Across The Bridge met Black Cat Bones en Zolani Mahola (score tickets)

In Watkykjy Gigs deur griffin4 Eiertjies

Across The Bridge Sessions is producer Dan Roberts se kief nuwe collab idee wat by die Bassline in Newtown plaavind hierdie Vrydag. Geïnspireer deur die ikoniese Mandela brug wat Braamfontein en Newtown connect, gaan die vibe oor die oorbrugging van verskillende musiekgenres. Diep.

Elke gig het ‘n ander tema en die sessions sluit ‘n moerse lekker ete ook in. Themed etes wat by die musiek pas, nogal. Fancy. Met die eerste session hierdie Vrydag, 27 Junie kan jy The Black Cat Bones en Zolani Mahola van Freshlyground kokkenodge. Hierdie mash-up het aanvanklik ewe spontaan by die KKNK gebeur toe Zolani tydens die Bones se gig op stage geloop het en saam met Kobus begin sing het. Sommer so uit die bloute uit. Die crowd het aapkak gegaan. Dan Roberts se The Runaway Train Cult jol ook die aand en ons het nog net goeie goed van hulle gehoor en sien moerse uit daarna om hulle vir die eerste keer uit te check.

Tickets is limited teen R150 per persoon en jy kan dit online kry by www.pnptickets.co.za of by die deur. Ons gaan ver-fokken-seker by hierdie jol uitslaan, want dit klink nie na iets wat jy moet mis nie.

Meer info ook hier op die Facebook event:
www.facebook.com/events/1445009319091102

Score tickets:
Ons het twee double tickets om weg te gee na hierdie larney affair. Tune ons sommer in die comments hierodner hoekom jy gekies moet word. Jy het tyd tot more (Donderdag die 26ste) 16:00  En as jou luck uitrun by ons, het ons tjommies by http://www.pressto.co.za ook ‘n stel tickets up for grabs.

En nou vir ‘n woordjie of twee deur Kobus De Kok Jnr van The Black Cat Bones:

Across-The-Bridge

Deel met jou tjommies!

    griffinAcross The Bridge met Black Cat Bones en Zolani Mahola (score tickets)

    Comments

    1. Liezl

      Ek wil baie graag Zolani saam met die Bones check. Ek was ook lanklaas uit en het min geld.
      Liezl

    2. Natasja

      Middag! Amper is ek te laat, net betyds gesien. Ek wil BAIE graag die show gaan kyk. Love diversity en glo die genres gaan goed mix. Sal love om hulle live te sien. Albei bands lê diep in my hart. GROOT asb. ek sal kliphard saam sing en dans. Thnx

    3. Hamish

      Zolani Rocks en Bones Rocks, saam gaan hulle hard fokken rock! Sal poes kwaai wees om te gaan!

    Gooi Comment