Hasie like naai kwaai

In Grapgat deur griffin1 Eiertjies

Hasie ontsnap uit die laboratorium.
Hop, hop, hop in die groen velde.
Sien 'n wollerige diertjie, groot ore, groot tande, pienk neusie.
"Wat is jy?" vra Hasie.
"Jissie, pêl, ek is 'n hasie, nes jy. Waar kom jy vandaan?"
"Uit die lab uit."
Die wilde hasie hou 'n lang oranje ding met groen blare na hom toe.
"Het jy al wortels geeët?"
"Bliksem! Dis lekker! Het jy nog hiervan?"
"Ja, hope, man. Maar sê my: as jy niks van wortels weet nie, weet jy darem
van naai?"
"naai?"
"O donner. Wag, hier ander kant is 'n gat vol van my niggies en nefies.
Kom ons hop soontoe, dan kan jy nog wortels eet en sommer leer van naai
ook."
Hop, hop, hop die tweetjies.
Uiteraard word daar die hele dag wortels gevreet en genaai en so teen
son-onder se die lab-hasie uitgeput en tevrede:
"Baie, baie dankie vir al die naai en die wortels, maar ek moet nou gaan."
"Waarnatoe?" vra die wilde hase.
"Terug lab toe."
"Laboratorium toe? Hoekom wil jy terug na daai aaklige plek?"
"Kyk ouens," se die lab-hasie, "Wortels is lekker en naai is fantasties en
alles, maar ek vrek nou vir 'n Camel.

Deel met jou tjommies!

    griffinHasie like naai kwaai

    Comments

    Gooi Comment