Die sadste persoon in Centurion – ‘n ontleding.

In Snotstories deur griffin19 Eiertjies

Dié van julle wat ons nie op Twitter of Facebook volg nie het moontlik uitgemis op hierdie absolute juweeltjie waarop ons afgekom het. As jy ooit down in the dumps voel, tik net die volgende in jou Google masjien in om beter oor jou eie lewe toe voel: “die sadste persoon in Centurion” om op hierdie post af te kom. Jy sal spoedig beter voel.

Hoekom sal jy beter voel? Wel, fokken kyk hierso. Dan behandel ons die die gedoente stuk vir stuk:
die ruik huisDie knaap begin sy pleidooi baie mooi. Hy vra om anoniem te bly en gooi even die verkeerde spelling vir die afkorting van “asseblief” in. Dit alles in kleinletters. Ongelukkig hou dit net vir die eerste twee woorde voor hy in hoofletters begin kak smeer oor jou screen.

Met die intrapslag neem hy reeds ‘n verdedigende posisie in deur potensiële internet trolle in een lang asem te waarsku:
“DIE WAT WIL SLEG KOMMENTAAR MOET EERDER NIKS SE EK VRA NET N VRAAG”.

En dan die vraag, soos ‘n boemie by jou karvenster wat plastieksakke, iPhone chargers en license disk holders verkoop:
“WIE KAN VIR MY HULLE HUIS LEEN VIR DIE NAWEEK?”
O-kaaay…. effens vreemd, vreemde ou wat niemand van geen kant af ken nie. Jy wil iemand se huis leen? Gaan jy die huis terugbring? Wat is die storie hierso?

“IS DAAR IEMAND WIE SE HUIS EK KAN OPPAS WAT RUIK IS?”
Ah, nou verstaan ons. Jy wil iemand se huis opppas. Iemand wat “ruik” is. Hoe lyk iemand wat ruik is, want dis half meer van ‘n sintuig vibe waarvoor jy daar gaan. Soek jy dalk eerder iemand wat soos iets ruik? Iets spesifiek? Hondekak dalk? Geld? Ou skoene? Poes? Wat is hierdie kwalifikasie waaraan jou onwetende barmhartige samiritaan moet voldoen? Dis poes right? Is dit poes? Dis poes!

“EK BLY BY MY OUMA” (O gods, hier gaan ons. Things are noot looking up for you, young man) “EN EK EN MY WHATSAPP FRIENDIN ONTMOED VRYDAG MAAR SY DINK EK HOOG IN SASOL EN EK IS RUIK”
Jirre, whoaaah. Daar is so baie om uit daardie sin(?) te haal. Slow down, son. Kom ons vat hom bietjie vir bietjie: Hoe de fok kry jy dit reg om “Vrydag” reg te spel maar jy kap “vriendin” met ‘n ‘F’? Hier is vir jou so paar woorde wat met ‘n ‘F’ gespel word: flamink, fyndraai, fok, fokken, fokof, Fokofpolisiekar, fokvelle… Jy maak uit? Kom ons los eers gou die feit (nog ‘n F-woord!) dat jy haar ‘n Whatsapp vriendin noem. Jy wil haar graag “ontmoed”. Daai is nie ‘n regte woord nie, jou stupid naai. Ek dink die volle woord waarna jy soek is moontlik “ontmoedig” en jy gaan regtig nie van die woord se betekenis hou nie:
afraai, vermaan, demoraliseer, knak, terneerdruk, moedeloos maak, neerslagtig maak, mismoedig maak, knak, breek, platslaan, afskrik, intimideer, ontsenu, bangmaak, afskrik, afblaas, afkonkel, afleer. You get the picture? Gonna have a bad time. Nee, ons dink jy wil net hard naai op ‘n vreemdeling se bank. Heel moontlik sonder effies.
“MAAR SY DINK EK HOOG IN SASOL” – jy bedoel seker fokken hoog OP Sasol. 95 Oktaan.
“EN EK IS RUIK” – hier gaan ons alweer met jou sintuie, nee wag, jou hormone wat jou so op hol het.

“AL IS DIT N COUPLE SE SE HUIS EN JULLE KAN VIR MY JULLE DEURE OPMAAK”
Bra, die eerste ding wat jy gaan doen as ‘n couple hulle huis se “deure” oopmaak.. nee wag so bietjie. Deure? Is dit nou vir al die die reuke wat jy gaan indra? *skud kop*. Die eerste ding wat jy gaan doen as ‘n couple *maak keel skoon* hulle “deure” oopmaak is om tien teen een straight na die female in die couple se verhouding te hardloop en soos ‘n hond haar poes te probeer ruik. No deal…

“EK SAL SE JULLE KUIER BY MY”
Raait, so lemme get this straight: jy gaan maak asof die “ruik” mense by wie se huis jy plak, jou kuiergaste is. Die chick met die befokte mooi hare, heel moontlik ‘n boob job en haar man/boyfriend met die Tag Heuer horlosie en designer klere (sorry, ‘kleure’) is gaste wat by jou kom inloer het. Jy met die vuil tekkies, die Tap-Out/No Fear/Monster wife beater, ‘n poeshoed, ‘n Clicks plastic horlosie en vuil peroxide kuif? Trek die ander eeun, seun…

“ASB NIE ARM HUIS NIE”
Ja, fok, arm huise is die pits. “Huis, weet jy hoekom is jy so fokken arm? Dis omdat jy standerd ses uit die skool is en te veel dagga gerook het. Kam jou fokken hare, huis en staan regop! Gaan kry ‘n fokken werk, huis! Byt ‘n paar jaar vas, dan kan jy jou eerste huis koop, huis. En daarin woon. Dis poes meta, huis.”

