Plotselings deur Bloemfontein

In Snotstories deur griffin6 Eiertjies

Meer as twee jaar terug het ‘n 15-jarige laitie agt aanvallers wat kom kak maak het op hulle plot buite Bloemfontein, eiehandig opgefok. Die skelms het hom en sy pa onder andere met stokke, messe en ‘n staalpyp aangeval, min wetend dat die outjie ‘n bruin belt in karate het. Hy het hulle pers gebliksem en die ouens het gefokof en nooit weer terug gekom nie. Die storie was orals in die nuus gewees destyds. Bloemfontein se eie Karate Kid.

Fast forward twee jaar vorentoe en ek sit op die interwebs opsoek na my oupa se kar wat hy oor die jare gerestoureer het en ek eventually ge-erf het toe hy oorgesteek het na die groot trop toe.
*Queue treurige vioolmusiek*
Check, ‘n student is ‘n fokken arm ding en my oupa se timing was bietjie af gewees. ‘n Woonstel in Sunnyside is nie die ideale plek om ‘n vintage kar uit die 1940s, ongeveer die size van die Titanic te park nie. ‘n Man kan net probeer, maar na vele dronk woordewisselings met die opsigter moes die ou kar ‘n ander heenkome vind. Iemand in die woonstelblok het eventually begin gatvol raak dat ‘n berg yster sy parking opneem en skadu bied vir al die kak wat eventually dwarsdeur die paving begin groei het. Die kar moes ‘n huis kry en my opsies het ge see-saw tussen fokol en verkoop die ding. Met ‘n hart so swaar soos die kar self is dit toe aan ‘n ou omie verkoop wat planne gehad het vir die outjie…
*eindig treurige vioolmusiek*

Na sowat ses maande se gesoek op die interwebs het ek die einste kar weer opgespoor – op ‘n fokken haar die two-tone 1949 Hudson Commodore wat ek destyds moes laat gaan het soos daai scene uit Clifhanger waar Sylvester Stalone die chick se vingers uit sy hande laat gly het:
“Sarah, I’ve got you, your’e not going to die!”
“Don’t let me fall!”
Nooo!”
“WHAAAAAA!”
-splat-

Na so paar boodskappe, foto’s en what-whats op Whatsapp het ek die verkoper gebel en gereel vir ‘n besoek in Bloemfontein. Check, die Skynmaagde het na die Watkykjy party sommer by ons oorgebly en moes ‘n gig in Bloem jol, toe skiem ons om sommer ‘n dubbele-doeleinde road trip aan te pak – ek vat hulle Bloem toe vir die gig en gaan kokkenodge terselfdetyd die kar.

Oor die foon het die eienaar van die kar soos ‘n plat-op-die-aarde mid 30s dude geklink, maar dit was daai selfde laitie wat twee jaar gelede die vermeende skurke so stukkend gepoes het. Hy is nou sewentien jaar oud en run sy eie besigheid van die plot af, waar hy skaarserige karre regoor Suid-Afrika vind, plot toe laat sleep en hulle opfix en swaai vir zak. Sy pa (wat fokken trots op sy seun is) het hom alles van karre af geleer oor die jare en hom ‘n ruk terug R5000 in die hand gestop en getune om sy eie besigheid te begin. Jirre shame, dan moet hy nog skoolwerk ook inpas tussen alles. Die lewe is hard.

Ons kon die Hudson reeds van die plot se afdraaipad raaksien waar dit saam met ‘n klomp ander wrakke van karre, trokke, busse en bakkies verspreid rondgelê het. Die oom het ons kom ontmoet en so in die loop sy laitie se lewensverhaal tot dusver met ons meegedeel en toe aan hom voorgestel. Honde het rondom ons enkels rondgedrentel soos Mark (dis mou die laitie) ons deur die karre geloop en verduidelik en beduie het en eventually by my oupa se kar uitgekom het.
hudson commodore 1949Die omie wat destyds die kar gekoop het, het gelieg. Hy het absoluut fokol aan die kar laat doen. Selfs tekens van die droëe bloed van my ouma en oupa se Dobermans wat mekaar een aand in die Moot opgefok het oor ‘n sopbeen was plek-plek op die kar se gat te bespeur. En nou staan hy hierso op ‘n plot buite Bloem. Behalwe vir die kar waarop ek my oog en hart het, wys Mark vir ons drie ander bakkies ook en toe ‘n bladsy op die internet wat tune dat daar net 400 van hierdie bakkies oor is wêreldwyd – die 1947 Hudson Commodore Super 8 pickup. Iets waarop hy baie trots is. In vandag se terme is daai is min of meer fokken Bugatti Veyron syfers, pappie!

