagter

      Daai 3 ouens gaan nog eendag die verkeerde tappit verkeerd opvryf en hard gemoer word.

      Dis die standaard response as jy ‘n sekere tipe tang deurmekaar maak. En vrae maak hulle deurmekaar.

    Gooi Comment