“DIT MOET LYK OF EK AMPER ALMAL SE BAAS IS”
Hier is die woord “amper” van kardinale belang. Die outjie het actually ‘n halfuur gesit en dink oor hierdie sin: “Ek moet suksesvol, dog nederig voorkom. Sasol se base kan sekerlik nie poese wees nie. Veral die ouens wat hoog op is…”

“DAN WIL EK GRAAG HE IEMAND MOET MY KAMSTIG KOM SIEN IN DIE NAWEEK IVM WERK ASB”
Semantics ter syde gestel, kan ons net uistluitsel kry oor hierdie versoek: Moet dit nou dieselfde ruik eienaars van die huis wees of ander mense, want dit kan nogal crowded raak in die ruik huis. Ons sal moontlik vensters ook moet oopmaak, let alone al die deure. En dan, watter tyd sal u majesteit pas? Ons wil jou nou nie “in die naweek” sien in jou adamsgewaad terwyl jy die arme Whatsapp friendin pakslae gee met die snotsambok op die Corrycraft couches teryl MTV Base blêr deur die 55″ 3D TV se poesduur surround sound system nie. En wat behels die “werk” waaroor jy gesien moet word? Moet ons allerhande chemiese reaksies kom bespreek en PowerPoint presentations hou of moet ons hoed-in-die-hand kom vra of ons die bossies langs die paving kan uittrek? Persoonlik sal opsie twee beter vir jou werk. Dit sal jou ruiker laat voorkom.

“EK VRA NIE GELD NIE EK VRA GINS”
Dis moelik om uit te maak of jy inderdaad nie vir geld vra nie of moontlik ‘n bottel gin ook uit die deal probeer score. Ieder geval, jy vra heeltemal te veel van ‘n redelike, regdenkende persoon.

“WIL ASB OOK NET KAR LEEN EK HET N LISENSIE”
Die feit (F-woord!) dat iemand jou ‘n lisensie in die hand gestop het (ons weet jy het dit nie gekoop nie, want jy is nie ruik genoeg nie) behoort die hele Centurion fokken bang te maak. En fok jou, jy kan nie ‘n kar leen nie. Nie eers ‘n Hotwheels karretjie nie.

“JULLE KAN MAAR LAG”
Ou pel, die fokken trane loop die Hennops vol soos mense nou vir jou lag.

“SOMS MOET MENS AAS AANSIT OM VIS TE VANG”
Nie soms nie. Altyd, veral as mens actually letterlik visvang. Visse hap nie skoon, blink hoeke nie. Ook nie geroeste hoeke nie. Waarmee jy sit is ‘n vislyn, sonder ‘n stok of ‘n katrol. Fok, jy sit nie eers langs ‘n river nie, ou maat.

“EN JULLE WAT WAT WIL LAG VLIEG IN JULLE MA SE ROI BLOED ……. IN!”
Op hierdie stadium het die seun moontlik uit sy bipolar medisyne (wat hy by ‘n vriend gesteel het) gehardloop, want hy is op ‘n full frontal attack. Hy het tog ietwat van ‘n opvoeding gehad want die woord “poes” word met sewe periods (get it?) vervang. Dis ook betwyfelbaar of hy al ooit in sy lewe ‘n ekonomie boek raakgesien het aangesien “return on investment bloed poes” absoluut geen sin maak nie. Ons vergun hom dus hierdie een spelfout en neem aan hy het na die kleur “rooi” verwys.

“MENSE SOOS JULLE WAT EK MOET WAITER JULLE DINK MOS JULLE BETER WEET HIER MENSE MET GOEIE HARTTE”
I think that sums it up quite nicely. Bly weg uit restaurante in Centurion, want jy weet nie waar hierdie mal fok werk nie. Dis darem nice om te sien die outjie het begin snik aan die einde van sy briefie. Dis hoekom “harte” met twee T’s gespel is. Hy wou ‘n rou emosie uitdruk om die dringendheid van sy ernstige, hopelose situasie oor te dra. Moet ook nie van die moontlikheid vergeet dat die Whatsapp “friendin” dalk ‘n mollige middeljarige Minecraft speler iewers in sy ma se basement is nie…

Ons vermoed jy gaan nie in die nabye toekoms naai nie. Nie in ‘n ruik huis nie, in elk geval. Kry fokken hulp.
woordeboek

Deel met jou tjommies!

    griffinDie sadste persoon in Centurion – ‘n ontleding.

