Meisiekind weer Bok? Waddefok?

In Sport deur Kaptein Kortbroek2 Eiertjies

Ek was op die punt om weer een van daai classic “open letters” vir onse Springbok coach te skryf, maar toe skiem ek nee wat, ‘n brief is dalk te formeel en so outjie moet ons dalk spaar vir die dag wanneer hy gefire moet word.

So kom ons tune dit gou , once – Heineken se idee om Meisiekind weer Bok te maak is ‘n shocker. Dit is dalk die kakste besluit (en daar was al baie) wat hy in sy termyn as nasionale breier gemaak het.

Hier is hoekom ons so skiem:

  • Meisiekind het nog NOOIT (fokken nooit ooit ooit) ‘n great game in die Boktrui gejol nie – check, alle respek vir die bra op Super Rugby en Currie Cup level. Donner, min kan crashball vat soos hy, maar op toetesvlak…
  • Dit ruik soos gunsies vir maatjies – om die verskoning te gebruik dat daar nie ander senters was nie is ook bietjie vlak. Met al die ou manne wat terugkom lyk dit meer soos ‘n family reunion as ‘n Bokspan. Laat jou amper wonder wie actually die span coach, coach?
  • Dit stuur ‘n nie die regte boodskap vir enige ander bra wat wil Bok/Super Rugby jol nie – asof ons nie al genoeg spelers aan klubs oorsee verloor nie, maak die Meisiekind move dit beswaarlik makliker vir manne om hul toekoms te beplan. As mens iets oorsee moet loop soek, sorg dan dat dit die befokste speler ooit is, soos ou Flo. Nie een wat nog NOOIT in die Boktrui geshape het nie.
  • Dit maak jou wonder oor die groter plan – Wat gebeur na volgende jaar se World Cup? Want dit lyk seriously nie of daar vir daai dag beplan word nie? Hier trek ons, nes laasweek, weer ‘n vergelyking met PDivvy wat geskiem het om manne oorsee te loop soek is kak. Hy was reg en het dit reggekry om met ouens wat op daai stadium in SA gebly en gejol het die All Blacks in die House of Pain te bliksem.

Heineken se Bokke was al naby, maar naby is nie wen nie en op die stadium is die score All Blacks 6 Bokke 0. Bottom line hier vir Heineken is dat hy nie homself, of sy span, of even die speler, ‘n guns gedoen het deur Meisiekind in te sluit nie. Ons weet Wallis suig sonder daai Warburton mannetjie en behoort die naweek weer op hul moer te kry, tog kon ons beswaarlik die Nelspruit Pumas op die veld gejaag het en hulle sou dieselfde gedoen het teen die moegspul.

Hoekom dan nie eerder ‘n jonger blaar soos Paul Jordaan of Porsche Sithole ‘n kans gee om die bank warm te hou nie? Die blond se insluiting was ‘n blonde besluit en wek meer kommer as enige iets anders. Die average senter daarbuite skiem seker hy sal nooit die span maak as jy nie deur “die manne” vir ‘n braai genooi word nie. Spankeuse daar gelaat, ons het laasweek lekker gejol, paar cool moves gepull, maar as julle fokkers nou al die befokste rugby blog ooit dopgehou het sal julle weet dat Willie le Roux aanvanklink nie eers deel van die Heineken plan was nie…

Sit daai in jou pyp en rook dit!
wynie-in-pienk

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekMeisiekind weer Bok? Waddefok?

    Comments

    1. rooies

      ek se hierdie elke jaar, maar hierdie jaar sal die bokke the 4 nations wen,ek dink nie new zealand is op hul sterkste vanjaar nie.

    2. BokBal

      Dis nou Saterdag na die game en so wragtig moes Willie alweer die ou ballies help wen.

    Gooi Comment