Kak Cabbies – Cugnot se stoomkar

In Snotstories deur griffinRek jou bek

In ons laaste aflewering van "Kak Cabbies" het ons in die 1970s gaan draai met die Triumph TR6. Dit was 'n moerse fout gewees want ons moes actually gaan kyk het waar kak karre vandaan kom en die klokke al die pad terugdraai. Soos daai skelm oom van jou wat die karre smous en die odometers reset daar onder sy carport in Durbanville.

meermin slaves 1766Kom ons begin by die heel begin van karre. Ons praat nou van karre wat meganies aangedrewe is. Al die pad terug in 1763. Dis poeslank terug. Om Suid-Afrika se geskiedenis vir jou in perspektief te sit: in 1763 het die "La Fortune", ('n ironies gedoopte oorlogskip) gekak naby Mosselbaai op pad na Réunion eiland, tien teen een op 'n mission om kak te gaan maak. Drie jaar later het 112 slawe aan boord van die "Meermin" in die Kaap uitgeslaan. Suid-Afrika sou sy eerste kar eers meer as 'n honderd jaar later sien, tien jaar nadat George Harrison (nie daai takhaar van die Beatles nie) goud gescore het in Joburg.

john percy hessEn daai kar was 'n Masipa Benz. In 1896 het John Percy Hess van Snortoria besluit om Suid-Afrika se eerste kar in te voer vanaf Duitsland na Port Elizabeth, waarvandaan hy na Pretoria toe vervoer is. Hess het toe sommer ook die grootbaas van Benz Motors in Suid-Afrika geword. Die eerste trippie in 'n kar in Suid-Afrika ooit was ook toe sommer in Pretoria gewees in Berea Park op 4 Januarie 1897. Deesdae hang daar hoere in Nigerians uit. Baie mooi plek… Hy het sy twee seater Benz Velo vir 'n spin gevat saam met sy eerste passasiers, A.E. Reno (sy business tjommie) en W.J. Leyds (die staatsekretaris). Dis onseker of die twee ouens op mekaar se skote gesit het, maar ons neem maar aan dat hulle beurte gemaak het, want so 'n rondgeskuddery in 'n skedonk het sekerlik vir awkward boners gesorg en holnaai was definitief uit soos koekies in die weeshuis in poesoud Zuid-Afrika.

paul kruger benzPresident Paul Kruger was ook uitgenooi vir 'n spin maar hy't besluit om van die kant af te kyk. Lekker, ou fokken Paulina Pissypants! Oopmondkinders en marabse wat fokol gewoond was het 2 shillings en 6 pennies gehoes om die spektakel te kokkenodge. Daar is ook 'n special edition goue coin gemunt vir die spoggeleentheid, so dis nogal obvious dat government se Wa-Benzie koors en geldverkwisting al 'n fokken laaaang kronkelpad kom…

Wat het van daai kar geword? Kontryk koffiekoning, A.H. Jacobs, het die kar by Hess gekoop. Hy't seker seker vir daai tyd se ekwivalent van 'n Junk Mail advertensie geval. Iets in die lyn van: "Een oude dame eigenaar. Het slegs de motor gerij naar haar ginekoloog elkij zondag, hoewel dar nijks fout was mijt haar koek niet. Lage kilometerstand. Rijdt sneller dan tien paarden. Mint conditie." Hy het die kar verniet vir mense "geskou" en met verniet bedoel ons, jy moes eers 'n halwe kilogram koffie by hom koop. Kapitalistiese kokkelol. 'n Paar maande later is die kar in 'n brand opgefok. Ja boet, so draai die wiel…
mercedes benz velo
Kom ons kom nou by die actual storie uit. So was dit in Suid-Afrika: Ons moes fokken lank wag voor die eerste kar hier kon land. Dis nog steeds so in SA. Ons kry Game Of Thrones eers fokken twee weke nadat dit in die States op die kassie kom. Dinge sal ook nooit verander nie. Jissis man. Cugnot se stoomkar ('n honderd jaar voor ons eerste ou Benzie) was planeet aarde se eerste waarlike kar. Nie net was dit die eerste kar nie, maar dit was ook die kakste kar ooit en die goeie nuus is: Niemand hoef ooit weer so 'n stuk kak te ry nie. Ek kyk na jou in die Kia, jou marabs. Jy is eintlik baie bederf, hoor?