    Comments

    1. Die Gemaskerde Sopbeen

      Liewe poes. Liewe, liewe, liewe poes.

      Ek gaan hierdie outjie uitprint en erens plak. Net om te lees wanneer die wereld en my lewe totaal soos n fokkop vir my lyk.

      Net om te weet dat ek maar nooit so ñ dooskop kan wees en my lewe op Geen manier so kak kan uitdraai nie, behoort my van enige planne wat n das en n kakhuis deur involve van laat afsien. Ek hoop n kar trap hom of hy kry Enobola voor hy broei.
      Jou arme, arme poes…….

    2. Dirkie

      Dis die snaakste ding wat ek nog ooit gelees het. In my hele lewe.

    3. Dayv

      Jirre fok ek huil nou van die lag. Almal by die werk kyk my snaaks aan.

    4. Hennie

      Dis die mees fokken snaakste ding wat ek nog ooit in my lewe gelees het. Gaan dit vir al my tjommies stuur.

    5. Paxo

      Hahaha ek het meer gelag vir jou ontleding as sy storie Grif. Dis pis snaaks!

    6. ANONIEM

      LYSTER NOU MOI VIR MY EK IS DIE OU WAT DIE OORSPRONKLIKE BOODSKAP GESKRYF HET. WIE GEE JULLE DIE REG OM MY BOODSKAP HIER TE POST EN N BESPOTING VAN MY TE MAAK?? VOK JULLE! EK WEET EK KANIE SPEL NIE MAR EK IS NIE DOM NIE. EK WAS N APIE BY N MACHANIC VOOR EK BEGIN WAITER HET EN WEET BAIE VAN BAIE DINGE AF SO VOK JULLE POESE WAT MY SO SPOT EK SAL JULLE HOF TOE VAT VIR NAAMSKEINDING. HAAL DADELIK HIERDIE FIESLIKE POST VAN JULLE KAK WESITE AF OF EK KONTAK DIE POLISIE OM JULLE TE KOM ARIESTEER EN DAN DAGVAAR EK JULLE BY DIE HOF VIR AL DIE GELD WAT JULLE HET. VOK JULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    7. rot

      Ek het een dag ‘n CV vir ‘n IT pos gekry .. Die outjie se kennis was dat hy kan “internet en Facebook”

    8. witblitz

      Jislike mar hierdie ou het die intelligensie van n badprop.
      Ek dink hy moet PEP toe gaan om vir hom n “apie” pakkie te gaan koop.!!!
      Wat hy nie besef nie is dat sodra jy in vandag se lewe iets aan die internet oorgee is die inhoud dadelik oop vir kritiek.

    9. Grietje

      Ek neem aan die Whatsapp friendin (spelling is aspris soos die skrywer s’n) is toe nie impress met jou ruikdom en huisie in Centurion nie ne?

      PS…. as jy hoog op was in Sasol sou jy n huisie in Dullstroom gehad het….dit is waar al die larneys van Sasol huisies het…. nie Centurion nie.

    10. Pollie Otter

      Anoniem…jou pa het die beste deel van jou in die kakhuis afgespoel.

    11. Ries

      Anoniem …. (Of sal ek sê ANONIEM)

      HOE, in die naam van “VOK”, het jy uit die aborsiebak uit ontsnap???

      En baie sterkte daarmee om die polisie uit te kry hiervoor, want SA het mos die wonderlikste regstelsel en stuff…. I mean, ons kan nie eens ‘n bliksemse paraplegiese moordenaar behoorlik vonnis nie!! Inteendeel dink ek JY moet eerder by die polisie gaan vra of jy ‘n APIE daar kan wees.. Net miskien maak hulle hul HARTTE (en holle) oop vir jou, want dis fokken AL waar jy gaan regkom!

      G’n wonder mense dink ons afrikaanse mense is kommin nie!

    12. FiEliEs

      Nee fok (nog n F-woord!) ANONIEM! As jy nie eers kan bekostig om jou eie huis te huur nie…..hoe die fok (nog n F-woord EN reg gespel) gaan jy n lawyer bekostig jou idioot?! Al gehoor van “quit while you’re ahead”? Sit jou selfoontjie neer, los sosiale media uit (want jy is poesdom!) en gaan werk vir n promosie tot hoof kelner. Gebruik dan jou nuwe verhoogde inkomste om jou fokken matriek klaar te maak…..doos.

    13. LamEraZAR

      Liewe ouers… WTF?? Ek twyfel hierdie kanaalbaber het ooit enigiets leer lees behalwe die tattoo op sy jonger boetie se rug. Dit blyk dat hy nie homo sapiens is nie en moontlik die produk is van `n sperm wat teen `n publieke toilet se deksel uitgebroei is…deur `n vlieg!
      As daardie ding ooit kleintjies maak, kan ek asb`n tefie kry..?

    14. Yolande

      Dit is verseker die snaakste ding wat ek al ooit gelees het! Die ou het sy naam met n plank geslaan! Ek is bly hy was darem slim genoeg om Anoniem te bly want ek weet nie hoe jy “recover” van so iets nie! Dankie… Ekt nou baie lekker gelag!

    Gooi Comment