Het Weezer die heel eerste viral music video ooit gemaak?

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

weezer album cover everything will be allrightWeezer het al meer as 9mil albums in Amerika verkoop en amper 18mil wêreldwyd sedert hulle ontstaan in 1992. Hulle eerste self-titled album het in 1994 uitgekom en alhoewel die band deur so paar line-up changes gegaan het, is hulle nogsteeds sterk aan die gang vandag.

Hulle tweede track, Buddy Holly vanaf hulle debut album het ‘n music video gekry wat deur Spike Jonze direct is (hierdie bra het kakbaie suksesvolle movies ook onder die belt). As jy ‘n krimpie is of al ooit te doen gekry het met Windows ’95, sal jy dalk uitmaak van die band, want daai video was saam met Windows ’95 ge-bundle onder “Fun Stuff” op die CD.

Dis moeilik om te gauge hoeveel mense die video gesien het, maar in die eerste jaar van Windows 95 se release is daar 40 miljoen copies verkoop. Dis net in die eerste jaar. En dit sluit nie pirate copies in wat almal gedief het van die interwebs af nie nie. As jy nou daaraan dink in terme van pre-Youtube en soortvan pre-internet (1995 was min of meer die groot entry vir SA tot die internet) was Weezer se video vir “Buddy Holly” moontlik die heel eerste viral music video met die meeste views wat kinnders op ‘n computer ge-kokkenodge het.

Anyway die nerdy blare is terug met ‘n splinternuwe album, Everything Will Be Alright In the End:
weezer
Hulle het ook ‘n nuwe music video vir hulle track, Back To The Shack:

Deel met jou tjommies!

    griffinHet Weezer die heel eerste viral music video ooit gemaak?

    Gooi Comment