Ek soek Almera Volkswagen

In Snotstories deur Chopper Charlie2 Eiertjies

Volgens Pa Charlie bou Nissan goeie bakkies en kak karre. Ek het nog nooit ‘n Nissan bakkie gery nie, maar kan julle verseker dat die karre af soos brood is. Veral die Almera. Wat ‘n loutere stuk kak kar.

Die naam ‘Almera’ laat my dink aan die meisie op skool wat net te mollig en te vaal was om ooit noemenswaardige belangstelling te ontlok. Plus haar trui het nie lekker geruik nie en haar hare was in ‘n ongeïnspireerde lae ponytail vasgebind.

*pisgril*

Dus het ek nie juis my jean pant bekom toe ek by die Lanseria Internasionale Krimpie Kollektief die sleutels na ‘n Nissan Almera gegee word nie. Nogal ‘n ‘upgrade’ alhoewel ek in retrospect die Hyundai i20 of ander Koreaanse wannabe sou verkies.

Wat my al opgeval het in die verlede van Nissans was die groot, swaar bakwerk en die underpowered enjin. Of dalk is die enjin net so swak dat die body te swaar voel. Hierdie wit Almera was geen uitsondering nie. ‘Bak op die stuurboord!’ soos my pel Skipper Glen sou roep. Nul krag. Baie afgear. Jy vloek jouself basies by die steiltes op. Met moeite.

Die styling is egter meer die ding wat my maag laat draai. Toe ek inklim skrik ek my dood vir die stuurwiel. Lyk soos ‘n 1980 bakkie stuurwiel, wat dalk is wat dit was.
almera stuurwielIn dieselfde styl, ‘n plastic blokkie agter die handrem, wat ek aanneem iets met ventilasie te doene het. Ek weet nie, maar dis nie mooi nie.
almera middelEn dan hier, hier teen die deur, blink dinge wat soos stiebeuels lyk. ‘n Actual perd sou actually bietjie help om die kar te laat beweeg dink ek wrang terwyl ek daaraan peuter. My fok ou perd, dis ‘n deurhandvatsel! Hoekom dit blink is en die res van die dash en interior plastic is beyond my. Wat ‘n gemors.
almera deurOm seker te maak jy ry so ongemaklik as moontlik (behalwe net so stadig as moontlik), kom die sitplek in twee verstellings. Een wat jou laerug seermaak en een wat jou bo-rug seermaak. Slim dose soos ek wissel dit af dan is jou hele rug net halfpad so seer op die einde.

En die Nissans is nie goedkoop nie pappie. Ek dink mense wat sulke ene koop voel Almera doos soos wat die kar ouer (en nog stadiger en leliker) word. Kyk die lyne, kyk die wit, kyk die lelik…

Ek verlang Almera my GTI. Die jirre weet.almera kar

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieEk soek Almera Volkswagen

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      Ek wou sê die Almera is dooslelik, maar geen doos is soooo lelik nie. Dalk Steve Hofmeyr, maar dis about al. Ek stem heelhartig – die Almera het soveel charisma soos ‘n non by ‘n BDSM festival. As dit nie was vir Avis en Hertz en so aan nie, dan het niemand die afskuwelike goed gekoop nie. Behalwe krimpies. En nonne. En dose soos Steve Hofmeyr.

    2. Stootfaan

      Haai nee baas! Die Almera maak baie sin in Zud Afrika. Kom ons kyk na die pluspunte, sal ons? Niemand, en ek bedoel niemand, sal hom Almera steel nie., Highjack? Nooit. Hoekom sal n crook homselwe benadeel en dit makliker vir die Popo maak om hom te vang? Hyt beter kans om te escape van sy crime op voet. So koop dit vir jou girl. Sy sal veilig voel. Niemand sal jou ook kan beskuldig dat jy n afshow is nie. Mense sal weet jyt geld, maar is beskeie. Almal like sulke mense Almeer. As jy n ander ordinary kar het of jou tjomma wat naweke kom raakbie kyk het ene, park hom net langs Almera. Ordinary kar lyk nou extraordinary. Selfs n Shitty Golf lyk weer modern. Tyd vir Mall toe gaan en parkeerterrein is net so groot soos anties wat in Sheet Street wandel? Jy verloor gou jou wiele as jou ride soos meeste ander lyk. No probs met Almera. Hy staan uit soos n Hipster met baard, dik swartraambril en skinny jeanpant by Mighty men van Oom Angus wat so die manne met die two tone hemde rally. Jy gaan big bucks spaar met Almera, want jy sal hom nie kan intrade na net n jaar en half wanneer jou gat weer begin jeuk vir ander mouter nie. As jy hom gekoop het is dit soos trou pappa. To death. Great in long run, want xtra pompe op die side kos jou net geld en kak. Vra ma n man wat moes dewors. Nie pret nie.

    Gooi Comment