Dis naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffinRek jou bek

Daar is niks soos ‘n public holiday in die middel van die week om alles te gaan staan en befok nie. Kan ons die goed nie maar net aan die einde van die week kry nie? Dis kak om op ‘n Donderdag bewerig by die graft te sit met ‘n bangbabbelas en daai gedagte wat in jou kop rondmaal dat al die vleis wat jy op Nasionale  Braaidag saam met shooters afgesluk het noodwendig by die werk uitgekak gaan word. Dan rol Vrydag in. Jy voel effens beter maar prewel onderlangs dat die naweek nou maar sy ding moet kom doen, want fokweet, dit was ‘n harde week…

Vat hierdie naweek rustig, want jy gaan al jou krag nodig kry by die Watkykjy jol volgende Saterdag, 4 Oktober. Vir dié van julle wat daai Saterdag eerder wil gaan rugby kyk tussen die Bokke en die All Blacks, die kompetisie vir die free tickets en booze bus sluit Woensdag 1 Oktober, so kry jou entries in.

Tot dan, doen wat hierdie mooi tannie vir jou tune om te doen. Net vir vandag wil jy baie graag ‘n cheap, pienk lilo wees…
daai-lilo-het-'n-boner

Deel met jou tjommies!

    griffinDis naweek, kom ons fokken duik!

    Gooi Comment