Krimpies kap dit uit in Kaapstad – One Night in Cape Town

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Ingrid Swart

“One night in (Cape Town) makes a hard man humble, not much between despair and ecstasy…”

Só lui die lirieke van die liedjie, maar ek dink die teendeel is eintlik waar: Dis die stowwerige Saterdagaand by Koppi, waar jou voete sif geloop, jou stem weggedrink en jou snot ‘n nuwe skakering van swart is, wat nogal ‘n humbling experience is. Dus na ernstige nabetragting, het ek en my skêr (wat dié jaar net nie weer kans gesien het vir ‘n kampnaweek in Mordor nie), besluit om die civilized approach tot internasionale musiek te kies en af te vlieg Kaap toe vir ONICT. ‘n Cool show en ‘n lekker kuiernaweek op die wynplase saam met ons vriende. Soos grootmense. Of bederfde krimpies…nes jy wil.

Die vertoning was in die Good Hope Centre in die CBD – my eerste keer in dié groot concrete igloo-shaped, mooi-mooi uit die mid-sewentigs. Maar toe die wind opkom en die temperatuur drop soos ‘n Sunnyside hoer se panty op Nuwejaar, is ek tog te dankbaar vir die vreemde koepel oor my kop. Ek het vroeër die week ‘n resensie gelees oor dieselfde vertoning en al waarop die skrywer gehammer het was oor hoe kak die klank was en hoe sy arme oretjies gezweee het na die tyd. Shampies. Ja, dit was moer hard en dit kon verseker beter. Maar seriously hipster, ek het twee woorde vir jou: Ear plugs. As dit jou werk of jou stokperdjie is om na shows toe te gaan en dan daaroor te blog, dan kan jy sekerlik maar R5 spandeer aan ‘n paar ordentlike oorpluisies, innit? Hierdie krimpie se ore was fine, en ek het reg langs die speakers gestaan.

Die aand het begin met ‘n optrede deur Tatran, ‘n Israeli band wat sulke lekker vreemde feëtjiemusiek gejol het. Na hulle was dit ou favourites Shadow Club se beurt om die stage te vat en soos altyd ‘n kick-ass show op te sit. Dit was ‘n goeie mix van nuwe songs van die album ‘Good Bye Wild Child’ en daai getroue oues wat my been altyd so lekker laat skud.

Ek het eers redelik onlangs die Editors se musiek ontdek, en ek moet bieg, ek is regtig sleg met die oplees oor bands, self al hou ek baie van hulle. So in my kop was die leadsinger so vetterige ou met bietjie van ‘n dubbelken en ‘n grillerige baard, want waar anders moet so ‘n mooi diep en swaar stem dan gebêre word? En daar stap hierdie lang, maer mannetjie op die stage en hy begin te sing… Genugtig! My hele lyf het sommer so bietjie ge-kick like a sleep twitch.

En net toe ek nou lekker die groove vang, raak dit tyd vir Aussie rockers Wolfmother om die gehoor te vermaak. Leadsinger Andrew Stockdale se vocal range is amper so groot soos sy afro en wat amazing is, is hoe hy die hele show deur op die top van sy stem aanhou sing. ‘n Uitstekende set met ‘n koepel vol mense wat mosh en uitrock op favourites soos Woman, New Moon Rising en Joker & the Thief.

En aan die einde van die show, toe ek en my vriende en my ear plugs oppad is huistoe, is ek skielik moer bly dat ek nie nou vir twee ure in die donker moet verdwaal oppad na my stowwerige, koue tent en die dronk bure uit Pretoria-Noord wat heel nag techno speel nie. Daar is toe klaarblyklik ‘n moerse verskil tussen ecstasy en despair, vind ek uit… veral na 35.

Check die kiekies hieronder wat die aand geneem is. Die hele gallery is ook op Watkykjy se splinternuwe Facebook Page.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeKrimpies kap dit uit in Kaapstad – One Night in Cape Town

    Gooi Comment