Deur Big H.
Otterlake is die perfekte spot om so iets te hou, want dis lekker naby, en meeste mense in Pretoria en Jo’burg behoort binne ‘n uur daar te kan uitkom. Daar is ‘n lekker dam om langs te kamp, lekker bome waaronder mens kan chill, lekker gras om op te lê (of uit te paas) en lekker kos om te eet.
Daar was ‘n hele paar stalletjies wat allerhande lekker goed verkoop het. Spesiale melding moet egter gaan aan BraaiBoy, want sy pulled pork burgers is legendaries. En dan was daar sulke Ice Ceam Ninja dudes wat die befokste roomys aanmekaar geslaan het. En met aanmekaarslaan bedoel ek letterlik aan mekaar slaan. Want Ninjas.
Oor die 4 dae wat die fees gehou is het amper 30 bands opgetree, en daar was letterlik iets vir elke tipe smaak. Die Vrydagaand se hoogtepunte was onder andere Jack Hammer, Tidal Waves, The Slashdogs en Bittereinder. En asof dit nie genoeg was nie het ouens soos Naming James, Bright Lights Big City en die Black Cat Bones die Saterdag aand opgetree.
Sedert Bright Lights Big City in 2013 die lig gesien het, het ek vir Donovan Honeyborne-hulle al ‘n hele paar keer sien optree, en ek dink dit was hulle beste show sovêr. Next level stuff! En die Slashdogs het alweer nie teleurgestel nie en een van die hardste sets van die naweek gespeel.
Die naweek het egter behoort aan die dames. BANDA het almal in vervoering gehad met hulle cool Afrika vibes, die girls van Saarkie was uitstekend en het almal op hulle voete gehad, en Cortina Whiplash was die beste act van die naweek. Loandi Boersma, Tessa Lilly en Auriel van Zyl het ‘n vertoning gelewer wat ek nie gou sal vergeet nie.
Die Sondag kon die mense wat dit tot daar gemaak het verder luister na bands soos Andra, The Smoking Mojos, Juggernaght en The Stray Natives. As gevolg van ‘n massiewe oordosis van “eerste aand sindroom” was ons teen daai tyd egter al ‘n bietjie stukkend en het dit ongelukkig gemis.
Dis nou al tradisie dat die “Easter Fire” die Saterdag aand aangesteek word, en dis nogal iets om te aanskou:
Die héél lekkerste ding van die naweek was die mense wat daar uitgehang het. Die vibe was super rustig en dis asof almal net daar is om te chill en die musiek te geniet. En hoe meer die mense die musiek geniet het, hoe beter het die musikante gespeel. En hoe beter die musiek was, hoe meer het die mense dit geniet. En so het dit aangegaan.
Otterlake is een van daai intieme musiekfeeste wat net beter en beter gaan word, en ek kan nie wag vir volgende een nie. Check julle volgende jaar!
Hier is foto’s van die bands wat ek die naweek gesien het:
Watkykjy staan op 2,052,574 post views in totaal sedert 1 November, 2019.