Empire Of Desire – Wat Kyk Jy? jam sessions

In Watkykjy Interviews deur griffin2 Eiertjies

empire of desireOns sal hopelik in die toekoms so paar bands feature wat oorkom virrie dop na die bar toe hier by Watkykjy HQ wanneer ons tyd het. Dan stel die outjies hulleself vinnig voor aan julle en jol sommer ‘n tune wat ons met twee kamera’s klap en kyk wat ons daarmee kan maak. Hulle kry een take om dit te doen.

Vandag is dit Empire Of Desire van Snortoria se beurt. Hulle het onlangs hulle eerste EP  When Life Begins release. Jy kan ‘n copy van die fisiese album online koop by Zefshop of jou iTunes library aanvul hierso.

Check hulle ook sommer uit op:
Facebookhttps://www.facebook.com/pages/Empire-of-Desire/126092097407052
Twitterhttps://twitter.com/empireofdesire
Instagramhttps://twitter.com/empireofdesire

Onder die video kan jy ook na stukkies van die res van die album luister.

griffinEmpire Of Desire – Wat Kyk Jy? jam sessions

Comments

  1. James Sotfbergh

    Lekker video, net jammer oor die swak klank gehalte.

  2. Author
    griffin

    Yup, shit happens. Ons sal hom volgende keer regkry. Daai jembe het alles befok.

Gooi Comment