Willim Welsyn is nou William Welfare, mmmmmkay?

In Kief musiek deur griffin2 Eiertjies

William Welfare 3 - Credit Gillian CoetzeeCheck, die bra het al vyf lekker solid Afrikaanse rock albums onder die belt en dis bietjie tyd om deur die language barrier te breek. Mense wat reken daar is nie 'n language barrier wanneer dit kom by musiek nie, praat poes, behalwe as jy maybe Rammstein of Manu Chau is. Met Afrikaans is daar so lekker dik fokken muur.

Is daar fout om musiek in Afrikaans te maak? Glad nie, solank jy dit net fokken oordentlik doen soos 'n hele klomp local bands al bewys het. Dis soms net nice as jou reach bietjie wyer is en dis die idee agter hierdie move – as eenduisend mense jou musiek befok like en verstaan in Afrikaans, is die kans goed dat tienduisend mense dit sal verstaan (en hopelik like) as dit in Engels is. Make da circle bigger, china.

So dis nou die hensopper move oorkant na die soutpiele se kant toe. William Welfare het sopas sy debuutalbum, Shunt release, asook sy tweede single “Elephant Man”, 'n tune met 'n befokte 70s tipe space-rock vibe. Die ouens is ook besig om 'n music video daarvoor klaar te maak wat ons volgende week met julle sal deel. Meer daaroor verder ondertoe in die artikel.  Luister  eers na die fokken tune:

Die album se cover is nogals befok en feature Willem se spoegende, slobering hond, Angus. Julle mag dalk reeds vertroud wees met Welfare se eerste single vanaf Shunt, 4 Cups Of Dust (ons het dit al gefeature, jou naai) wat aanmekaar gesit is tydens hulle road trip na Oppikoppi verlede jaar. Anyway, kyk dit sommer weer:

Soos hierbo gemention, sal ons die nuwe music video volgende week met julle deel. Dis 'n C-grade sci-fi video waarin Welfare en sy bende heavy baie space bong rook en ge-teleport word na 'n vreemde planeet waar 'n tribe gooses hulle help om die afskuwelik penis monster, Cocktopus te verslaan. Dit klink verskriklik fokken low budget en poes tacky. Ons kan dus nie wag om dit te sien nie.

Elephant Man Video On Set - Credit Shaun van Wyngaardt

Die album word die 22ste Mei by STRAB in Mosambiek gelaunch vir julle outjies wat soontoe gaan mission, andersins kan jy hom hierso op iTunes koop solank. Jirre, die internet darem, huh? Jy kan na like, 30 sekondes luister en besluit of die tune jou grip of nie. Gee dit bietjie 'n luister. Ons is self ook besig om dit so paar spins te gee, so hopelik kan julle 'n review ook verwag…

Koennekt ook sommer hierso met die bra:
www.facebook.com/williamwelfareband
www.williamwelfare.com

Deel met jou tjommies!

    griffinWillim Welsyn is nou William Welfare, mmmmmkay?

    Comments

    1. Frans Calitz

      Lekker oldschool rock waaibs. Ek het hom sommer gekoop.

    Gooi Comment