Behalwe vir die karre, wrakke en honde (een van hulle het net drie bene) loop daar ook perde rond. Nie plotperde of donkies nie. Fokken Arabiese perde. Trots vertel Mark se pa ons dat een van hierdie perde  se ma ‘n ster was in die movie The Young Black Stallion.
perdPa en seun is glo moerse getreat toe die movie geskiet is en hulle in Durban in ‘n fancy hotel opgesit is for free: “Ons het elke dag sommer TWEE KEER bacon geëet!”. Fokken weird – jy sit met fokken poesduur Arabiese perde maar die feit dat jy bacon score saam met jou verniet hotelverblyf is kind of a big thing. Humble mense. Dis ook die perde en die vreemde setting wat ons half laat besluit het om sommer vinnig ‘n (en ek gebruik die term baie fokken los) “music video” te skiet vir Die Skynmaagde. Die videokamera in die kar was eintlik saamgebring om die kar af te neem en daar was 7 minute se batterykrag oor gewees, die charger terug in Pretoria vergete, iewers in ‘n deurmakaar kas vol kabels en kak. Toe wing ons maar alles in een shot tot die kamera kak op ses-en-half minute:

Pa en seun het dit moerse geniet. Die perd (en nou die honde sommer ook) weer sterre. Al is dit net vir ‘n Afrikaanse satiriese band op die Youtubes. Ons moes begin skuif want twee snotkop seuntjies (seker bure) sonder aas het opgedaag om te kom visvang op die plot en die son het begin water trek. Die middag is afgesluit met onderhandelinge vir die kar. Ek het fokol zak en het die laitie gevra om maar die kontakdetails aan te stuur van die volgende persoon aan wie hy my oupa se Hudson verkoop, want ek moet die kar op een of ander manier terugkry. Hy was egter fokken nice oor die saak en het voorgestel dat hy die kar vir my sal restoureer oor ‘n periode van agt maande (hy love Hudsons fokken stukkend as jy dit teen hierdie tyd nog nie agtergekom het nie) en ek kan hom zak betaal soos ek spaar sodat hy met die projek kan voortgaan.

Die storie het lank nog nie ‘n happy ending nie, maar hopelik sal ek eendag in die nabye toekoms vir julle die eindproduk kan wys. Bloed en sweet van ‘n sewentienjarige laite uit Bloemfontein met groot drome. Ons het afgespreek dat die kar uiteindelik min of meer so daarna sal uitsien as hy eers klaar is met hom:
hudons commodore 1949 on pawn starsEk moet nou eers my jet ski verkoop om ‘n stuk van my eie geskiedenis terug te koop. Mens kan altyd later weer ‘n boterfiets koop. Die lewe is fokken onregverdig….
*pisgril terwyl skouers ruk*
*snik*

Deel met jou tjommies!

    griffinPlotselings deur Bloemfontein

    Comments

    1. fran

      Cool storie Gifford, hoop jy kry die kar eendag. Ek wens sy was myne, myne, myne…

    2. SnellerVinger

      Pis cool kar dude!! Jou oupa sal trots wees op jou!! Deel bietjie die man se contact details, stel belang om te gan sien wat hy het.

    3. Belhamel

      Befok! Dis nou n mooi storie, en een befokte kar. Somtyds werk dinge mooi uit soos in hierdie geval en soms nie – soos vir die 8 belhamels en die boaterbike.

      Een van die die dae slaan jy ook uit tussen Kriel se ou karre!

    4. Jagter

      “Ek moet nou eers my jet ski verkoop”

      Ha. Is daar iemand wat nie sy jetski wil verkoop nie. Dis soos ‘n home gym. Klink altyd na ‘n moerse goeie plan, tot jy die ding het.

    5. Author
      griffin

      Ek speel actually nogal baie met die ding. Vet pret. Maar in die winter verander dit natuurlik presies in daai home gym waarvan jy praat.

    Gooi Comment