cugnotCugnot was 'n Swiss ingenieur wat vir die Franse weermag gewerk het en sy main mission was om 'n voertuig te design wat die Franse se kak wapens en ammunisie kon rondkarwei. Sy eerste stoomaandedrewe monster kon vier passasiers vervoer op sy maiden trippie en het teen 'n alomteenwoordige spoed met engele wat sing soos dit wegtrek, van 4.8km gefokof. Dis ongeveer helfte die spoed wat 'n ongesonde soustannie agteruit kan draf. Dis poes sad. En raai wie sal eerste (letterlik) uit stoom uit hardloop? OK, fair enough, tien teen een die tannie, maar die kar se boiler was elke twaalf minute leeg. So kom ons doen vinnige standaardgraad wiskunde: nadat jou eerste tenk vol stoom kak, het jy 960 meter ver getravel. Fuck knows hoe lank dit vat om kole en water vir die boiler op te spoor, dit weer vol te maak en die temperatuur optimaal te kry om die volgende 960 meter aan te pak, maar ek gaan 'n wilde raaiskoot vat en tune dis twee weke. En ek is nou generous. Want wie verkoop steenkool en water langs die "pad"? Waar's die fokken Caltex Haas, my bra? Die kar het dus teen 25km per jaar getravel (ek was fokken gaaf en het opge-round van 24.96km af). Jy het 'n beter kans as die vet soustannie jou abba terwyl jy aan haar tiete vasklou. Akward boners natuurlik opsioneel.
kry vir jou n soustannie
Sy tweede kar was effens meer bekend gewees en is steeds iewers in 'n museum in Parys te bespeur (heel moontlik die Nasionale Musem van Losers), maar dit was net so 'n groot fokop gewees, indien nie 'n groter een nie. Hy't die ding gaan staan en stadiger maak teen 4.5km/h. Waddefok, ou? Hoekom govern jy die poes ding? Soos sy voorganger was hierdie "kar" feitlik onhanteerbaar. Die Julius Malema tipe onhanteerbaar as jou naam Jacob Zuma is. Dis ook dalk nou die regte tyd om te noem dat hierdie kar front-heavy was. Dink aan 'n omgekeerde perdeby: sy poepol gedeelte is sy kop en hy moet sy top-heavy poepolkop met sy dun vlerkies stuur. Jy sal fokken moeg word, man! Al hortend en storted, hoesend en proesend het Cugnot se faktap stoomgevaarte mense in die strate van Parys laat uitfreak en skree tot sy biceps uiteindelik ingegee het van al die inspanning en hy 'n muur in sy moer in gery het. Jirre, imagine die scene – die kar wat op chicks met lang frilletjie rokke en lace sambreeltjies afpyl terwyl hulle gemaak-slow-motion in terror weghardloop (flash back: die kar was kont stadig).
cugnot-se-stoomkar
Cugnot is uit die rubble van die muur uitgetrek en tronk toe gesleep sodat hy sy biceps vir so twee dae lank kon rus. Sy stoomskedonk is gekonfiskeer en Die Franse regering het alle fondse vir sy projek gestop. Dit was die einde van daardie nagmerrie, maar dit het die fondasies gelê vir daai outjie wat nou in jou garage staan – die vierwiel verbranding koets zonder paard, waarop jy 'n faktap drukvlerk en scoops sit.

Jou fokken kokkelol.

griffinKak Cabbies – Cugnot se stoomkar

Gooi Comment