Brakpan vibes

In Grapgat deur griffinRek jou bek

  • Jy weet jy is in Brakpan as jou ouma verwag.
  • As 'n Brakpanner verby die dam loop gooi die eende vir hom brood.
  • In Brakpan leer hulle net tot by 3 tel: 1liter brandewyn, 2 liter Coke, 3 liter Cortina.
  • 6-uur saans sluit Brakpanners hulle kinders in die huis toe sodat die honde buite kan speel.
  • In Brakpan loop die honde twee-twee saam. Hulle is bang die kinders byt.
  • As 'n Brakpanner die Lotto wen, sit hy Ferrari mags op sy Ranger bakkie.
  • Hoe weet jy iemand kom van Brakpan af? As hy dink "fast food" is om 'n rooibok teen 150 km/h met sy Hilux bakkie te tref.
  • Die deurmekaarste dag in Brakpan is Vadersdag!
  • Brakpanners se huise lyk almal dieselfde — vensters is getint en fondasie gedrop.
  • Jy word nie gebore met blou oë in Brakpan nie, jy moet baklei daarvoor, pappie!
  • Hoekom sny Brakpanners hul honde se sterte af? Sodat, as skoonma kom kuier, daar geen teken van blydskap is nie.
  • In Brakpan is die karre so warm, as jy die choke uittrek dan spin die spaarwiel!
  • Wat is die toppunt van armoede in Brakpan? As jou ma "polony en kaas" op jou toebroodjies moet skryf met 'n 'koukie' pen.

griffinBrakpan vibes

Gooi Comment